
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 10:04 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1590.

TUBERKULOSE IN WES-KAAP

(Voorstel)

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, aan die vooraand van Wreld Tuberkulose Dag, kennis neem van die onrusbarende toename in die voorkoms van TB na 600 per 100 000 mense in die Wes-Kaap oor die laaste twee jaar, en derhalwe besluit dat die Tuberculosis Emergency Declaration wat in 1997 so suksesvol was in die Wes-Kaap heringestel word om die uitdagings van TB die hoof te bied.

Goedgekeur.

PERSONEELVERTEENWOORDIGING IN PAWK

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Voorsitter, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis met besorgdheid daarvan kennis neem dat die teikendatum van 1999 vir aanvaarbare verteenwoordiging van personeel in die Provinsiale Administrasie, wat in 1996 vasgestel is, nou stilweg na 31 Desember 2002 verskuif is, wat vir die personeel van die Provinsiale Administrasie en die mense van die Wes-Kaap daarop dui dat transformasie nie di Provinsiale Regering se erns is nie.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word en daarom sal dit op die Ordelys verskyn vir moontlik bespreking in 'n later stadium.

GELDE VERSKULDIG AAN MUNISIPALITEIT VAN CALITZDORP

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel voor:

	Dat die Huis -

(1) daarvan kennis neem dat as gevolg van sekere agterstallige skulde, eksekusieveilings van sogenaamde HOP-huise in Calitzdorp op 23 Maart 2000 deur die plaaslike munisipaliteit uitgevoer word;

(2) verder daarvan kennis neem dat Masakhane en 'n kultuur van samewerking ten sterkste ondersteun moet word, en homself ten gunste van 'n beleid van kredietbeheer uitspreek wat genoegsaam sensitief vir mense se omstandighede is, en die vooruitgang en goeie bestuur van munisipaliteite sal verseker; en

(3) homself ten gunste van 'n moratorium op hierdie tipe transaksies uitspreek, en in gevalle waar dit uitgevoer word, 'n voorkoopreg ten gunste van die munisipaliteit gevestig wil sien.

Die SPEAKER: Orde! Agb lede moet altyd onthou om, wanneer hulle voorstelle voordra, vooraf te s, "Ek gee kennis dat ek gaan voorstel", in welke geval die voorstel later sal dien, of, "Ek stel sonder kennisgewing voor", in welke geval die voorstel dadelik dien. Wil die agb lid mnr Byneveldt die voorstel sonder kennisgewing stel, met ander woorde, versoek dat die voorstel nou moet dien?

Mnr S E BYNEVELDT: Ja, mnr die Speaker.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

Mnr P J MARAIS: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek verloor soms die voorstel. 'n Voorstel het 'n sekere formaat en ek sien nie meer die formaat in die bewoording van die voorstelle nie. Ek wil my kommer teenoor die Stoel uitspreek, want 'n verklaring is nie 'n voorstel nie.

Die SPEAKER: Orde! Ons kan hierdie punt van orde juis gebruik om 'n mate van duidelikheid te kry. Die Sekretariaat moet dikwels voorstelle wat ingedien word, administratief verder versorg, en taalkundig versorg. As daar egter onduidelikheid oor die inhoud van 'n voorstel bestaan, meng die Sekretariaat nooit met die inhoud in sonder om die voorsteller daarvan daaroor te raadpleeg nie.

Agb lede het die reg om 'n voorstel sonder kennisgewing te laat dien. In di geval bestaan die gevaar dat die bewoording nie duidelik is nie en die voorstel gevolglik nie dadelik kan dien nie. As agb lede 'n voorstel sonder kennisgewing wil laat dien, loop hulle altyd daardie gevaar.

Die Stoel kan agb lede egter nie verbied om van daardie reg gebruik te maak nie, maar dan is dit ook weer die reg van ander agb lede om onmiddellik beswaar aan te teken. Die rede waarom hulle beswaar aanteken, kan natuurlik enigiets wees - hulle kon die voorstel nie duidelik hoor nie, die voorstel is nie duidelik nie of hulle stem nie saam met die inhoud daarvan nie. Die agb lede wat beswaar aanteken, mag nie verder daaroor uitwei nie en daar mag nie bespreking daaroor gevoer word nie.

Wanneer enige agb lid 'n voorstel sonder kennisgewing indien, bestaan die risiko dat daar om verkeerde redes onmiddellik beswaar aangeteken kan word en dat die voorstel nie verder kan dien nie.
Ek kan dus nie enige agb lid buite orde rel wat 'n voorstel wil indien nie. Ek versoek alle agb lede om, indien moontlik, dit vooraf met die Swepe uit te klaar. Indien hulle dit nie doen nie, loop hulle die risiko dat die Huis nie dadelik aandag aan die voorstel kan gee nie.

Wil die agb lid mnr King die Stoel op dieselfde punt toespreek?

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek wil u graag toespreek. Ons moet een punt vir eens en vir altyd duidelik maak, waarvan ek dink baie agb lede hoegenaamd geen begrip het nie. As daar teen 'n voorstel beswaar gemaak word, is die beswaar nie noodwendig teen die inhoud van die voorstel nie. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Laat die agb lid toe om klaar te praat.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, as daar enige onduidelikheid oor 'n voorstel bestaan en oor wat die indienaar daarvan bedoel of by implikasie s, word beswaar gemaak teen die feit dat dit sonder vooraf kennisgewing ingedien word; met ander woorde, dat die voorstel sonder waarskuwing aan die lede van die Huis gestel word. Dit is presies wat dit is, en nie noodwendig dat beswaar teen die inhoud van die voorstel gemaak word nie.

As 'n voorsteller goeie bedoelings met 'n voorstel het, behoort politiek nie daarby betrek te word nie. Kom ek noem 'n voorbeeld. As ons verdaag vir, byvoorbeeld, 'n heilige dag van die Moslems, en 'n agb lid wens in alle eerlikheid en opregtheid vir die Moslems 'n goeie dag of 'n heilige dag toe, behoort niemand politiek by so 'n voorstel te betrek nie. Dieselfde geld in die geval van ongevalle, dood en rampe. In di gevalle moet 'n voorstel in die duidelikste taal en sonder byvoeglike naamwoorde bewoord word, en word die samewerking van die hele Huis daarin versoek; dan ondersteun ons dit.

Ek wil nie h die stel van voorstelle moet ontaard in 'n politiekery wat dit vir ons onmoontlik maak om werklik met goeie bedoelings 'n voorstel in die Huis te stel nie. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Ek dink dit is soos wat die Stoel die saak uiteengesit het. Ek kan net byvoeg dat ons wel in een opsig 'n probleem het. Dit is dat, nadat 'n voorstel administratief versorg is, dit die voorstel is wat op die Ordelys verskyn en nie noodwendig wat die betrokke agb lid in die Huis voorlees nie, waaroor daar dalk beswaar teen 'n woord of twee kan wees. In daardie opsig het die agb lid mnr King 'n belangrike punt gemaak, dat indien agb lede die voorstelle vooraf uitklaar, dit verwarring kan voorkom. Nieteenstaande hierdie probleem, kan ons nie die reg van enige agb lid inkort om 'n voorstel in te dien nie.

Ek wil byvoeg by wat die agb lid mnr Marais ges het. Ek wou dit vroer doen, maar het ongelukkig vergeet om dit te doen. Agb lede moet nie motivering in hul voorstelle inbou nie. Die inhoud moet net oor die voorstel gaan. As die saak hand uit ruk, sal die Relskomitee verder daarop moet ingaan.

VALSE AANTYGINGS DEUR DP

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) met minagting kennis neem van die vals aantyging deur die DP dat die ANC van voorneme is om voor die November plaaslike verkiesing stadsklerke met partyfunksionarisse te vervang;

(2) verder daarvan kennis neem dat di vals aantyging in ooreenstemming is met die DP se aantygings dat hul kantore deur die nasionale Regering afgeluister is;

(3) glo dat die aantyging daarop gemik is om die broodnodige hervorming van die administrasie van plaaslike regering en die toepassing van die Wet op Gelyke Indiensneming in diskrediet te bring;

(4) 'n beroep op die Minister van Plaaslike Regering doen om te verseker dat die hervorming sal voortduur; en

	(5)	verder 'n beroep op die leier van die DP doen om di aantyging terug te trek.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word en daarom sal dit op die Ordelys verskyn vir moontlik bespreking in 'n later stadium.

VERVANGING VAN STADSKLERKE

(Voorstel)

Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) met besorgdheid daarvan kennis neem dat die ANC in die Noord-Kaap voornemens is om voor die komende munisipale verkiesing stadsklerke met partyfunksionarisse te vervang;

(2) enige pogings deur die ANC veroordeel om die posisie van stadsklerke en munisipale kiesbeamptes te verpolitiseer;  en

(3)	'n beroep op die ANC doen om te verklaar of hulle dieselfde benadering in die Wes-Kaap gaan volg.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word en daarom sal dit op die Ordelys verskyn vir moontlik bespreking in 'n later stadium.

MISLEIDING VAN SKOF EN HUIS DEUR
MINISTER IN KANTOOR VAN DIE PREMIER 

(Voorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE:  Mnr die Speaker, stel voor:

Dat die Huis 'n ad hoc-Gekose Komitee aanstel om ondersoek in te stel na en verslag te doen oor of die Minister in die Kantoor van die Premier die SKOF-vergadering en verder die Huis op 6 Maart 2000, gedurende die debat oor Begrotingspos 1 van die Wes-Kaapse Begrotingswetsontwerp opsetlik mislei het oor die gebrek aan en/of bestaan van 'n besigheidsplan vir haar Ministerie wat belangrike aangeleenthede rakende die jeug, geslag, gestremdes en armoedebestryding aanspreek, en dat die Komitee die bevoegdheid verleen word om stukke te vorder en getuienis aan te hoor.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek wil 'n amendement voorstel.

*Die SPEAKER: Orde! Ons kan dan nie 'n besluit neem oor die oorspronklike voorstel soos op die Ordelys gedruk nie. Ons sal eers die amendement aanhoor.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek stel as amendement voor:

	Dat bygevoeg word "en dat die komitee sal bestaan uit die Leier van die Huis, mnr C B Herandien, as voorsitter, en verder dieselfde gewone lede soos aangestel in die ad hoc-komitee wat die Huis op 10 September 1999 aangestel het om sekere uitlatings deur die Minister van Plaaslike Regering te ondersoek".

Mnr die Speaker, ek kan die name van die volle komitee lees, as u dit so verkies. Die lede is C B Herandien (voorsitter), R J King, L Ramatlakane, N M Isaacs, D Silke en R Williams.

Amendement goedgekeur.

Voorstel, soos gewysig, goedgekeur.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde, en u kan beslis of u hierdie saak nou of later wil hanteer: wat betref die voorstel wat ek voorgestel het, is ek besorg dat daar 'n latere voorstel deur die agb lid mnr Silke was, waarvan die inhoud dieselfde was. Aangesien ek die voorstel eerste ingedien het, wil ek vra of die voorstel van die agb lid mnr Silke moet bly staan.

*Die SPEAKER: Orde! Dit is 'n geldige punt en ek sal die saak oorweeg. Agb lede sal begryp dat hulle nie die hele dag lank voorstelle oor dieselfde onderwerp in verskillende woorde kan voorstel nie. Soms mag dit egter slegs voorkom of dit dieselfde is en dit is, natuurlik, in sekere omstandighede vir die Stoel onmoontlik om onmiddellik te oordeel. Ek sal dit dus oorweeg en beslis oor wat op die Ordelys sal verskyn.

HUIS IN KOMITEE:
Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP [W5-2000]

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 10 - Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme:

Besigheidsbevordering, Eiendomsbestuur en Toerisme

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, ek wil eerstens die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en die lede van die komitee bedank. Hulle het ons Begroting deurgegaan en indringende vrae gevra. Dit het grootliks daartoe bygedra om my departement, en beslis ook vir my, verantwoordbaar te hou vir die taak wat ons veronderstel is om te doen.

Ek het op 7 September 1999 'n beleidsverklaring aan die Huis gedoen oor die voorneme van die Regering rakende hierdie portefeulje. My toespraak vandag sal die vorm aanneem van 'n vorderingsverslag oor daardie verklaring en agb lede word versoek om die een as opvolging van die ander te sien.

Me die Voorsitter, Begrotingsverklaring 2, wat saam met die dokumentasie versprei is wat in die Huis ter Tafel gel is, definieer die missie van die departement as "om 'n omgewing wat 'n dinamiese wreldklas ekonomie vir die regverdige voordeel van al die inwoners van die Wes-Kaap in stand sal hou, aktief te bevorder."

Die Begrotingsverklaring sit ook die agt strategiese doelwitte vir hierdie departement uiteen, en ek vertrou dat agb lede dit sorgvuldig oorweeg in hul ontleding van ons Begroting vir vandag.

Me die Voorsitter, waar ons die nuwe millennium binnegaan, is die sleuteluitdagings vir ons nasie om werkgeleenthede vir ons mense te skep en om ons werksoekers voor te berei vir die soort werke wat geskep sal word. Die strakke realiteit van hierdie uitdaging word onderstreep deur die onlangse aankondiging deur die Sentrale Statistiekdiens dat die getal formele werkgeleenthede in ons ekonomie teruggesak het tot vlakke wat aan die einde van die 1970s - twee dekades gelede - geheers het. 'n Mens kan nie net daarna as 'n uitdaging verwys nie; dit is 'n krisis. Om dit doeltreffend aan te spreek, sal vereis dat ons goed moet kyk na die oorsake van die verlies van bykans 1 miljoen werkgeleenthede in die formele ekonomie sedert 1994.

Me die Voorsitter, ek wil graag sommige van daardie oorsake aan die hand doen. Eerstens, die lastigheidsfaktor en die koste vir sakeondernemings om werkers te ontslaan, het eenvoudig te groot geword, soos wat bevind is deur 'n onlangse studie deur die Wreldbank in Gauteng. Die gevolg is dat sakeondernemings nie mense in diens neem nie. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Daar skyn groot opgewondenheid te wees oor die sakke wat agb lede ontvang het. Sal agb lede hulle sakke neem en stil sit. [Tussenwerpsels.] Dit is baie ontwrigtend vir die spreker. Ek gaan die diensbeamptes vra om nie die sakke rond te dra nie. [Tussenwerpsels.] Orde! Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek wil graag 'n beroep op u groot genade doen! Daar is dokumente in die sakke waarna ek in die loop van my Rede sal verwys. [Tussenwerpsels.] Sal u asseblief toegee en ... [Tussenwerpsels.] Ek wil die agb lid mnr Marais vra om nie met sy yo-yo te begin speel nie, wat ek meen hy nou wil doen. [Gelag.]

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Ons stel baie meer in daardie Zille belang ... [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, soos wat ek ges het, die gevolg van hierdie lastigheidsfaktor is dat sakeondernemings eenvoudig nie meer mense in diens neem nie. Die oorsaak hiervan is die onrealistiese graad waartoe arbeidswetgewing in ons land van toepassing gemaak is, en waarna die President vroer vanjaar in sy opmerkings verwys het. Die ANC-regering moet dit f hanteer, f verdere werkverliese in die gesig staar  daar is geen ander manier nie. Deur die hoogs siniese gedrag van die vakbonde te ondersteun om werkverliese teen te gaan deur dit selfs moeiliker vir sakeondernemings te maak om mense te ontslaan, soos wat die nasionale Minister van Arbeid gedoen het, sal ons net verder op hierdie treurige pad van minder werk neem.

Tweedens was daar verhoogde mededinging deur buitelandse maatskappye vir Suid-Afrikaanse besighede as gevolg van die feit dat Suid-Afrika vir die wreldmark oopgestel is. Ons klerebedryf en die landbousektor het grootliks in hierdie verband gely.

Derdens, daar is 'n wanbalans tussen plaaslik beskikbare vaardighede en plaaslik beskikbare werkgeleenthede. [Tussenwerpsels.] Ek dink werklik die agb lid me Essop lyk baie stylvol met dit op haar kop!

Vierdens, daar is ernstige probleme met die bemagtigende omgewing, waarvan onaanvaarbare ho misdaadvlakke waarskynlik die belangrikste is.

Ten slotte, oor die afgelope dekade of so het die wreldekonomie, gedrewe deur nuwe tegnologie en nuwe markte, groot strukturele veranderinge ondergaan. Suid-Afrika hou nie tred met hierdie strukturele aanpassing nie, en gevolglik is ons werkskeppingspotensiaal nie wat dit kan wees nie.

As ons werkgeleenthede wil skep, moet ons hierdie onderliggende oorsake van werkloosheid trompop aanpak. Ons Provinsiale Regering, en ander provinsiale regerings, kan 'n kritieke rol speel om ons nasie weer by werkskepping terug te kry.

Me die Voorsitter, om die werkskeppingsuitdaging aan te spreek, dit is van kardinale belang om die aard van die strukturele veranderinge wat in die wreldekonomie voorgekom het, te verstaan. Ek wil graag vir 'n oomblik daarby stilstaan.

Die toetrede tot die 21ste eeu word dikwels geassosieer met die toetrede tot 'n nuwe fase van wreld- ekonomiese ontwikkeling, bekend as die "kennisekonomie" of die "kennissamelewing". By wyse van anekdote wil ek agb lede verwys na wat waarskynlik die mees betekenisvolle transaksie in hierdie verband is, naamlik die oorname van Time-Warner deur America Online.
Na berig word het 'n betreklik junior bestuurder van America Online (AOL) 10 jaar gelede aan een van die uitvoerende beamptes ges dat daar 'n 10%-aandeel in AOL beskikbaar was vir $5 miljoen en dat hy geglo het dat hulle die 10%-aandeel moes koop. Die uitvoerende amptenaar het geantwoord, "Nee, daar is geen toekoms vir AOL nie."

In Januarie vanjaar het AOL Time-Warner oorgeneem en in daardie stadium was die 10%-aandeel in AOL nie $5 miljoen werd nie, maar $15 miljard. Dit illustreer wat in die wreldekonomie gebeur het.

Me die Voorsitter, hierdie nuwe fase van wreldontwikkeling word hoofsaaklik deur twee verbandhoudende ontwikkelings veroorsaak. Eerstens, die uitwerking van die verhoogde gebruik van IT-verwante middels in die bedryf - waarna dikwels verwys word as 'n revolusie soortgelyk aan die koms van stoom en elektrisiteit - en, tweedens, die globalisering van produksie en mededinging.

Die sinergie tussen hierdie twee ontwikkelings is baie kragtig, en lei tot aansienlike uitdagings, nie net vir die maatskappye wat regstreeks betrokke is nie, maar ook vir die streke en lande. Die twee vernaamste gevolge wat uit hierdie ontwikkeling spruit is, eerstens, die toename in kennis as die sleutelfaktor van produksie en, tweedens, verhoogde wreldwye mededinging.

Me die Voorsitter, die kennisekonomie word dikwels geassosieer met gentensifiseerde gebruik van IT. Dit is korrek dat IT as 'n doeltreffende kommunikasie- en dataprosesseringsmiddel bygedra het tot die toename in die kennisekonomie. Hierdie ekonomie het egter 'n baie belangriker uitwerking op sosiale vlak, op maatskappyvlak en op die enkele werknemer as bloot die gebruik van IT. Die mate van integrasie van 'n ekonomie by die wreldekonomie benvloed die uitwerking wat daardie kennisekonomie op die plaaslike ekonomie het, en Suid-Afrika staan diep in die wreldekonomie.

Me die Voorsitter, die kennisekonomie het 'n nuwe stel spelrels geskep, en ek wil graag uit 'n sake- of uit 'n maatskappyperspektief na hierdie nuwe rels kyk.

Eerstens, mededinging is nou wreldwyd, eerder as nasionaal. Tweedens, mededinging is nie slegs op prys gegrond nie, maar toenemend op gehalte. Derdens, die klint is koning. Klinte raak toenemend veeleisender, vereis nie net pasgemaakte kwaliteitprodukte nie, maar let ook skerp op die etiese en omgewingsaspekte van maatskappye se produksie.

Me die Voorsitter, wat deur middel van die Internet gebeur, is dat die waarde wat by wyse van handelsmerke vir kleinhandelsondernemings bygevoeg word, verdwyn. 'n Mens kan na 'n webwerf gaan wat aan minstens 12 verskillende boekwinkels gekoppel is, en dieselfde boek eenvoudig van die goedkoopste verskaffer kies. Dit het 'n totale wreldwye vryemark geword - en dit raak uiters mededingend.

Die vierde rel is innoveer of sterf. Voortdurende ontwikkeling van nuwe produkte is noodsaaklik, want produkte raak teen 'n steeds vinniger koers uitgedien. In die wreldwye IT-bedryf het 70% van die omset van produkte wat deur maatskappye verkoop word, hulle oorsprong van produkte wat oor die afgelope twee jaar geproduseer is.

Me die Voorsitter, dit beteken dat as 'n mens in daardie bedryf geld wil maak, jy jou produk soos 'n Hollywood-rolprent moet bemark. Dit moet binne 'n tydperk van ses maande regoor die hele wreld beskikbaar wees. Ek is seker agb lede het gemerk dat die wreldwye konsortium Iridium wat satelliet-telefoonverbindings verskaf het, 200 satelliete ter waarde van miljarde dollar in 'n lae wentelbaan om die aarde geplaas het, bankrot verklaar en in likwidasie geplaas is. Al die satelliet-telefoonverbindings is deur Motorola ongedaan gemaak en ongeveer $20 miljard word verbrand.

'n Maatskappy wat twee jaar later as Motorola begin het, doen dieselfde ding. Hulle plaas 'n paar honderd satelliete in 'n lae wentelbaan om die aarde om selfoonverbindings te voorsien. Waarom? Want 'n mens kan dit vanaf 'n gewone selfoon doen deur gevorderde tegnologie - een maatskappy vernietig, 'n ander opgerig.

*Mnr P J MARAIS: Kan die Derde Wreld meeding?

*Die MINISTER: Dit is 'n vraag waarby ons binnekort sal kom.

Me die Voorsitter, die vyfde spelrel is aanvaarding. 'n Mens moet aanvaarding vir jou produkte van die burgerlike samelewing kry, of verdwyn. Die dae is verby dat maatskappye as eilande in isolasie van die res van die samelewing kan opereer. Samewerking met, en die kry van aanvaarding en legitimiteit van die burgerlike samelewing ten opsigte van arbeidspraktyke, omgewingspraktyke, en so meer, word toenemend belangrik vir maatskappye.

Hierdie nuwe spelrels bied aansienlike uitdagings aan maatskappye en aan ons streke. Sommige van die grootste uitdagings is, eerstens, om inligtingstegnologie intelligent te integreer met produksietegnologie, want die kennisekonomie gaan uiteindelik nie oor IT nie, dit gaan oor produksietegnologie.

Tweedens, daar moet volgehoue innovering gegrond op doeltreffende kennisbestuur wees. Kennisbestuur impliseer die prosesse van die identifisering van nuwe relevante kennis en die kry van toegang daartoe, om hierdie kennis binne die maatskappy en aan betrokke subkontrakteurs te versprei, en om die nuwe kennis in produkte en prosesse te integreer.

Me die Voorsitter, die derde uitdaging is volgehoue evolusie van nuwe, meer produktiewe roetines, wat tipies desentralisering van strukture impliseer en 'n verhoogde gebruik van gekwalifiseerde subkontrakteurs.

Die finale uitdaging is die ontwikkeling van mensekapitaal. Die werknemers met hulle individuele en ook kollektiewe kennis en vaardighede raak 'n maatskappy se belangrikste bate. Maatskappye plaas daardie bate toenemend op hul balansstate, want dit is hul belangrikste bate.

Maatskappye in hierdie provinsie het met dieselfde uitdagings te make, dalk meer akuut as maatskappye in baie ander lande. Die rede is dat in ons geval die toename van die wreldwye kennisekonomie saamgeval het met die herintegrasie van Suid-Afrika by die wreldekonomie. Kortom, ons het met 'n dubbele dosis vermeerderde mededinging te make in 'n tyd wanneer die meeste maatskappye eenvoudig 'n stryd voer om een dosis te bowe te kom.

Me die Voorsitter, ek glo ons is in baie opsigte goed geplaas om die uitdagings van die kennisekonomie die hoof te bied. Ons is 'n groot skepper van nuwe tegnologie en ons absorbeer bestaande tegnologie vinnig. Ons het 'n betreklik goed opgeleide arbeidsmag, maar nie naastenby so goed opgelei as wat dit moet wees nie. Ons maatskappye gebruik in die algemeen moderne bestuurspraktyke en -benaderings, en so ook arbeidspraktyke en subkontrakteurs. Ons vind hier 'n fokus op gehalte as 'n middel om mededingende voordeel te behaal, en 'n verhoogde integrasie tussen vervaardigings- en diensbedrywe.

Me die Voorsitter, ek wil graag hierdie kenmerke met betrekking tot twee Wes-Kaapse maatskappye - in baie verskillende sektore - illustreer, wat ek glo goed geplaas is om hierdie uitdagings die hoof te bied.

Die eerste maatskappy, wat onlangs hierheen verskuif het, is Senior Flexonics SA. Hierdie maatskappy produseer ingenieursoplossings vir die motorbedryf, waaronder onderdele vir uitlaatstelsel- katalitiese omsetters. Dit is die goed wat die uitlaatstelsel moet skoonmaak om die lug skoon te kry. Hulle tegnologie dra as sodanig dus by tot die oplossing van 'n groeiende omgewingsuitdaging vir ons stedelike omgewings regoor die wreld, naamlik rookmis wat gedeeltelik deur uitlaatgasse van motors veroorsaak word.

Die maatskappy is sterk op uitvoer ingestel, en het sy vermo bewys om in die wreldmark mee te ding. Hulle het 'n noue ontwikkelingsgeorinteerde verhouding met subkontrakteurs, wat bydra tot die leer- en vaardigheidsontwikkeling binne ons eie maatskappye in die Wes-Kaap.

Hulle pas progressiewe arbeidspraktyke toe en maak op groot skaal gebruik van spanwerk, volgehoue mededingendheidsontwikkeling van die werkmag en 'n bonusstelsel waardeur die werknemers vennote van die sukses gemaak word. Hul prestasie word ook ondersteun deur die nasionale Regering se motorbedryf-ontwikkelingsprogram, wat baie belangrik is, ook vir ons provinsie, en wat werklik 'n suksesstorie is.

Die tweede maatskappy wat ek wil beklemtoon, is Cape Country Furniture, wat drie jaar gelede nie bestaan het nie. Cape Country Furniture vervaardig gehalte meubels en verwante produkte, hoofsaaklik vir die Britse mark, wat in winkels in die Verenigde Koninkryk verkoop word, onder die handelsnaam van Cape Country Furniture, waardeur 'n unieke produk-handelsmerk geskep word.

Hul vervaardiging is gegrond op 40 subkontrakteurs, met wie daar noue samewerking is. Hierdie samewerking word, onder meer, weerspiel in die feit dat hulle die subkontrakteurs na uitstallings oorsee geneem het om te kyk hoe produkte daar ontwikkel word en wat die mark vereis. Hulle het aangedui dat die ekonomiese bystand van die Departement van Handel en Nywerheid se uitvoerbemarkings- en beleggingsbystandsprogram die enkele belangrikste faktor was wat tot die sukses van die maatskappy bygedra het.

Die omset het oor die afgelope drie jaar met meer as 200% gegroei. Hulle staan op die punt om hul eie fabriek oop te stel en hulle sal verdere werknemers by die huidige werkmag van 300 voeg.

Me die Voorsitter, die kennisekonomie is nie net 'n uitdaging vir maatskappye nie, maar ook regerings. Die klassieke dubbele rol van die regering teenoor die nywerheid is om te reguleer en te belas; dit is nie meer genoeg nie. Regerings wreldwyd word gedwing om meer as ooit tevore op 'n baie meer praktiese manier as fasiliteerders van ondernemingsontwikkeling te word. Kortom, hulle moet 'n voldoende raamwerk verskaf waarbinne kennisproduksie en ondernemingsontwikkelings kan vooruitgaan. Om dit te kan doen, word hulle gedwing om op die hoogte te bly van wreldwye tendense. Vanuit daardie posisie moet hulle beide 'n leierskaps- en 'n ondersteunende rol aan plaaslike ondernemings speel.

Die rol van die regering as 'n bevoegde dialoogvennoot vir die nywerheid en die res van die samelewing om die uitdagings van die kennisekonomie die hoof te bied, verg nie net bevoegdheid nie, maar ook spoed ten opsigte van besluitneming. Die volgehoue toename in nuwe uitdagings dwing die privaat- en openbare sektore om vinniger besluite te neem.

Me die Voorsitter, dit was interessant om daarop te let dat daar vanjaar by die Davos-beraad etlike forums oor die Internet- en IT-bedryf was. Die meeste sakelui wat die beraad toegespreek het, het ges dat hulle oor die afgelope twee jaar nie 'n vakansie gehad het nie. Hulle kan nie bekostig om 'n week weg te wees nie, want dan sal hulle sakeondernemings deur ander ingehaal en vernietig word. Dit is die pas waarteen die wreld nou beweeg.

Ek gaan nou voort na beleidsontwikkeling. Ek het tydens my beleidstelling aan die Huis op 7 September 1999 die vyf kernbeleidsterreine uiteengesit, wat ons oor die volgende twee tot drie jaar sal ontwikkel. Ek doen verslag oor vordering.

Me die Voorsitter, die eerste kernarea waaroor ek wil rapporteer, is ekonomiese beleid en strategie. Die departement werk reeds meer as 'n jaar lank aan die dokument en die bre rigting wat ons voorstel, en dit is reeds herhaalde male in die openbaar gestel. In kort, ons sien die Wes-Kaap as 'n tegnologie-gedrewe streekekonomie, bedrewe in beide die skepping en absorbering van nuwe kennis in daardie bedrywe waarin ons 'n mededingende voordeel het en kan ontwikkel. Hierdie siening is gebaseer op die deeglike analise van die dinamiek van die globale wreldekonomie en hoe daardie dinamiek ons in die Wes-Kaap benvloed.

Die departement is tans besig met die finale afronding van die Groenskrif waarna dit deur die Kabinet goedgekeur moet word. Ons hoop om dit in die middel van Mei 2000 te publiseer.

Een van die moeilike aspekte wat ons tans moet hanteer, veral as gevolg van die gebrek aan goeie en omvattende inligting hieroor, is die aangewese benadering tot die ontwikkeling van bepaalde sektore. Die siening oor sektore wat gaan groei en sektore wat agteruit sal gaan, moet immers die kern vorm van die nywerheidsontwikkelingsbeleid van die Provinsie. 

Daar is sekere voor die hand liggende keuses, soos toerisme. Hoe hanteer ons egter bedrywe wat tradisioneel sterk in die provinsie was, byvoorbeeld die klerebedryf, maar wat oor die afgelope jare kwaai deurgeloop het, onder andere, onder goedkoper invoere vanuit die Verre Ooste. Ons wil seker maak dat ons uiteindelike keuse verdedigbaar en realisties is.

Wat betref die institusionele argitektuur, oftewel die agentskappe waardeur die Provinsie sal en moet werk om ekonomiese beleid te implementeer, is ons benadering om 'n vennootskap van ekonomiese ontwikkelingsinstellings te skep. Die rol van die Provinsiale Regering moet wees om sterk leierskap en visie te verskaf, maar die grootste deel van die lynfunksiepligte moet deur agentskappe verrig word. Sommige van hierdie agentskappe sal deur die Provinsie befonds en geskep word, terwyl andere binne die terreine van ander sfere van regering val. Ook sou ons hoop dat provinsiale instellings gestalte aan die vennootskap tussen die verskillende sfere van regering sal gee.

Me die Voorsitter, dit is ook vir ons duidelik dat 'n instelling wat verantwoordelik is vir die bevordering van beleggings en investering in ons provinsie, nie net aan buitelandse beleggings moet of kan aandag gee nie, maar inderdaad ook binnelandse investering moet hanteer. Die rede hiervoor is dat globalisering veroorsaak het dat beide binnelandse en buitelandse beleggers in dieselfde mark opereer en aan dieselfde markkragte onderwerp word. Dit is dus net sinvol en realisties om die twee fasette in dieselfde agentskap te hanteer. Bowendien is een van die beste vorme van bemagtiging van besighede in ons agtergeblewe gemeenskappe om ondernemings uit daardie gemeenskappe te koppel in vennootskappe met buitelandse beleggers wat hier wil bel.

Die persone wat die beste kennis dra oor daardie geleenthede is die persone wat met die buitelandse beleggers werk, en dit is ook wat reeds de facto binne in Wesgro gebeur.

Me die Voorsitter, daar is ook 'n toenemende behoefte om vorm te gee aan die noodsaaklike intellektuele dialoog wat deurlopend tussen die privaat- en die publieke sektore plaasvind. Die rol van streekregerings en ekonomiese ontwikkeling het wreldwyd die afgelope jare toenemend belangriker geword.

Omdat individuele besighede, veral kleiner besighede, gewoonlik eenvoudig nie die kapasiteit en ervaring het om ontwikkeling in die wreldekonomie te moniteer nie, moes veral streekregerings die verantwoordelikheid aanvaar om wreldtendense te moniteer en hulle plaaslike besighede by te staan om daardie dramatiese en vinnige veranderinge te hanteer. Waar hulle dit nie doen nie, word kleiner besighede gewoon weggevee deur tegnologiese veranderinge en beperkte kompeterende voordele. Dit het werkloosheid en ekonomiese agteruitgang tot gevolg.

Dit is daarom belangrik dat hierdie intellektuele vennootskap afgestem is om die spoed van besluitneming binne die regering te versnel. Ons hoop om met ons institusionele voorstelle hieraan gestalte te gee.

*Me die Voorsitter, ek beweeg nou na die Groenskrif op Toerisme wat op 27 September 1999 as 'n besprekingsdokument gepubliseer is en wat daarop gemik was om rigting te verskaf oor die strategiese imperatiewe vir Wes-Kaapse toerisme en 'n raamwerk te wees vir sinergie en om pogings van die verskillende spelers, openbare en private spelers, in die toeristebedryf in die provinsie te rig.

Ons het op 9 Desember 1999 'n toerismekonferensie aangebied, waar ons verslag gedoen het oor kommentaar wat ontvang is van rolspelers en lede van hierdie Huis wat ook by daardie konferensie teenwoordig was. Uit die insette wat ontvang is, het dit gou duidelik geword dat sekere aspekte van die Groenskrif hersien sou moes word.
Me die Voorsitter, eerstens, daar is baie sterk ondersteuning, veral onder die toeristebedryfspelers, vir 'n enkele agentskap wat vir toerismebemarking in die provinsie verantwoordelik sal wees. So 'n agentskap sal 'n vennootskap omsluit tussen die Provinsiale Regering, die nuwe unistad, die distriksrade en die privaatsektor ten opsigte van besluitneming, strategie en befondsing.

Die primre fokus van so 'n agentskap sal wees om die toerismeprodukte van ons provinsie ingevolge temas en roetes en vir die provinsie in die geheel te bemark. Die bemarkingsaktiwiteite van so 'n agentskap sal ook die toetrede van produkte uit minder bekende gebiede en townships na die hoofstroom-toeristemark fasiliteer. Ons wil nie in hierdie provinsie township-toerisme en hoofstroom-toerisme h nie; dit is in wese dieselfde ding.

Tweedens, daar is ook oorweldigende ondersteuning van bedryfspelers vir die verpligte registrasie van toerisme-ondernemings. Daar is 'n sterk vraag na gehaltebeheer in die bedryf, waar, by definisie, die gebruikers nie druk op ondernemings kan volhou nie, omdat hulle kom en gaan.

So 'n registrasiestelsel kan ook 'n affiliasiemeganisme vir toerismeverwante ondernemings voorsien, wat tot voordeel van hul profiel en bemarkingsvermo is. Dit sou ook 'n kanaal voorsien vir verbruikerstoevlug.

Die departement finaliseer tans hierdie en ander aspekte van die Witskrif. Konsultasie met belangrike rolspelers gaan voort en ons beweeg weg van die voorskriftelike benadering van die bestaande toerismewetgewing na 'n benadering wat staat maak op die beginsels van koperatiewe regering, soos in die Grondwet vervat.

Soos wat agb lede in die Groenskrif sou merk, beoog ons om weg te beweeg van die model wat vervat is in die bestaande Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 1997 (Wet 3 van 1997), waar alle funksies rakende toerisme, van beleidmaking tot bemarking, aan die Wes-Kaapse Toerismeraad gedelegeer is.

Die toerismestelsel word tipies in drie komponente verdeel - vraag, aanbod en ondersteuning. Die vraagkant verg 'n omvattende begrip van toerismemarkte, toeriste en hul behoeftes. Die aanbodkant handel oor toeriste-attraksies en hoe dit aangebied word om in die vraag te voorsien. Die aanbod- en vraag-komponente word tipies deur die privaatsektor hanteer.

Me die Voorsitter, die ondersteuningskomponent, aan die ander kant, is tipies die prerogatief van die openbare sektor. In ons geval behels dit al drie sfere van die regering. Onder ondersteuning verstaan ons beleidsformulering, die voorsiening van die regs- en regulatoriese raamwerk, institusionele elemente, fiskale toetredes, kapasiteitsbou, ondersteuning vir ondernemingsontwikkeling, toerismebeplanning en -ontwikkeling, onderwys, opleiding en bewusmaking, en die voorsiening van algemene infrastruktuur. Ons voorsien dat hierdie funksies nie deur die provinsiale bemarkingsagente gelewer sal word nie.

Dit sal dus nodig wees om die fokus en die kapasiteit van die provinsiale en plaaslike regeringsfere te versterk om hierdie sake te hanteer. Uit die Witboek en die komitee-aanhorings sou agb lede gemerk het dat ons vir 'n bedrag van R1,9 miljoen begroot het, wat die Provinsiale Regering aan die verrigting van hierdie funksies sal bestee. Dit staan in skrille kontras met die minimalistiese toerismebegroting vir die departement, in teenstelling met die raad van die verlede.

Me die Voorsitter, dit is my voorneme om die konsepwetgewing ter wysiging van die Wes-Kaapse Toerismewet lank voor die middel vanjaar voor te l ten einde die Huis in staat te stel om die wetgewing af te handel teen die tyd wat ons vir die reses in die middel van die jaar verdaag.

Ek gaan nou voort na die kwessie van die drankbeleid. Agb lede sal vertroud wees met die gebeure wat gelei het tot die beslissing van die Konstitusionele Hof op 11 November verlede jaar oor die grondwetlikheid van die nasionale Drankwet. Die hof het bevind dat in soverre as wat die wetsontwerp die kleinhandel drankbedryf, mikro-vervaardiging - wat ons wynplase sal insluit - en sorgumproduksie wil reguleer, dit inbreuk maak op die eksklusiewe wetgewende bevoegdheid van die Provinsie en dat die wetsontwerp derhalwe ongrondwetlik was.

Die hof het verder beslis dat terwyl die Provinsie nie daarvan weerhou kan word om groothandels- en produsentelisensies te reguleer nie, die nasionale Regering inderdaad bevoeg was om handelskwessies, soos die regulering van mededinging, ten opsigte van hierdie aktiwiteite te reguleer.

Die nasionale Minister van Handel en Nywerheid het tot dusver geen aanduiding oor sy toekomstige beleidsbenadering oor hierdie saak gegee nie. Ek glo die pad vorentoe sal by die eerste Minmec-vergadering vanjaar, wat vir Mei geskeduleer is, bespreek word. Die Provinsie glo dit is wenslik vir ons toekomstige stappe oor dranklIsensiring dat dit met 'n gesonde interowerheidsraamwerk bestuur word.

Me die Voorsitter, intussen is ons besig, soos wat ons ingevolge die Grondwet en die beslissing van die Konstitusionele Hof moet doen, met ons eie wetgewende proses om provinsiale wette te skep oor daardie aspekte van dranklisensiring wat die Grondwet vir ons aandag reserveer. Ons hoop om die wetgewing teen die einde van die jaar te finaliseer. Ek sal binnekort 'n eerste raadplegende vergadering van rolspelers in die bedryf byeenroep. Dit sal 'n noodsaaklike stap wees in die formulering van ons opdrag aan 'n beleidsopstellingspan.

Me die Voorsitter, ek wil nie h die Huis moet enige illusies h omtrent die mynvelde wat op ons almal wag as ons drankwette in hierdie Provinsie herskryf nie. Aan die een kant is die meeste produsente in die drankbedryf - trouens, nagenoeg 90% - in Suid-Afrika in hierdie provinsie. Die bedryf is 'n groot werkgewer - en ek praat nie van omvang nie, en meen Gauteng is baie groter as ons, ek praat slegs van die aantal operateurs - en dra miljarde rand tot ons bruto regionale produk by. Ons verbruikers geniet hulle drank en wil dit geredelik beskikbaar h. [Tussenwerpsels.] Trouens, ek praat van die meeste agb lede van die Huis!

Aan die ander kant word die kleinhandelsektor van die drankbedryf gekenmerk deur 'n groot verontagsaming van die wet, en word daar geraam dat bykans 80% van alle drankverkooppunte in hierdie provinsie buite die wet opereer. Dit gaan saam met ho vlakke van geweldsmisdaad. Die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning beraam - en agb lede moet asseblief hierna luister - dat tussen 60% en 70% van interpersoonlike geweldsmisdaad, soos aanranding, moord en poging tot moord in hierdie provinsie, in die onmiddellike nabyheid van 'n onwettige drankafsetpunt gepleeg word.

Daar is ook 'n groeiende openbare stem wat opgaan en wat die beskikbaarheid van drank as 'n ernstige gesondheidsbedreiging sien wat aan bande gel moet word. Hulle is natuurlik nie heeltemal verkeerd nie, want tussen 30% en 60% van akute toelatings tot ons openbare hospitale in die Wes-Kaap is regstreeks of nie-regstreeks daar as gevolg van alkoholmisbruik.

Me die Voorsitter, as ons drankbeleid gaan aanspreek, moet ons 'n pad tussen hierdie twee verskillende pole volg. Dit gaan baie moeilik wees, en ek meen ons kollektiewe wysheid sal nodig wees.

Mnr C M DUGMORE: Wat van die dopstelsel?

Die MINISTER: Die dopstelsel is onwettig, in terme van die huidige wetgewing, en die wet word afgedwing.

Me die Voorsitter, ek kom vervolgens by die beleid op eiendomsbestuur. Die bestuur van openbare eiendom in Suid-Afrika is besig om te verander. Op nasionale vlak bestaan daar tans nie duidelikheid oor hulle benadering nie. Aan die ander kant het sommige staatsinstellings, soos die Spoorpendelkorporasie, reeds ver gevorder met die uitbesteding van hulle eiendomsportefeulje, en wel met baie goeie gevolg.

In hierdie Provinsie het die komponent Eiendomsbestuur op 1 Januarie 1999 tot stand gekom. Ons is sedertdien besig om 'n beleids- en bestuursraamwerk vir die komponent in plek te stel. Hierdie proses bied besondere uitdagings, en verloop nie sonder probleme nie.

'n Beleidsraamwerk soos di moet in wese twee vrae beantwoord. Die eerste vraag is: hoe kan provinsiale eiendom die beste in die openbare belang aangewend word? Tweedens, hoe kan die antwoord op die eerste vraag die beste gemplementeer word?

Die eerste doel van die Provinsie se eiendomsportefeulje is om provinsiale regeringsfunksies, soos skole, hospitale, natuurbewaring, landbouopleiding, kantoorruimte vir ons personeel en padreserwes, te verrig.

Daar is egter ook ander beleidsdoelwitte wat die Regering in die gebruik van sy eiendom in die openbare belang moet, en kan, nastreef. Een voorbeeld is die regstelling van die vergrype van die verlede wat baie gemeenskappe in die provinsie, ook wat eiendom betref, in armoede en ontbering gedompel het; die verbetering van vlakke van opleiding en kundigheid in die Provinsie; en die ondersteuning van vrywillige organisasies in die burgerlike samelewing.

Me die Voorsitter, die eiendom kan natuurlik verkoop word, of gebruiksregte kan aan die privaatsektor teen betaling beskikbaar gestel word. Die inkomste kan dan aan provinsiale funksies bestee word.

Soms is die gebruiksvraag maklik, soos in die geval van 'n skool of 'n daghospitaal. Soms is dit egter baie moeiliker, veral wanneer oor die botsende aansprake beslis moet word. Vir hierdie moeilike besluite het ons 'n beleidsraamwerk nodig wat die kriteria vir besluitneming en die afweging van belange duidelik uitspel.

'n Verdere vraag is of die betrokke gebruikersdepartement sy geboue optimaal benut. Die departement het byvoorbeeld sedert Julie 1999, as gevolg van die rasionalisering van kantoorakkommodasie in slegs die stadskom, 'n besparing van R900 000 per maand bewerkstellig.

Ons moet na 'n situasie beweeg waar ons ons geboue beskou as omskrewe kostesentrums, en die voordele wat ons kry, vergelyk met die koste wat ons spandeer, en besluit of dit die moeite werd is. Dit gaan beteken dat ons inligting van die hele Administrasie by 'n sentrale punt byeen moet bring.

Die tweede bre vraag waarna ek vroer verwys het, handel oor die prosesse van eiendomsbestuur. Uitbesteding van groter dele van hierdie funksie is juis 'n prioriteitsprojek van die Kabinet.

Me die Voorsitter, ons moet wegkom van die idee dat vervreemding van eiendom die enigste manier is waarop die waarde daarvan vir die Provinsie gerealiseer kan word. Daar is inderdaad 'n verskeidenheid opsies wat gevolg kan word, en dit wissel van langtermynverhurings tot konsessies en 'n groot verskeidenheid van PPPs. Ons sal toenemend na hierdie opsies moet kyk as voertuie waardeur ons noodsaaklike infrastruktuur kan voorsien en kan verseker dat provinsiale eiendomme onderhou word.

*Me die Voorsitter, ek wil nou verbruikersbeskermingswetgewing bespreek. Soos wat ons almal weet, is verbruikersbeskerming 'n konkurrente bevoegdheid in die Grondwet. Gauteng provinsie het in ooreenstemming met hierdie bevoegdheid 'n Wet op Verbruikersake: Onbillike Sakepraktyke op die Wetboek geplaas, gemoduleer op die eertydse nasionale Wet op Skadelike Sakepraktyke van 1988. Dit is 'n wet wat wesenlik in dieselfde vorm deur die meeste ander provinsies, met die uitsondering van KwaZulu-Natal, aanvaar is.

Ons in hierdie Provinsie het tot dusver nog nie soortgelyke wetgewing aanvaar nie, hoofsaaklik as gevolg van besorgdhede rakende die grondwetlikheid van die wetgewing. Ek hoef nie uit te brei oor die implikasies daarvan om gebrekkige wetgewing goed te keur nie. Benewens enigiets anders sal dit die vertroue van die publiek en die vermo van die Regering om verbruikers te beskerm, skaad.

Daar is egter 'n duidelike behoefte aan wetgewing van hierdie aard en ons het dus spesifieke regsmening aangevra oor hoe ons die konsepwetsontwerp van enige onkonstitusionele elemente kan skoonmaak.

Me die Voorsitter, ek wil die Huis graag inlig dat die wetsontwerp soos wat dit staan, die skepping beoog van 'n verbruikersbeskermer wat klagtes sal oorweeg wat van verbruikers en van verbruikeradviseurs ontvang is ...

*Mnr C M DUGMORE: Waarom het dit so lank geneem?

*Die MINISTER: ... - ek het pas verduidelik waarom - wat die klagtes probeer oplos het en dit nie kon doen nie. Waar die verbruikersbeskermer bevind dat die gedrag wat tot die klag aanleiding gegee het, 'n onbillike sakepraktyk uitmaak en dus tussentrede regverdig, sal die saak aan 'n onafhanklike administratiewe tribunaal voorgel word. Hierdie tribunaal sal die getuienis oorweeg en 'n beslissing gee.

Me die Voorsitter, terwyl ons met beleidswerk besig is, moet ons voortgaan met die programme van die Regering. Die departement en die provinsiale statutre raad, die Wes-Kaapse Toerismeraad, het dit gedoen en gaan voort om dit te doen. Die huidige raad is in Mei 1999 saamgestel, en ons nuwe hoof uitvoerende beampte, dr Mike Fabricius, het op 1 April 1999 sy pos aanvaar.

Onder sy leiding het 'n aantal nuwe projekte die lig gesien, soos die publikasie wat aan agb lede versprei is, Getting Started in Tourism. Dit is die eerste omvattende handleiding in Suid-Afrika vir entrepreneurs wat met 'n toeristebedryf wil begin. Dit is 'n stap-vir-stap-gids, en ek dink dit gee 'n eenvoudige, dog goeie, uiteensetting van die hele toeristeketting en waar elke rolspeler inpas. Dit gaan by alle toeristeburo's en LBSCs beskikbaar wees, en met die boekie as basis beoog ons 'n hele reeks werkswinkels.

*Me die Voorsitter, agter in die handleiding word 'n baie nuttige brondokument aangetref, met 'n uiteensetting van die name en telefoonnommers van sake-adviessentrums, distriksrade wat dit hanteer, en finansile instellings by wie fondse beskikbaar is. Dit bevat ook 'n verskeidenheid toerisme-instellings - van die raad tot Satoer en handwerk-aksieliggame. Dit bevat ook die name van die streektoerismeorganisasies, plaaslike toeristeburo's, en so meer, en selfs opleiding- en onderwysinstellings wat opleiding oor toerisme bied. Dit is 'n baie nuttige boekie en agb lede word gevra om dit in hul kiesafdelings te gebruik. Dit sal ook in sommige gevalle vir die algemene sakebedryf nuttig wees, en nie net vir toerisme nie.

*Mnr C M DUGMORE: [Onhoorbaar.] ... nuwe besems in toerisme ... [Onhoorbaar.] ... goeie werk.

*Die MINISTER: Baie dankie.

Verder, wat ontwikkeling betref, het die Toerismeraad 'n vennootskap met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika gesluit om praktiese gemeenskapsontwikkelingsprojekte van die grond te kry. Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het R210 000 vir loodsprojekte in sewe gemeenskappe beskikbaar gestel. Vyf van die gemeenskappe is op die platteland, naamlik Elim, Wupperthal, Suurbraak, Amalienstein en Goedverwacht. Werkloosheid is by di gemeenskappe tans 'n groot probleem, maar hulle het toerismepotensiaal en daar sal op hulle gefokus word om nuwe projekte van die grond te kry, of bestaande projekte te verbeter.

Die ander twee gemeenskappe is in stedelike gebiede, naamlik Mbekweni naby die Paarl, en Khayelitsha. Op die inisiatief van die Toerismeraad is Khayelitsha ook by die nasionale "Cluster"-loodsprojekte ingesluit. "Tros" is 'n woord wat mense dalk nie sal verstaan nie, en "clusters" beteken "trosse". Dit het uitgeloop op die ontwikkeling van die Look Out Hill Project.

In die derde plek is die Toerismeraad by 'n aantal ontwikkelingsprojekte by skole betrokke. Ons het gister by die Primre Skool Eikendal 'n bewusmakingsprojek vir primre skole geloods. Die Provinsie het 52 loodsskole gedentifiseer, waarby 'n toerismebewusmakingsprogram vir grade 1, 2 en 3 vanaf die tweede kwartaal vanjaar ingestel sal word. Die doelwit is om van kleins af by die jeug 'n toerismekultuur te kweek. Toerismetemas, vervat in materiaal wat deur die Tourism Education Trust ontwikkel is, word in die res van die kinders se kurrikulum vervleg. Sowat 80% van die skole wat vir die projek geoormerk is, is in voorheen benadeelde gemeenskappe. Ons is baie aan MTN en die SA Lughawe Maatskappy verskuldig vir hulle borgskap van hierdie projek.
Ons het ook 20 horskole vir 'n soortgelyke projek gedentifiseer. Dit sluit die ses skole in waar toerisme reeds as keusevak aangebied word. Die Sekondre Skool Hawston is een van sewe skole in agtergeblewe gemeenskappe wat verlede jaar die beste vordering gemaak het, en wat gevolglik R100 000 van die agb Minister van Onderwys ontvang. Hulle presteer werklik op 'n hele aantal gebiede.

Die Toerismeraad gaan ook 10 nuwe toerisme-entrepreneurs uit voorheen benadeelde gemeenskappe borg om aan Indaba 2000 in Durban deel te neem. En ter wille van die agb lede wat nie daarvan bewus is nie, Indaba 2000 is die toonaangewende jaarlikse skou vir toerismeprodukte in Suid-Afrika.

*Me die Voorsitter, die toeristebedryf is natuurlik nie 'n uitsondering op die rel nie. In vandag se wreld hang die voortgesette sukses van enige organisasie of sakeonderneming af van hoe goed dit in inligting- en kommunikasietegnologie bel het, en hoe inligting en kennis vasgel en gebruik word.

Die raad erken dit en het 'n strategiese plan in plek geplaas om te verseker dat dit mededingend bly. Die elemente van hierdie strategiese plan is, eerstens, om die kennisbasis binne die Wes-Kaapse Toerismeraad uit te bou en te verhoog vir gebruik binne die organisasie en die bedryf in die geheel. Daarmee saam gaan die ontwikkeling van 'n databasis van inligting vir alle rolspelers binne die toeristebedryf, byvoorbeeld data oor fasiliteite en attraksies om vir onder meer marknavorsingsdoeleindes gebruik te word. Die raad het reeds 12 000 rekords.

Die raad is ver gevorder met die ontwikkeling van 'n hoogs moderne webtuiste, waaroor ek persoonlik baie opgewonde is. Hierdie webtuiste sal toeriste, en voornemende toeriste, met rele tyd inligting oor akkommodasie, attraksies, bedryfsnuus, restaurante, konferensiefasiliteite, en so meer, binne die Wes-Kaap voorsien. Die webtuiste sal volgende maand van stapel gestuur word.

Me die Voorsitter, ek het die Huis deurgaans ingelig gehou oor die vordering van die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum. Die raad van die Konvensiesentrum-maatskappy is tans besig met drie afsonderlike prosesse om 'n ontwerpspan, 'n operateur en 'n strategiese vennoot te identifiseer om 'n hotel op die perseel te ontwikkel.

Wat my werklik opgewonde maak - ek gaan nie name noem nie - is dat maatskappye wat om operateurstatus aansoek gedoen het, in die eerste linie van wreldwye konfensiesentrumoperateurs staan. Dit illustreer die lewensvatbaarheid van Kaapstad in hierdie verband. Soos wat agb lede weet, staan Kaapstad 28ste in die wreld as 'n wreldwye bestemming vir konferensies - sonder 'n konferensiesentrum. Ons is baie opgewonde oor hierdie proses, en ons planne is op stroom sodat die sentrum in 2002 oopgestel kan word. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning sal binnekort konsepwetgewing bring om die Provinsie se bydrae tot die konstruksie van die sentrum goed te keur.

Me die Voorsitter, ek gaan nou verder na sakeprogramme. Gedurende die komende boekjaar sal die fokus van hierdie direktoraat wees om samewerkende aksies in vier sleutelsektore aan te moedig. Die eerste sleutelsektor is Agrisake. Met die opening van die EU-markte en snel veranderende internasionale vraagpatrone vir landbouprodukte, is daar 'n behoefte om Agrisake nichemarkte met indiensnemings- en groeipotensiaal te versnel.
Ek wil graag hier stilstaan en die aandag van die Huis fokus op die groot krisis wat die sagtevrugtebedryf in die provinsie in die gesig staar. Ek is seker die agb Minister van Landbou sal later vandag daaroor wil uitbrei. Dit is waarskynlik dat bykans die helfte van die huidige entrepreneurs en boere in daardie bedryf oor twee of drie jaar nie meer daar sal wees nie. Ons as Regering het met 'n groot uitdaging te make. Deels van wat ons hier doen, is om 'n begin te maak om te antisipeer waar ons kan verander. [Tussenwerpsels.]

Dit gebeur essensieel as gevolg van veranderinge in die wreldmark, veral in die herstrukturering van supermarkte in Europa. Hierdie herstrukturering het die magte van kopers in so 'n mate verhoog, dat hulle streke in die wreld teen mekaar kan afspeel. Ons moet eenvoudig vinniger as dit herstruktureer.

Hierdie agrisake nichemarkte is gedentifiseer as marikultuur, howaardegroente en fynbos. Hierdie nichemarkte sal uitvoerig nagevors word deur middel van 'n gedetailleerde pyplynstudie om sterkpunte en markpotensiaal te identifiseer, en die sektore sal genetwerk word om die bevindings van die navorsing toe te pas.

Die tweede sleutelfaktor is om die prosesse te inisieer om die Kaap as 'n belangrike internasionale voedsel- en wynsentrum te vestig. Hierdie inisiatief moet in samehang gesien word met die wetgewing oor produkte van oorsprong wat van die Tak: Landbou van hierdie departement afkomstig is.

Derdens, ons sal voortgesette steun verleen aan die vlekvryestaalsektor deur middel van die werkplek-uitdaging. Ons sal ook opleiding befonds om die vaardighede te ontwikkel vir die ontwikkeling van mikro-smelterye om produkte te voorsien wat wissel van hopresisie komponente tot handwerkprodukte deur middel van die "lost wax"-proses, in samewerking, met wat werklik goeie samewerking was, met die Skiereilandse Technikon en plaaslike smelterye.

Vierdens, ons sal ons strategisering en ondersteuning rondom die ontwikkeling van 'n hotegnologie "cluster" voortsit. Op hierdie gebied sal die sleutelterreine vir aandag wees om nuwe belegging te trek, vaardighede en onderwys te bevorder, innovering aan te moedig, en 'n hotegnologie omgewing te bou. Ons sal ook die bod vir 'n Wes-Kaapse Innovasie-ondersteuningssenturm (ISC) van R8 miljoen dryf, wat 'n belangrike instelling sal wees wat fokus op die kommersialisering van die nuwe produkte en tegnologie, prosesse en innovasies.

Die Cape Online Project is daarop gemik om 'n streek-poort vir ons provinsie te skep wat die blootstelling van Wes-Kaapse gebruikers aan die Internet en e-handel grootliks sal verhoog.

Me die Voorsitter, die departement sal instrumenteel wees om die instelling van die Cape Manufacturing Advice Centre (MAC) te verseker, wat 'n uiters belangrike instelling sal wees om die mededingendheid van plaaslike vervaardigingsmaatskappye te verhoog. Die fokus sal op firmas wees wat tussen 5 en 200 individue in diens het. Die MAC sal hoofsaaklik deur die Departement van Handel en Nywerheid en buitelandse donateurs befonds word. Daar sal van die Provinsiale Regering en plaaslike bestuur verwag word om ongeveer 25% van die befondsing by te dra. Die totale koste sal nagenoeg R4,5 miljoen per jaar wees.

Wesgro is die Provinsie se enigste verskaffer van handels- en beleggingsbevorderingsdienste. Hul doeltreffendheid word dikwels eng volgens die waarde van nuwe beleggings wat verkry en die aantal werkgeleenthede wat geskep is, gedefinieer. Wesgro het oor die afgelope twee jaar fenomenale sukses op albei terreine behaal, deur meer as R1,5 miljard in nuwe belegging te verseker en 2 500 regstreekse werkgeleenthede te skep.

Me die Voorsitter, wanneer ek hierdie syfers aanhaal, verwys ek slegs na projekte waarin Wesgro regstreeks betrokke is. Soos hulle in Afrikaans s, "Ek probeer nie met ander mense se kalwers ploeg nie." Dit is wat hulle met die begrotingstoekennings doen wat hulle van die departement en die plaaslike owerheid ontvang.

*Die vermenigvuldigingseffek van hierdie beleggings sal na verwagting daartoe lei dat minstens 1% waarde tot ons bruto regionale produk bygevoeg word. Ter ondersteuning van hierdie beleggingsbevorderingsfunksie gaan Wesgro voort om 'n aantal uitstekende publikasies oor sektore en algemene makro-ekonomiese projeksies te produseer.

Me die Voorsitter, die Ekonomiese Groenskrif sal die toekomstige rol van Wesgro aanspreek volgens die aard wat ek reeds hierbo uiteengesit het. Intussen sal hulle met hul uitstekende werk voortgaan, wat ook aktiwiteite in 'n verskeidenheid verbandhoudende velde behels. Ek is dankbaar dat hulle, onder meer, die verantwoordelikheid aanvaar het om die Kaapse Filmkantoor van die grond af te bring. Hulle het ook 'n uitstekende Wes-Kaapse Uitvoerdersgids geproduseer, wat ek by agb lede aanbeveel.

Beplanning vir die Uitvoerontwikkelingsentrum is ver gevorder. In hierdie stadium word privaatsektorbefondsers vir befondsing genader, wat oor die volgende drie jaar deur fondse van die Departement van Handel en Nywerheid aangevul sal word. Die sentrum sal by die Kaapse Sakekamer gesetel wees en dit sal 'n onafhanklike bestuur met 'n klein personeelkompliment h.

Na die werkswinkel in April van die finale rolspelers, sal 'n raad aangestel word om die sentrum te dryf. Die raad sal vroeg in Mei saamgestel word, personeel sal teen Augustus aangestel word en die sentrum sal in Oktober operasioneel wees. Die fokus van die raad sal wees om ondersteuning te bied aan ontluikende uitvoerders, en om die uitvoerondersteuningspogings regoor die provinsie te konsolideer. Ons het R100 000 vir die implementering van hierdie projek begroot en dit word in die Witboek weerspiel.

Me die Voorsitter, die departement het 'n noue werkverhouding met NOCOSA, die NRO gemoeid met Vigs-bewustheid, gevestig. Ons sal Vigs-bewustheid by ons sektorprogramme en ook in die drankbeleid insluit. Die departement sal ook bewustheid stimuleer oor die brer impak wat Vigs op die ekonomie sal h deur verlore manure as gevolg van bywoning van begrafnisse, die styging in mediese hulpkostes en die verlies aan vaardighede.

Me die Voorsitter, ek wil die Huis graag daaraan herinner dat projeksies aandui dat ons oor die eerste dekade, indien dit ongeraak gelaat word, 20% van ons werkmag in hierdie land as gevolg van Vigs sal verloor. Die bewustheid van hierdie situasie in ons bedryf is van kritieke belang.

Etlike studies is hieroor gedoen; ons sal die inligting identifiseer en dit beskikbaar stel. Ons het ook 'n pamflet- en plakkaatprojek genisieer, wat spesifiek op die ekonomiese impak van Vigs sal fokus.

Ek wil graag die mening van die Huis toets betreffende die wenslikheid van 'n loodsstudie om die omvang van MIV/Vigs-bewustheid en -opleiding in sakeondernemings in ons provinsie vas te stel. Dit kom my voor dat ons die omvang moet bepaal ten einde ons vordering te kan meet namate ons die stryd met die pandemie voer.

Me die Voorsitter, ons beleidsbenadering ter ondersteuning van KMMOs ...

*Me T ESSOP: Waar is die Ministers ...

*Die MINISTER: Ek het hulle reeds ingelig oor wat ek doen; hulle is aan boord.

Ons beleidsbenadering ter ondersteuning van KMMOs is om te onderskei tussen ondersteuning vir kleiner oorlewingsondernemings en beginnersondernemers aan die een kant, en ondersteuning vir klein en medium sakeondernemings wat reeds gevestig is en ondersteuning van 'n ander aard nodig het. Ons dienste aan eersgenoemde kategorie van veral mikro-ondernemings sal toenemend in noue samewerking met plaaslike owerhede gelewer word.

In die lig van die probleme wat ons met Ntsika ervaar, kan ek nie sien hoe LBSCs sal oorleef anders as in vennootskap tussen plaaslike owerhede, die Provinsiale Regering en die privaatsektor nie. Dit is duidelik 'n saak wat op die agenda van besluitmakers moet wees wat na plaaslike bestuursherstrukturering kyk.

Ons ondersteuning vir KMMOs is tans op die waagkapitaalveld gefokus. Ons hoop om in die loop van hierdie finansile jaar in samewerking met Khula die Newcape Venture Capital Fonds van stapel te stuur. Dit is 'n uiters opwindende projek. Khula het R20 miljoen as leningskapitaal - trouens, kapitaal wat geleen word - vir so 'n fonds beskikbaar gestel wat die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en die Noordelike Provinsie sal bedien. Ek wil graag my departement met hulle inisiatief gelukwens. Van al die provinsies het hulle die meeste rugsteun aan Khula en die loodsingskomitee gebied om dit moontlik te maak.

Me die Voorsitter, die departement gaan voort om verbruikersadviesdienste regstreeks aan lede van die publiek te lewer, en ook onregstreeks deur agentskapsorganisasies. Ons het R782 000 vir hierdie diens tydens die volgende boekjaar begroot.

Die vernaamste verskuiwing van beleid is om adviessentrums uit te bestee aan gemeenskaps- en ander organisasies wat reeds by hierdie soort werk betrokke is. Tot op datum het ons befondsingsooreenkomste met agt diensorganisasies aangegaan, waarvan almal by die Wes-Kaapse Gemeenskapsgerigte Parawetlike Vereniging (Wesccopa) geaffilieer is. Hierdie kantore is op Ceres, Saldanha, Caledon, Bredasdorp, Riversdal, Beaufort-wes, George en Heideveld gele. Daar word beoog om minstens 10 verdere kantore gedurende hierdie boekjaar te befonds.

Deel van ons taak is om hierdie kantore ten volle te bemagtig om verbruikersklagtes doeltreffend te hanteer. Programme om dit te verwesenlik, word in samehang met plaaslike tersire instellings ontwerp.
Me die Voorsitter, ek gaan verder na sakeregulering en programme oor billike handel. Die provinsiale Drankraad gaan voort om onder die nasionale Drankwet van 1989 te funksioneer. Ondanks verbeterings in die administrasie van die raad, het ons steeds 'n ver pad om te loop om volle administratiewe doeltreffendheid te verwesenlik.

Ek is van mening dat die administrasie van die Drankraad nie voldoende hulpbronne het nie, en die departement het 'n werkstudie genisieer om hierdie saak aan te spreek. Ons het intussen ook bykomende kontrakwerkers in diens geneem.

Gedurende 1999 het die raad 1 565 aansoeke oorweeg; dit het 824 aansoeke goedgekeur en 146 afgekeur, terwyl 595 aansoeke wat in 1999 ontvang is, steeds geprosesseer word. Dit is te wyte aan die feit dat aansoeke ten opsigte waarvan besware ingedien is, langer duur om geprosesseer te word. Hierdie aansoeke is nie net vir nuwe lisensies nie, maar is vir die verwydering van lisensies, oordrag van lisensies, omskakeling van lisensies en ander soort aansoeke waarvoor daar in die Drankwet voorsiening gemaak word.

Me die Voorsitter, ek staan hier stil om te s dat een van die probleme met die nasionale Drankwet wat ons tans toepas die gebrek aan 'n applmeganisme is. As 'n kleinoperateur se aansoek om 'n dranklisensie as gevolg van gemeenskapsbesware geweier word - of dit geregverdig is of nie - is sy enigste verweer om die Horhof van Suid-Afrika te nader. [Tussenwerpsels.]

*Mnr G R STRACHAN: Dit is waarom ons dit wou verander.

*Die MINISTER: Ja, dit is presies waarom ons dit wil verander.

*Mnr G R STRACHAN: Wie het dit gekeer?

*Die MINISTER: Die Konstitusionele Hof het dit gekeer. Dit is waarom ons ons eie wetgewing moet herskryf.

*Me T ESSOP: Dit is reeds 11:15 ... [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Ja, ons het baie gedoen en ek moet agb lede daarvan vertel. [Tussenwerpsels.] Die raad het 18 vergaderings op verskeie plekke buite die Wes-Kaap gehou. Mondelinge getuienis en voorleggings is by sodanige vergaderings aangehoor. [Tussenwerpsels.] As gevolg van openbare belangstelling in aansoeke ten opsigte waarvan besware ontvang is, het die raad verhore gehou ... [Tussenwerpsels.] ... in die landdrosdistrik waarin die voorgestelde dranklisensies van toepassing sou wees.

Me die Voorsitter, hulle hou nie daarvan om na doeltreffende lewering te luister nie. [Tussenwerpsels.]

Ek gaan nou verder na eiendomsbestuursprogramme. [Tussenwerpsels.] Die belangrikste ...

*Mnr C M DUGMORE: Hoe lank nog?

*Me T ESSOP: Maak nou 'n doeltreffende lewering van u toespraak!
*Die MINISTER: Ek sal so gou moontlik afsluit, maar ek sal soveel tyd in beslag neem as wat nodig is. [Tussenwerpsels.]

Die belangrikste doelstelling van die Hoofdirektoraat: Eiendomsbestuur is om 'n omvattende vaste eiendomsregister vir die Wes-Kaap se Provinsiale Regering op te stel. Die inligting op die register word tans deur agt firmas van konsultante geoudit.

Me die Voorsitter, ek het iemand hoor s, "Dit is vervelig." Vir mense wat op ons dienste staatmaak, is dit van kritieke belang dat hierdie dienste gesien word om te gebeur, en die agb lede moet die Minister aanspreeklik hou dat dit in werklikheid gebeur. Skenk aandag ... [Tussenwerpsels.] ... en wees deel van die debat. [Tussenwerpsels.]

Die inligting op hierdie register word tans deur agt firmas van konsultante geoudit wat deur middel van 'n tenderproses op 'n streekbasis aangestel is. Die oudit sluit perseelbesoeke en omvattende eiendomsverslae in. Die ouditproses sal na verwagting teen die einde van Mei 2000 afgehandel word.

Me die Voorsitter, wat uitbesteding betref, is gedelegeerde bevoegdheid van die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad ontvang vir die aanstelling van eiendomsmakelaars en -agente om die Hoofdirektoraat by te staan met die bestuur van landgoedere en ander eiendomstransaksies.

Die Hoofdirektoraat is in die proses om modelle te formuleer vir die uitbesteding van die bestuur van 'n aantal eiendomme, soos Vaaldraai by Elsenburg, Kromme Rhee, Nelspoort en die De Novo-kompleks langs Kraaifontein.

Die departement maak ook vordering met die oudit van huurooreenkomste. Nadat dit geoudit is, sal dit in die departement se MDA Eiendomsbestuurstelsel vasgevang word. Dit sal ons grootliks help met die doeltreffende bestuur en administrasie van huurooreenkomste.

Die bekragtiging van transportaktes in ons naam en die uitreiking van artikel 28(1)-sertifikate bly 'n moeisame proses. Hierdie proses duur ongelukkig gemiddeld ses maande vanaf die dag wat die aansoek voor die Provinsiale Staatsgrond beskikkingskomitee gebring word - onder beheer van die nasionale Regering - tot die dag waar die titelakte finaal bekragtig word. Dit kan met nagenoeg 'n maand verminder word as die Minister van Grondsake die bevoegdheid om hierdie sertifikate uit te reik aan provinsiale regerings sou delegeer. Ons sal binnekort samesprekings met die nasionale Regering hou oor maniere om die proses te verbeter.

Me die Voorsitter, ons het byna die rasionalisering van huurakkommodasie in die stadskom voltooi; die proses is ook op Oudtshoorn afgehandel. Die komponent gaan nou die rasionalisering van kantore op George, die Paarl en Worcester ondersoek. Verskillende opsies word op George ondersoek, terwyl die opsie om eie akkommodasie op Worcester te benut ook ondersoek word. Dit sal 'n verdere besparing in ons huidige huuruitgawe verseker, waarvoor R84,8 miljoen in die komende boekjaar begroot is.

Ek het die departement opdrag gegee om met voorstelle te kom om die Wes-Kaapse Grondadministrasiewet en die regulasies wat ingevolge daardie Wet uitgevaardig is te stroomlyn, om die beskikking van eiendom wat deur die Provinsie besit word te fasiliteer. 'n Konsep is op die tafel, en ons sal die Staande Komitee oor Ekonomiese Sake nader nadat die Kabinet sy goedkeuring daaraan verleen het.

Ten slotte wil ek graag enkele individuele eiendomsake hanteer wat beslis in die openbare belang is.

Eerstens, ons het 12 eiendomme gedentifiseer wat aan die Skiereiland Nasionale Park beskikbaar gestel moet word. Die Wes-Kaapse Provinsiale Staatsgrondbeskikkingskomitee het ingestem dat die eiendomme in die naam van die Provinsie bekragtig moet word en dat die nasionale Minister van Grondsake sal versoek word om so gou moontlik die sertifikate uit te reik. Ons sal dan in staat wees om met die oordrag van die eiendomme na die Skiereiland Nasionale Park voort te gaan.

Tweedens, ons is ver gevorder met die konsessie van 130 ha grond by Elsenburg. Vier bodgroepe is gekortlys om teen 27 Maart 2000 hulle finale aanbiedinge aan die Provinsie voor te l. Die konsessie is vir die aanplant van wingerd op 130 ha ho gehalte grond, en om 'n wynkelder op die plaas op te rig. Hierdie projek sal 'n kapitaalinkomste sowel as 'n inkomstestroom vir die volgende 40 jaar verseker. Dit sal ons ook waardevolle ervaring op die gebied van PPP bied.

Een van die betekenisvolste kontrakte wat ons onlangs onderteken het, was vir die verhuring van vloerruimte in Groote Schuur aan 'n privaatmaatskappy onder beheer van die Universiteit van Kaapstad vir die bedryf van 'n private kliniek.

Die Departement van Gesondheid het 'n hospitaallisensie toegestaan aan die UCT Medical Centre (Pty) Ltd om 'n private hospitaal te bedryf in onbenutte ruimte gele in Blok D van die Groote Schuur Hospitaal.

'n AGB LID: Wanneer tree hierdie gesondheidsplan in werking?

Die MINISTER: Trouens, die plan is oorspronklik deur die nasionale Regering en die nasionale Departement van Gesondheid teengestaan. Al die ander provinsies kom kyk daarna. [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Die provinsiale Gesondheid ...

*Die MINISTER: Hy was daarteen.

*Mnr C M DUGMORE: Hy was nie daarteen nie.

*Die MINISTER: Mooi probeerslag, Cameron!

Hierdie private hospitaal sal deur 'n Duitse maatskappy bedryf word. Ek het geen twyfel nie dat dit 'n model vir tersire mediese sentrums in die land sal word. 'n Soortgelyke proses is nou by die Tygerberg Hospitaal aan die gang.

Me die Voorsitter, soos wat agb lede sou gemerk het, is baie werk gedoen. Daar is vanjaar wonderlike vordering gemaak en dit is in plek vir aanstaande jaar. Daarvoor moet ek my dank oordra aan 'n uitnemende personeelkomplement bestaande uit, onder meer, ons Superintendent-generaal, mnr Carl du Preez; ons Adjunk-direkteur-generaal, me Loreen Platzky; die Hoofdirekteur, mnr James Slabbert; en hulle direkteure. Dit is 'n wonderlike span en sonder hulle sou ek nie in staat gewees het om wat ek meen 'n goeie verslag en 'n goeie prognose is aan die Huis voor te l nie.

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, dit is inderdaad 'n groot voorreg om na die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme te praat. Ek moet die feit onderstreep dat dit 'n baie goeie toespraak was. Dit is waarlik altyd 'n voorreg om onder hom te dien en hom van hulp te wees. [Tussenwerpsels.] Ek, as voorsitter van die staande komitee, dien hom as die verantwoordelike Minister. Dit is hoe ek hom dien. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede moet die agb lid asseblief toelaat om sy toespraak te lewer.

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, daar is net een ding in die agb Minister se toespraak wat ek nou wil opvolg. Hy het ges dit is baie kritiek dat ons dringende aandag skenk aan goeie lewering. Wat sy departement doen, is van kritieke belang vir die hele provinsie, en ek moet dit onderskryf. Ek dink dit is kritiek.

In dieselfde asem, as dit so kritiek is, sou dit egter goed gewees het om te sien dat sy kollegas in die Kabinet hom meer ondersteun deur na sy toespraak te luister, want wat sy departement doen en skep, sal elkeen van hulle departemente benvloed. Dit is belangrik.

Mag ek ook die hele Departement van Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme gelukwens, vanaf mnr Carl du Preez tot almal wat daar sit, met die uitstekende werk wat hulle gedoen het. Daar is geen twyfel nie dat hulle oor die afgelope jaar uitnemende werk gedoen het.

Ek dink dit is die Ierland-reis wat my 'n bietjie verander het, en ek wil die agb Minister bedank vir sy proaktiewe benadering in daardie verband. [Tussenwerpsels.] Agb lede van hierdie Huis sal weet die manier waarop die sakebedryf dink, vanuit die perspektief is van: "Hoeveel beleggings het ingekom? Hoeveel toeriste is daar? Hoeveel werkgeleenthede is geskep? Hoeveel finansile instellings is geskep?" Dit is altyd 'n "bottom-line"-benadering, en ek het oor die afgelope sewe jaar die hele kwessie van die opstel van beleid met die agb Minister gedebatteer.

Ek wil vandag egter toegee dat wat ek in Ierland geleer het, was om te sien dat dit goed is dat al die verskillende rolspelers dieselfde lied vanaf dieselfde bladmusiek sing. Hulle het dieselfde visie, alles soortgelyk. Ek moet vandag s dat ek die belangrikheid daarvan besef het dat ons almal by een beleid en rigting vir hierdie provinsie aansluit, en ek moet toegee dat ek dink dat dit kritiek vir enige provinsie is om een bladmusiek met een ekonomiese beleid te h.

Dit is waarom ons uitsien na die Groenskrif wat in Mei vrygestel sal word en na die enorme getal paradigmas wat, so hoop ons, geproduseer sal word. Dalk sal die agb lid mnr Strachan ook as "mnr Beleid" bekend staan, in die sin dat hy altyd s, "Maar waar is die beleid?" Soos wat die agb Minister in die Kantoor van die Premier altyd s, "Trek dieselfde snaar!" Dalk sal die "beleidsnaar" meer getrek moet word. [Tussenwerpsels.]
Daar is net een kritieke vraag wat ons ten opsigte van hierdie portefeulje moet vra, en dit is: waar is die toekoms van hierdie provinsie, en wat is die Regering se verantwoordelikheid? Dit moet aan die voorpunt staan.

Die agb Minister het verwys na twee kritieke sake met betrekking tot die rol van die Regering, en dit is bevoegdheid en tydsberekening. Vir 'n baie lang tyd, vir die ses jaar wat ek nou in die regering is, was ons nog nooit op 'n opleidingskursus of 'n entrepreneurskursus om ons vir verandering toe te rus nie.

Ek meen dit is jammer, vergeleke met die korporatiewe wreld, waarvandaan ek kom, waar 'n persoon altyd in die jongste tendense opgelei word. Hoe kan ons, as die Provinsiale Regering, die toon aangee en daar van ons verwag word om beleid te rig en mense te mobiliseer as ons nie in pas is met wat wreldwyd gebeur nie? Waarom word ons nie geborg om na Harvard of na Ensued in Parys, of die Londense Sakeskool, te gaan om opgelei te word om aan die voorpunt te staan nie? [Tussenwerpsels.]

Ons praat van die wreldwye ekonomie van e-handel, of die webblad-bedrywe, en daar word van ons verwag om op die wreldwye verhoog te wees, en ons moet snags sit en van idees droom; dit is onmoontlik. Ek dink dit is 'n groot uitdaging vir die Provinsie en die Kabinet. Ons moet oor ekonomiese hervorming leer, en ons moet oor die jongste tendense in privatisering en uitbesteding leer. Dit is absoluut van kritieke belang.

Ek wil vir die agb Minister en die departement s dat ons moet voordeel trek uit die ekonomiese visie om die Kaap vir die kennisekonomie voor te berei. Dit is absoluut noodsaaklik. Ek gaan nie tyd bestee om oor die kennisekonomie te praat nie. Die agb Minister het uitvoerig daarna verwys.

Ek gaan baie uit my toespraak sny, hoofsaaklik ter wille van tyd. [Tussenwerpsels.] Ek gaan die tyd van die meeste van my lede respekteer.

Mnr die Voorsitter, ons kan onsself in die Wes-Kaap nie meer as 'n klein ekonomie sien nie. Ons moet deel wees van die groter wreld waar al die ander lande aggressief en met wysheid beplan om sukses te behaal. Hoe kan ons gereed wees om die wreld aan te pak as ons veseloptika nie van 'n kapasiteit is om inligting teen 'n baie vinnige koers af te laai nie?

Waar is ons in hierdie provinsie met betrekking tot elektroniese handel - die agb Minister het na IT verwys - en die kry van sektorinligting om "mapping"-oefeninge te doen, en waar delegeer ons hierdie funksies? Ek weet dit sal alles in die Groenskrif wees, wat ons hoop om te sien.

Ek wil graag 'n paar sake met betrekking tot die provinsie aanspreek, en die eerste kritieke saak, waaroor ons reeds lank praat, is belasting. Ek weet dit is 'n nasionale bevoegdheid, en ons gaan nie nou daarop in nie. Soos wat die agb Minister egter weet, het e-handel die hele bedryf oopgestel. Alles is oop. Wat sal 'n oorsese belegger in die Wes-Kaap laat bel as daar belastingstoevlugsoorde in Bermuda en in Ierland is? Daar is geen manier waarop ons hulle gaan oortuig om hierheen te kom nie.

Ek dink die tyd het aangebreek dat ons druk op die nasionale Regering plaas betreffende innoverende belastingskemas. In Ierland, byvoorbeeld, was daar 'n skema waarvolgens mense kon bel en buitelandse geld na Ierland kon bring. Hulle sou belasting betaal teen 12%, vasgestel op vyf jaar, as hulle byvoorbeeld werk sou verskaf aan meer as 200 mense.

As 'n sakeman dink ek belasting is 'n kritieke element, en dit bring my by die nuwe kapitaalwinsbelasting wat pas ingevoer is. Ek was bevoorreg om 'n individu wat meer as $200 miljoen in hierdie land bel het as my gas saam te neem om na die nasionale Minister van Finansies se toespraak te luister. Toe hy daar uitgeloop het, het hy ges, "Kapitaalwinsbelasting is een van die eerste tekens van disinvestering." Ons weet wat die nasionale Regering doen met betrekking tot oor-wetgewing en oor-regulering. Hoe kan ons ooit 'n omgewing skep wat bevorderlik vir belegging is?

Ons kan egter nie s dat dit 'n nasionale saak is en dat ons as 'n provinsie niks kan doen nie. Weet agb lede dat 50% van residensile verkope in die Wes-Kaap aan mense is wat uit die Verenigde Koninkryk bel, en dat 15% Duitsers is? Dit is almal tweede huise. Met 'n nuwe beleid wat bepaal dat waar mense ook al hulle inkomste ontvang, hulle in hierdie land belas gaan word, sal hulle nie meer hierheen wil kom nie. Ons moet, as 'n provinsie, na 'n veiligheidsnet kyk. Ons moet inkom, na hierdie mense wys en s, "Maar luister, ons moet hierdie soort beleid teenwerk."

Die tweede ding is oor infrastuktuur. Ons het gister ten opsigte van die portefeulje van die agb Minister van Vervoer en Werke daaroor gepraat. Ek weet die agb Minister besef die belangrikheid hiervan, maar dit is nie vandag in sy toespraak genoem nie. Ek wil oor die binnestad-vervoerprobleem praat. Dit is van kritieke belang vir goeie belegging, insluitende die bus- en taxisektor.

Wat die Wes-Kaapse lugverbindings betref, weet ek die agb Minister werk hard aan daardie saak, en ook aan seevaart en die benutting van die Kaapstadse hawe. Dit is kritieke elemente hierdie wat ook 'n ekonomiese dimensie het, maar ek sal nie te veel daaroor s nie.

Wat die identifisering van sektor-groeigeleenthede betref, glo ek werklik dat ons proaktief, en nie reaktief, in hierdie verband moet wees. Die agb Minister het hierdie saak genoem en ek dink ons gaan dit in die Groenskrif sien. Waar sektore gedentifiseer word, moet ons proaktief wees en s watter sektore ons gaan laat groei.

Terwyl ek die kwessie van die identifisering van sektor-groeigeleenthede aanspreek, wil ek oor Wesgro praat. Die agb Minister het die akkolades betreffende hulle uitslae genoem. Ek wil vir die agb Minister s dat ek 'n beginselprobleem het betreffende steun vir Wesgro. Agb lede sal hulle daaraan herinner dat ons vyf jaar gelede, in die tyd van Premier Hernus Kriel, onsself verbind het tot 'n vyfjaarprogram betreffende Wesgro. Dit is in 'n finansile begroting geplaas en ons het onsself tot 'n finansile plan verbind. Die Provinsiale Regering het hom sedertdien nie by hierdie finansile plan gehou nie, en tog het ons dieselfde vlak van lewering verwag.

Die KMR het hom egter aan daardie finansile plan gehou, en so ook ander plaaslike besture, en dit het aanhou groei. Die probleem wat ek in beginsel het, is dat ons ons bydrae aan hulle oor die afgelope drie jaar op R3,5 miljoen gehou het. Ons verwag dieselfde lewering terwyl ons ons vlakke van verbintenis aan die finansile plan by die venster uitgooi.

Ons s ons wil h Wesgro moet die kapasiteit van sekere kritiese institusionele gapings vervul, veral betreffende ekonomiese data en tegnologiese ontwikkeling. Hulle speel 'n belangrike rol daar.

Ek dink ons moet wys dit is ons baba. Dit is nie 'n aangenome kind nie. Dit is ons kind. Ons het dit geskep. Ons moet daarna omsien. Ons moet hom bystaan. Ons kan nie aan die een kant s dat ons dit gaan ondersteun en aan die ander kant s dat ons net gaan wag omdat herstrukturering gaan plaasvind nie. Dit sal nog 'n paar maande wees. Ons moet ons verbintenis wys. Ons moet aan die metropolitaanse raad wys dat ons 'n regering is wat ons aan ons woord hou.

'n Ander element wat die agb Minister nie vandag in sy toespraak genoem het nie, was die spesifieke kommunikasieprojek gemik op die vryehandelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Europese Unie. Daardie kommunikasie is van kritieke belang. Ons sien daarna uit om dit te sien.

Die ander ding was die uitvoerontwikkelingsentrum vir die provinsie in samewerking met die Kamer van Koophandel. Ek het nie enigiets daarvan gehoor in ... [Tussenwerpsels.] O, ek is jammer. Ek dink dit is iets wat ons graag in aanmerking wil neem.

Dit is goed om mnre James Slabbert en Kobus Stander hier te sien. Die hele aspek van batebestuur is soos 'n pragtige oefenbof. Dit is 'n wonderlike departement wat inkomste kan genereer. Ek wil h agb lede moet my eerlik hieroor hoor praat. Die personeel van die departement weet dat ek hulle ondersteun. Hulle weet my opmerkings is opbouend, nie negatiewe kritiek nie. Hulle moet net ontvanklik wees en nie na al die negatiwiteit luister nie.

Op 7 September 1999 het die agb Minister genoem dat ons elke maand aansoek doen vir 200 artikel 28(1)-sertifikate. In 'n debat op 7 Maart het ek 'n parlementre vraag gevra oor hoeveel artikel 28(1)-sertifikate ons ontvang het. Agb lede moet onthou dat ek drie jaar gelede, toe ek die verantwoordelike Minister vir hierdie portefeulje was, begin het om om artikel 28(1)-sertifikate aansoek te doen. Ons het dit in Leeuwenhof saamgevoeg en in groeperings geplaas. Dit was meer as twee en 'n half jaar gelede.

Tot dusver het ons slegs 26 artikel 28(1)-sertifikate ontvang, wat beteken dat hierdie Provinsie in totale beheer van slegs 26 eiendomme is - trouens, dit is effektief as die wettige eienaars op die titelaktes bekragtig. Tog s ons dat ons teen Oktober 8 000 tot 10 000 aansoeke om artikel 28(1)-sertifikate wil produseer. Dit is onaanvaarbaar. Ek weet van die probleme op nasionale vlak, en met die tydperk betrokke, klink dit net nie vir my reg, selfs met 'n tydsverloop van twee maande, om 26 artikel 28(1)-sertifikate in drie jaar te kry nie. Ek dink dit moet opgevolg word.

Tweedens, betreffende openbare/private vennootskappe, 'n mens het nie 'n beleid hieroor nodig nie. Daar is baie grond waaromtrent 'n mens iets kan doen. 'n Mens hoef nie na die maatskaplike uitwerking daarvan te kyk nie. Ek het op dieselfde datum, op 7 Maart, die departement gevra by hoeveel onderhandelings ten opsigte van openbare/private vennootskappe ons betrokke was. Daar was twee. Daar was die een van Elsenburg waarby 135 ha betrokke was en dan was daar die 125 beddens by Tygerberg.

Ek wil vir die agb Minister s dat dit 'n kritieke ding is om oor openbare/private vennootskappe te onderhandel. As ons in drie jaar slegs besig is om twee openbare/private vennootskappe te onderhandel, dink ek ons moet hierdie prioriteit begin beklemtoon. Die publiek daarbuite en die eiendomsbestuurders wag. Elke keer as hulle my sien, vra hulle, "Maar wat gebeur met u portefeulje? Waarom kan ons nie betrokke raak nie?"

Ek wil dit vandag weer eens in hierdie Huis stel, soos wat ek oor die afgelope drie jaar gedoen het, dat ek nie persoonlik daarin glo om bates te verkoop nie. Ons moet inkomste genereer. Dit was nooit die bedoeling van Batebestuur om kapitaalbates te verkoop en van die geld ontslae te raak nie. Ons moet inkomste genereer, en dit is by wyse van "bare dominiums", langtermyn huurooreenkomste of konsessies. Openbare/private vennootskappe is waaroor dit alles gaan. As daar na drie jaar slegs twee openbare/private vennootskappe is wat deurgaan, kan 'n mens nie werklik die publiek in die gesig kyk nie. [Tussenwerpsels.]

Derdens wil ek die hele aspek van die oudit rakende verhurings en die verhuringsoudit in hierdie departement hanteer. Ons praat reeds drie jaar lank oor 'n verhuringsoudit, en ons hoor die agb Minister vandag verslag doen dat dit nog steeds nie afgehandel is nie. Ek weet nie hoeveel huureiendomme daar is nie, maar daar kan nie soveel wees nie. Ons moet hierna kyk. Dit is nie aanvaarbaar nie.

Laaste maar nie die minste nie, as ons, wat hierdie departement betref, na Batebestuur kyk en dit ontleed, sien ons dat ons 'n kapitaaluitgawe ten bedrae van R3,63 miljoen net aan personeel het, en dat ons voorsiening vir R19,210 miljoen vir spesiale dienste gemaak het. Die agb Minister het die evaluerings en dinge genoem.

Ek wil h mnr Slabbert moet later vir my hieroor kommentaar lewer. Ons bestee R19 miljoen aan spesiale dienste, insluitende waardasies en huurkommissies, navorsing, en so meer. Wanneer dit egter by eiendom kom, as 'n mens jou eiendom wil verkoop, kry jy nie altyd 'n eksterne eiendomskundige om jou eiendom te waardeer nie. Eiendomswaarde word uitsluitlik deur vraag en aanbod bepaal, en 'n gebou is dus net soveel werd as die huurinkomste wat jy vir daardie gebou kan kry. 'n Mens kan 'n ontleding van die fisiese infrastruktuur doen, deur byvoorbeeld na die rekenaartoerusting en die matte te kyk - na alles wat bestee is - maar die waarde van die eiendom is wat die huurder bereid is om te betaal.

Dit is waarom 'n mens net wanneer jy die eiendom verkoop waardasies van die eiendom nodig het, want die regulasies bepaal dat ons 'n eksterne waardeerder en 'n interne waardeerder moet h. Dit is waarom ek nooit ten gunste was van die besteding van baie geld aan waardasies nie. Ek dink dit is baie geld wat nie wyslik bestee word nie. Ons moet hierdie saak bespreek.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (mnr C M DUGMORE): Orde! Sal die agb lid asseblief sy toespraak afsluit. Ek is baie gaaf. Sy is tyd is verstreke, maar hy mag afsluit.
*Mnr M LOUIS: Dankie, mnr die Voorsitter. Ek wil net aan die hele departement en die agb Minister s dat hulle ons enorme ondersteuning en passie vir hierdie departement moet verstaan.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Voorsitter, ek sluit my graag aan by wat die agb lid wat my voorafgegaan het hier genoem het. Hy het gelukwense oorgedra aan die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme. Ons wil die agb Minister ook bedank vir die leiding en visie wat hy openbaar in die departement ten opsigte van besigheidsbevordering. Ons is trots op hom.

Ek wil my ook aansluit by wat die agb lid mnr Louis ges en my daarmee vereenselwig, naamlik dat inkomstegenerering vir ons baie belangrik is. Die verkoop van bates is nie ons oplossing nie.

Ek bedank ook graag mnr Du Preez, me Platzky en mnr Slabbert. Ons is aan hulle baie dank verskuldig vir die reuse-werk wat hulle in daardie departement verrig. Die agb Minister het 'n uitstekende bestuurspan in sy departement en hy het duidelik daarin geslaag om toe te sien dat die sakesektor in die Wes-Kaap met vertroue en optimisme kan uitsien na die toekoms.

Die doelwitte is goed uitgespel. Die opvolgaksies lyk belowend. Die entrepreneurs en nyweraars het nou genoeg ruimte om hul planne in werking te stel. Die wyse waarop besigheidsbevordering saam met die gewildheid van die Wes-Kaap as toerismebestemming vorentoe bemark kan word, is verblydend en kan net groot voordeel inhou vir die Wes-Kaap. Ek wens die agb Minister geluk daarmee.

Die Wes-Kaap het nie 'n ryk skat van minerale rykdom nie. Sy rykdom is gele in sy goed geskoolde arbeidsmag, sy kundigheid, sy natuurrykdom en sy verskeidenheid van toerisme-attraksies, asook sy intensief ontwikkelde landbouaktiwiteite.

Die onlangse verhoging van die diesel- en petrolprys, en die gepaardgaande heffing van vyf sent, sal ook die ekonomiese bedrywighede in ons provinsie benvloed. Boonop het die rand die afgelope maand of twee nie goed gevaar teenoor die dollar en die pond nie. Ons uitvoervrugte het darem 'n positiewe bydrae gelewer tot die verbeterde Wes-Kaapse ekonomiese groei.

Desnieteenstaande hierdie negatiewe aspekte daar buite, bly ons as Wes-Kapenaars positief en optimisties. Waarom? Omdat ons hier in die Wes-Kaap 'n regering het wat omgee vir sy mense en moeite doen om die Wes-Kaap te laat werk, ondanks die negatiewe kritiek wat so dikwels uit die opposisiebanke na ons geslinger word.

Die werkloosheidsprobleem lyk na die mening van die Nuwe NP nog steeds na die grootste uitdaging in die Wes-Kaap. Hoewel die Wes-Kaapse Regering - ook die nasionale Regering - nie per se 'n vervaardiger is of kan wees nie, is hy die klimaatskepper, en moet dit bly. Hy moet dit te alle tye as sy plig beskou om 'n provinsiale stelsel te ontwerp waarbinne vervaardigers in die nywerheidsektor aangemoedig word om hulle toe te spits op plaaslike produkvervaardiging en om sodanige produkte uit te voer.

Ek pleit vir volgehoue entoesiasme en die toenemende en duidelike bemarking van plaaslike nywerheidsprogramme in die hele Wes-Kaap met die oog daarop om buitelandse entrepreneurs en nyweraars te lok. Dit was vanoggend verblydend om te verneem van die programme wat die agb Minister reeds in gedagte het. Kortom, ek pleit vir 'n eie invoervervangings- en uitvoeraansporingsprogram waarmee ons buitelandse entrepreneurs met entoesiasme na die Wes-Kaap kan lok.

Ek bepleit dus 'n gekordineerde, eenvormige nywerheidsprogram tussen Besigheidsbevordering en plaaslike regerings in die Wes-Kaap, wat nie net die Metropool insluit nie, maar ook die platteland. Sodanige nywerheidsprogram moet voorsiening maak vir aansporingsmaatrels volgens elke nywerheidsektor se besondere eienskappe sodat elke nywerheid tot sy volle potensiaal kan ontwikkel. Sodanige gekordineerde program se belangrikste doel is om waardevolle buitelandse valuta te spaar deur invoervervanging en uitvoer te bevorder, en sal ook baie belangrike nuwe werkgeleenthede in die Wes-Kaap kan skep.

Die Wes-Kaapse koalisieregering het hom daartoe verbind om 'n sterk en gesonde ekonomie te bou en te ontwikkel. Die sakeplanne wat ons ter insae gehad het, dui aan dat ons hierdie uitdagings aanvaar.

Die agb Minister het ook gevra wat die klint daar buite soek. Hy soek kwaliteitprodukte en geloofwaardigheid. Die klint wil 'n geloofwaardige diens h. Dit s vir my dat ons in die Wes-Kaap ons huis in orde moet kry waar dit nog nie so is nie.

Die skepping van welvaart en die verbetering van die lewenspeil van mense is vir ons belangrik om stabiliteit en vrede in die Wes-Kaap te verseker. Daarom is die Nuwe NP ook dankbaar - hoewel nog nie tevrede nie - dat ons 'n werkloosheidsyfer van 14% het teenoor die nasionale werkloosheidsyfer van nagenoeg 37%.

Tegniese opleidingsprogramme - aangebied deur die tegnoparke en institute - wat daarop ingestel is om die vervaardigingsektor in die Wes-Kaap te stimuleer, is prysenswaardig. Dit is verblydend dat die agb Minister ook vanoggend ges het dat daar vorentoe op finansile gebied na hulle omgesien moet word.

Die tekstiel- en klerebedryf gaan deur 'n moeilike fase, maar ons sal ook moet kyk na ander vervaardigingsbedrywe soos vlekvryestaal, yster en staal, en miskien ook na chemies verwante bedrywe. Die Nuwe NP is positief oor die uitvoerpotensiaal van die vervaardigingsbedryf in die Wes-Kaap.

Ek wil benadruk dat daar wel iets is wat my bekommer, en dit is die rompslomp wat ons nog van provinsiale kant ervaar. Vandaar my versoek vir 'n gekordineerde nywerheidsprogram in oorleg met die plaaslike owerhede. My ondervinding met entrepreneurs en nyweraars is dat hul grootste kopseer juis is die rompslomp wat hulle moet verduur wanneer hulle wil investeer.

Ek weet die Provinsie het 'n paar jaar gelede - agb lede moet my reghelp - 'n rompslomp-ondersoek gehad. Ek dink dit was oudminister Heunis wat dit gelei het. Ek wil graag weet hoe ver ons is met die implementering van sekere van daardie aanbevelings. Terloops, ek sal baie bly wees as iemand vir my kan s watter van daardie aanbevelings al gemplementeer is. Indien die agb Minister my nie kan antwoord nie, sal ek seker maar die vraag op die Vraelys moet plaas om uit te vind hoe ver ons met di saak is.
Ek is baie bly dat daar op 'n volgehoue grondslag kontak behou word met buitelandse besoekers deur die agb Minister, die departement en die staande komitee om die klimaat te toets en die nyweraars te oortuig dat die Wes-Kaap 'n goeie beleggingsklimaat het en 'n goeie plek is om in te bel.

Desnieteenstaande al hierdie ontwikkelings, moet ons Afrika nie afskeep nie. Indien die Wes-Kaapse Regering nog nie 'n Afrika-lessenaar het nie, glo ek hulle moet spoedig daaraan aandag gee. Kordinering met die privaatsektor in die Wes- Kaap wat met Afrika handel dryf, sal ook bydra tot gunstige verhoudinge met ander provinsies in Afrika. Trouens, ons is van Afrika. Ons is hier gebore en geto en ons weg na Europa loop deur Afrika. Ek s dit as 'n trotse Wes-Kaapse Afrikaanse Afrikaan van Suid-Afrika.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, dit is aangenaam om na die agb lid mnr Gelderblom op te staan - veral na sy slotopmerkings.

Ek wil graag die personeel van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme se departement bedank, hoewel dit baie goed sou wees om 'n meer verteenwoordigende groep hier te sien, veral me Nhlumayo, gegewe dat toerisme so 'n aktuele saak is.

Ek wil ook graag die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Sake bedank, en s dat ek met hom saamstem oor die behoefte aan internasionale reise. Ek probeer egter steeds 'n verduideliking kry waarom ons in die duurste hotel in Ierland moes bly, en waarom daar verskille is oor die bedrag geld wat mense ontvang - en sommige mense in werklikheid uit hulle eie sak moes betaal. Ek sal die stryd egter elders stry, en ek sal dit bly stry.

Ek wil ook graag die agb Minister bedank, maar in 'n opbouende gees wil ek aan hom te kenne gee dat daar 'n verskil is tussen 'n toespraak waarin kritieke politieke sake geopper word, en 'n vorderingsverslag. Hy het 'n vorderingsverslag skyn te gee wat, soos ons weet, nagenoeg 'n uur en 'n half geduur het. Dit was baie jammer dat daar slegs een agb Minister in die Huis was terwyl hy gepraat het. [Tussenwerpsels.] Ek is nie seker wat om daarvan te dink nie, maar moontlik, aangesien Tony Leon hulle "rubbish, pathetic and a hollow shell" genoem het, veronderstel ek dit is moeilik om in 'n situasie te leef waar jy moet luister na hoe 'n lid van daardie selfde party praat.

Me die Voorsitter, die voortdurende verwysing deur die agb Premier se departement na die kennisekonomie sonder enige inhoud, demonstreer in daardie Kantoor 'n ekonomie van kennis, eerder as enige gedetailleerde begrip van hierdie Wes-Kaapse ekonomie.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Waarom gaan u nie ... [Onhoorbaar.]

*Mnr G R STRACHAN: Ek sal. Dit is dalk simptomaties dat dit eintlik die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme is wat leierskap aan die koalisieregering bied, en dit is baie jammer dat die res van die Kabinet moet gaan.

Ek is ook baie bly dat die agb Minister wegbeweeg het van die onwerklike gedagte van 'n kennisekonomie, en begin s het wat ons reeds geruime tyd aan hierdie kant van die Huis s. Die Wes-Kaapse ekonomie is hoogs gediversifiseer. Die grootste enkele kategorie van ekonomies aktiewe mense, 18,5%, is in die oorlewingsektor, en die sleutelsektore vir arbeidsopname is toerisme, landbou, vervaardiging, konstruksie en 'n verskeidenheid dienste.

Tussen 1994 en 1998 het werkskeppingsgroei in daardie sektore voorgekom, hoewel daar in die jaar tot Julie 1999 'n afname was. Daar is ongetwyfeld strukturele veranderings in daardie sektore aan die gang, en die agb Minister het daarna verwys. Daar is 'n toenemende vraag na hor geskoolde arbeid en 'n mindere vraag na ongeskoolde arbeid. Dit beteken nie, en daar skyn uiteindelik 'n erkenning hiervan te wees, dat ons uitsluitlik, of byna uitsluitlik, op die "sonsopkoms"-sektore moet fokus nie.

Me die Voorsitter, dit is interessant om daarop te let dat Peter Coyle, 'n Ierse konsultant - en die agb Minister en die Kabinet het met hom te make gehad - verklaar dat daar 'n behoefte aan dringende en behoorlike navorsing en die ontwikkeling van 'n nywerheidstrategie oor tradisionele sektore is. Ek verwelkom die agb Minister se aankondigings vandag ten opsigte van die tekstielbedryf.

Die sleuteluitdaging is om transformasie oor 'n bre spektrum sektore aan te spreek, en erkenning daaraan te verleen dat die agro-nywerheid en toerisme sentraal is en van kritieke belang is vir groei en werkskepping. Dit moet 'n sleutelbeleidsdoelwit wees om groter werksekuriteit in hierdie sektore te bevorder. Ons moet op ons sterkpunte en voordele bou, insluitende die moontlikhede wat in die kennisgebaseerde sektore bestaan.

Dit is egter jammer en betreurenswaardig dat die agb Minister so lank geneem het om dit te erken en daarop te reageer, maar wat aangekondig is, moet verwelkom word.

Me die Voorsitter, dit is interessant dat die agb Minister nie op enige formele wyse praat van die inisiatiewe wat hy geneem het oor die impak van die SADC-, EU- en WHO-handelsonderhandelings en -ooreenkomste nie. Hy het kortliks verwys na die geleenthede van daardie instellings in die niche sektor in landbou, en die enorme bedreigings. Die agb Minister het gepraat oor die bedreigings vir sitrusboerdery; ons het baie meer detail nodig en daar moet 'n ondersoek en 'n beleidsraamwerk daarvoor wees.

Tony Leon s dat inklusiwiteit by Nature's Valley stop. Die agb Minister het vir 'n sosiale kompak en nie-partydige benadering tot ekonomiese ontwikkeling gevra. Ek is nie seker dat hierdie allesinsluitende frase kan werk nie, en ek sal later verduidelik waarom. Ons aan hierdie kant van die Huis sal die agb Minister oor sleutelinisiatiewe ondersteun. Hierdie sleutelinisiatiewe sluit die Cape Gateway-projek en The Open Skies in, en die waagkapitaal-inisiatiewe wat deur die Departement van Handel en Nywerheid vir al drie die Kaaplandse provinsies gedryf word. As daar enigiets is wat ons daar kan doen, wil ons dit graag doen. Baie van die formulerings word in die toerisme Groenskrif aangetref. Ek stem nie saam dat dit in stryd met nasionale beleid is nie; trouens, baie daarvan is uit nasionale beleid geneem.

Peter Coyle s, in teenstelling met Tony Leon, dat die visie vir 'n bre reeks belangegroepe aanvaarbaar moet wees en, bowenal, hoop moet gee. Is die visie vir 'n bre reeks belangegroepe aanvaarbaar, en gee dit hoop? Ek wil dit bevraagteken. Ek wil s dat swart bemagtiging steeds 'n toevoeging is. Dit word nie genoem nie en, in ooreenstemming met die visiedokument oor die kennisekonomie - waar dit genoem word - is dit eenvoudig 'n toevoeging. Dit word nie in die institusionele raamwerk vervat nie, en dit het 'n ernstige uitwerking op 'n reeks ander sake, insluitende drank, waarby ek binnekort sal kom.

Me die Voorsitter, Wesgro, wat die agb Minister tereg gelukgewens het, kry minder as die helfte van sy befondsing van die Provinsie. Die KMR en die Nuwe NP het Wesgro deurlopend ondersteun, maar die bydrae van hierdie Provinsie is minder as die helfte van Wesgro se begroting. En dan het ons 'n beledigende situasie in SKOF waar 'n lid van die departement s, "Ons hou dit soos 'n wortel." Ons is nie seker of dit 'n nuwe vorm van prestasiebeoordeling of teikening of wat is nie, maar ons vind dit beledigend. Die vraag moet gevra word, en dit moet herhaaldelik gevra word: waarom is daar nie beter finansile ondersteuning vir Wesgro nie?

Benewens die feit dat die Kaapstadse konvensiesentrum nie verteenwoordigend is van die mense van hierdie provinsie nie, wil ons weer vra: is daar 'n konflik van belange in die konvensiesentrum? Kan individue die besonderhede van hotelle langs die konvensiesentrum bespreek wanneer hulle self finansile belange in die toerismesektor het?

Peter Coyle praat van die gebrek aan kordinasie in hierdie Provinsie, insluitende die gebrek aan nasionale regeringsbetrokkenheid in die institusionele raamwerk van hierdie Provinsie. Ons moet wegbeweeg van die gedagte dat hierdie Provinsie 'n ekonomiese eiland is; daar moet uitdrukking daaraan verleen word deur die betrokkenheid van die nasionale Regering verder as die Khula-inisiatief waarna verwys is.

Me die Voorsitter, geen mate van hoogdrawende regs- en konstitusionele gepraat kan die skuld van die agb Minister oor die kwessies van die Drankwet wegneem nie. Nagenoeg 50 000 swart en kleurling-sjebienhandelaars is ongeregistreerd. Soos ges, die maatskaplike koste vir die Provinsie is enorm. Dit is die agb Minister wat ten koste van hierdie sektor van ons ekonomie 'n stryd gevoer het. Elke dag funksioneer 50 000 van ons onwettige operateurs; 1 500 operateurs het die Drankraad om die registrasie van drankafsetpunte gevra.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Wat s die gemeenskap?

*Mnr G R STRACHAN: Ter inligting van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, daardie struktuur is onverteenwoordigend en dit hanteer drankaansoeke op die ou manier. [Tussenwerpsels.] Ons weet dit, en ons het daarna geluister toe die agb Minister nie hier was nie, en ons stem daarmee saam. Waarmee ons nie saamstem nie, is dat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme die proses geblokkeer het om te verseker dat daardie ongeregistreerde sjebiens by die belastingnet ingetrek word, onder behoorlike polisiring staan en om te verseker dat mense wat onder die ouderdom is nie daardie sjebiens gebruik nie.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Die gemeenskap wil dit gesluit h.
*Mnr G R STRACHAN: Absoluut, ons stem saam. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Waarom wil 'n mens dit dan registreer?

*Mnr G R STRACHAN: 'n Mens moet di wat ingevolge die wet geregistreer moet word, registreer, en die ander sluit. Moenie u onkunde ten toon stel nie; dit is belaglik.

Me die Voorsitter, daar is diskriminasie in die banksektor. Ondanks die feit dat Khula onderskrywing verskaf, is die banksektor besig om swart en kleurlingentrepreneurs te "redline" - ek het 'n hoop daarvan op my tafel. Wat s die agb Minister daarvan? Waarom is daar rassisme in die banksektor, en wat doen hy daaromtrent? En wat doen hy oor nasionale regeringsinisiatiewe? Is die probleem nie hier nie? Waarom verwys die agb Minister nie eens daarna nie?

Me die Voorsitter, wat die vryhawe betref, wat ek meen die agb lid mnr Silke ... [Tyd verstreke.]

*Mnr A R WINDE: Me die Voorsitter, dit is vir my aangenaam om te praat na die opkomende "Tony Leon groupie"! [Tussenwerpsels.]

*Mnr G R STRACHAN: Die opkomende?

*Mnr A R WINDE: Opkomende!

*Mnr G R STRACHAN: Ontluikend uit wat?

*Mnr A R WINDE: Wel, dit verdof uit die rooi! [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, dit is vir my aangenaam om vandag tot hierdie debat toe te tree. Ek wil graag die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme en sy departement gelukwens met die uitstekende Begroting en bydrae wat hulle tot die ekonomie van die provinsie maak.

Uit die voorlegging in die Goue Boek onder die opskrif "Vooruitsigte vir die Jaar 2000-01" skyn dit dat die agb Minister en sy departement dit moeilik sal h in hierdie boekjaar. Benewens hulle dag-tot-dag funksies skyn die formulering van nuwe beleid een van hulle vernaamste doelwitte te wees. Ek wens hulle almal met hierdie inisiatiewe geluk, en ek is seker dit is die kulminasie van baie maande se harde werk.

Soos dit nou staan, lyk dit of die Staande Komitee oor Ekonomiese Sake, onder die voorsitterskap van die agb lid mnr Louis, ook baie werk sal h met wetgewing en beleid wat realiseer.

Me die Voorsitter, die verskillende beplande beleid waarna die agb Minister verwys het, is die ontwikkeling van beleid en die inisiring van wetgewing om maatrels in te stel om verbruikers teen onbillike sakepraktyke te beskerm, insluitende die instelling van 'n verbruikerstribunaal in die provinsie; die voorbereiding van 'n drankbeleid, waarop ek later sal terugkom; die fasilitering en formulering van beleid oor doeltreffende eiendomsbestuur, en programme vir ekonomiese ontwikkeling tussen departemente en regeringsfere; en die fasilitering en administrering van die ontwikkeling van beleidstrategie en regulatoriese raamwerk vir toerisme in die Wes-Kaap.

Terwyl ek na toerisme verwys, wil ek in sy afwesigheid vir dr Fabricius, asook die toerismesektor van die departement, gelukwens met die uitstekende week lange kursus wat hulle aan die Universiteit van Stellenbosch aangebied het. Dit is moontlik gemaak deur openbare/private vennootskap en bemagtig die publiek regstreeks om by die hoofstroom-toerismemark betrokke te raak.

Me die Voorsitter, 'n ander beleid waaraan die agb Minister sal werk, is die ontwikkeling- en administrasiebeleid rakende sakeregulasies in die provinsie. En laaste maar nie die minste nie, die beplanningsbeleid vir die bevordering van buitelandse handel en belegging om handels- en uitvoerondersteuning veral aan opkomende uitvoerders te verskaf.

Ek wil egter op een beleid konsentreer, naamlik die beplande drankbeleid. Hierdie beleid, tesame met wetgewing om vervaardigers en verkopers van drank te lisensieer en te reguleer, sal sekere wanbalanse in hierdie bedryf begin aanspreek.

Ek s dit in die konteks van die wangebruike rondom baie onwettige tavernes en sjebiens en, mag ek byvoeg, daar is ook wettige tavernes waar daardie wangebruike voorkom.

'n Vriendin van my, me Annie Rhodes van Hornlee in Knysna, woon oorkant een van hierdie tavernes. Sy en haar gesin ly grootliks as gevolg van die voortdurende doef-doef en heeltemal te harde kopstampende musiek wat 24 uur per dag sewe dae per week gehoor word.

Me die Voorsitter, dit is byna onmoontlik om 'n normale gesprek in haar sitkamer te voer, of vir haar kinders om te studeer met die musiek wat so oorverdowend is. As dit 'n fabriek sou wees, sou die vakbonde die bestuur voor 'n nywerheidshof gedaag het omdat hulle die voorgeskrewe geraasbesoedelingsvlakke oortree.

Benewens die geraas, moet Annie saamleef met die besope en afstootlike individue wat gedurig buite haar huis is, en sy het ook te make met die onwettige dwelmhandel wat op haar drumpel plaasvind - om nie te praat van die messtekery of vuisgevegte by tye nie.

Baie minderjarige jeugdiges bestee hulle tyd in en rondom die taverne deur openlik te drink en dwelms te gebruik. Annie is bekommerd oor haar kinders en wil weet waarom 'n taverne soos hierdie toestemming verleen kan word om binne 'n residensile gebied te opereer.

Die probleem rakende hierdie besondere taverne is dat dit een van drie wettige tavernes binne die Hornlee residensile gebied is, en dat die eienaar daarvan die broer van die ANC burgemeester is. [Tussenwerpsels.] Wanneer klagtes deur die stadsraad ontvang word ... [Tussenwerpsels.] ... oor hierdie taverne, ...

*Me T ESSOP: Jy moet iets doen Hennie! [Tussenwerpsels.] Hennie, doen iets!

*Mnr A R WINDE: ... en daar is talle klagtes, verdwyn die eenvoudige net, en s die raadslede, "Daar is niks wat ons kan doen nie, dit is 'n wettige taverne." Die polisie skyn ook nie die tyd of infrastruktuur te h om klagtes van hierdie aard te hanteer nie, terwyl daar dringende probleme soos verkragting en moord is.

Wanneer die nuwe drankbeleid geformuleer word, moet plaaslike bestuur aan boord kom betreffende die advertensiestelsel wat tans gebruik word by die hersonering van eiendomme vir sakedoeleindes binne residensile gebiede.

Indien toestemming aan 'n operateur verleen word om 'n drankafsetpunt binne 'n residensile gebied te bedryf, moet daar aan streng rels voldoen word, waarvan die belangrikste is die afdwing van handelsure, respek vir die ouderdomsbeperkings en instemming om nie die verkoop van onwettige middels vanaf die perseel te duld nie.

Dit kan slegs verwesenlik word met die totale ooreenstemming van die omliggende gemeenskap om as polisiemanne op te tree, en die ooreenstemming van die onderskeie entrepreneurs wat volle verantwoordelikheid moet aanvaar vir die sakeondernemings wat hulle bedryf. Hulle moet verstaan dat 'n klagte van die bure, of 'n oortreding van die neergelegde wette, daartoe kan lei dat hulle taverne gesluit word.

'n Voorbeeld van hoe hierdie stelsel van gemeenskapsamewerking suksesvol kan wees, is The Forester's Arms in Nuweland. Die eienaars van die instelling weet dat as hulle die aandklokrel oortree, die plaaslike inwoners sal sorg dat hulle onmiddellik gesluit word.

Ons moet kommunikeer met die mense wat tans ly as gevolg van die feit dat daar tavernes naby hulle huise is en vir hulle s dat hulle die mag en die ondersteuning van die Provinsiale Regering het om 'n einde te bring aan die onwettige gedrag en misbruik.

Dit is slegs deur die lisensiring van hierdie instellings dat die owerhede beheer sal kan afdwing. Sou 'n drankgroothandelaar betrokke wees by die verkoop van produkte aan 'n onwettige onderneming, sal daardie groothandelaar op sy beurt sy of haar lisensie verloor.

Me die Voorsitter, hierdie is medium- en langtermynoplossings, en terwyl dit plaasvind, ly die mense van die provinsie, soos Annie in Knysna, en die baie ander Annies in elke residensile nedersetting reg oor die Kaap.

Ek doen 'n beroep op die ANC om hulle huis in orde te kry waar hulle openbare verteenwoordigers het wat burgers van die provinsie ter wille van wins uitbuit, en waar hierdie openbare verteenwoordigers verbintenisse met hierdie soort onwettige en immorele handel het.

Me die Voorsitter, openbare verteenwoordigers moet verantwoordelikheid aanvaar vir die welsyn van die mense wat hulle verteenwoordig.

Voordat ek afsluit, wil ek graag my gelukwense aan die agb Minister oordra vir die instrumentele rol wat hy gespeel het om die konvensiesentrum in hierdie stad tot die stadium te kry waar dit nou 'n werklikheid is en nie net 'n droom nie. [Tyd verstreke.]
*Mnr R WILLIAMS: Me die Voorsitter, dit is nogal senutergend om na sulke skerp kritiek op die agb Minister deur die agb lid mnr Winde te praat. [Tussenwerpsels.] Ja, dalk moet ek op daardie wyse voortgaan.

Die oorwegende indruk wat ek vandag uit die toespraak van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme gekry het, is dat hy die vermo om krediet te neem vir ander se werk en inisiatiewe tot 'n fyn kuns ontwikkel het. Een ding wat uitgestaan het, is die kwessie van die toerismebewusmakingsprogram by skole. Soos ek verstaan, was dit 'n inisiatief van MTN waarby die departement net aangehaak het.

*Ek is ook in die versoeking om van my voorbereide toespraak af te wyk om te reageer op sommige van die wollerige argumente wat deur die agb lid mnr Winde oor die dranklisensiringsprosesse aangevoer is, maar ek sal daardie versoeking weerstaan.

Me die Voorsitter, die groeipotensiaal van toerisme in Suid-Afrika word algemeen erken. Dit blyk baie duidelik uit die Witskrif op die Ontwikkeling en Bevordering van Toerisme wat in 1996 deur die nasionale departement gepubliseer is en ook uit die World Travel and Tourism Council se verslag van September 1998. Die Wes-Kaap behoort geen uitsondering te wees wanneer dit kom by die groeipotensiaal van toerisme nie. Die agb lid van die Karoo, mnr Gelderblom, het verwys na die geweldige goeie natuurbronne wat ons het en ook ander faktore wat tot hierdie groei kan bydra. Daar is egter geen waarborg dat toerismegroei volhoubaar sal wees nie, en nog minder dat die toeristebedryf die dryfveer of stimulus vir ekonomiese groei in die geheel kan wees.

Om die doelwitte van volhoubaarheid en die aandrywing van die ekonomie en maatskaplike heropbou en ontwikkeling te bereik, moet sleutelbeleidsoogmerke en -strategie gevolg word. Die Groenskrif wat die departement opgestel het, bevat belangrike beleidsoogmerke en -strategie en ons stem hoofsaaklik saam daarmee. Ons tevredenheid spruit nie bloot daaruit dat die beleid en strategie in wese ooreenstem met die Witskrif wat deur die nasionale departement opgestel is nie. Ons is tevrede dat dit lyk asof daar in hierdie stadium 'n gesindheidsverandering in die departement is. Ek dink 'n mens moet krediet daarvoor gee.

'n Mens moet ook krediet gee aan die mense in die departement, en ek gaan 'n paar noem, naamlik dr Laurine Platzky en ook, veral wat toerisme betref, me Carol Nhlumayo. Dit is baie jammer dat sy vandag geen erkenning gekry het van die agb Minister of van enige van die ander sprekers nie, vir die baie goeie werk wat sy gedoen het en die monumentale taak wat sy aangepak en met groot bekwaamheid afgehandel het, naamlik die Groenskrif. Dit is jammer dat die agb Minister nie vir haar die krediet gegee het nie en dat sy nie eens vandag hier is om dit aan te hoor nie.

Die vraag is of die agb Minister en die koalisie die grondliggende ingesteldheid het om toe te sien dat die mooi planne, wat toerisme betref, uitgevoer word. Daar is baie duidelike tekens dat die agb Minister en hierdie Regering nie di ingesteldheid het nie. Een van hierdie aanduidings was die agb Minister se antwoord op 'n vraag wat ek vroer gevra het oor die samestelling van plaaslike toeristeburo's en wat die agb Minister beoog om te doen om dit meer verteenwoordigend te maak. Die agb Minister se antwoord was dat goeie internasionale praktyk dikteer dat hy sy hande van hulle moet afhou. Die gevolg van die agb Minister se houding sien ons nog daagliks in die uitsluiting van sakelui en toerisme-operateurs uit die voorheen benadeelde gemeenskappe. Op enkele uitsonderings na, word hulle eenvoudig nie daar verteenwoordig nie.

Wat is die uitwerking daarvan? Een van die funksies van plaaslike toeristeburo's is die bepaling van plaaslike bemarkingsbeleid en -strategie, en dit sluit onder meer in die samestelling van plaaslike bemarkingsmateriaal. Omdat die benadeeldes en ontluikende toerisme-operateurs en sakelui nie verteenwoordig word nie, word hul belange grootliks gegnoreer.

Dit hoef niemand te verbaas dat dit so is nie. Kom ons vergeet vir 'n oomblik van die rassevooroordeel wat nog steeds in hierdie buro's hoogty vier. Daar word ges, "As ons hulle toelaat, gaan ons vergaderings nie meer betyds begin nie en hulle sal wil vergadering hou wanneer ons by die see wil gaan ontspan gedurende die skoolvakansies." Met di "hulle" word natuurlik bedoel die swartmense, in die generiese sin. Kom ons vergeet vir 'n oomblik van hierdie soort rassisme wat daar nog is en dink net aan hul ekonomiese of finansile belang wat dikteer dat hulle nie maklik kompetisie gaan toelaat nie. Dit is blote wensdenkery van enigiemand om te dink dat die gevestigde belange in die toeristebedryf kompetisie en ander mense gaan verwelkom indien daar nie regulasies is wat hulle verplig om dit te doen nie.

Ek dink nie 'n mens kan die agb Minister van wensdenkery beskuldig nie, so jy moet die rede vir sy houding op 'n ander plek gaan soek. Daardie rede is gele in die spierkragtige liberalisme wat die agb Minister en sy party aanhang - 'n liberalisme wat net die ekonomiese en maatskaplike spierkragtiges bevoordeel en geen plek het vir di mense wat sukkel nie.

Om my punt te illustreer, wil ek verwys na die akkommodasiegids wat die agb Minister so goedgunstiglik in ons pakkie geplaas het. Ek wil net verwys na die Stad Tygerberg se akkommodasie-instellings wat daarin geadverteer word. Onthou, Khayelitsha is nou deel van Tygerberg. Daar is nie een van die gastehuise wat nou in Khayelitsha hul verskyning maak wat in di gids geadverteer word nie. Nou gaan die agb Minister vir my s, "Ja, maar die mense betaal daarvoor." [Tussenwerpsels.] Ek kon dit aanvaar het, maar ten tyde van 'n werksessie in Somerset-Wes laat verlede jaar was daar 'n voorlegging oor hoe ons die ontluikende operateurs kan betrek en hoe ons dit vir hulle makliker kan maak om lid van toeristeburo's te word. Daar is ges daar gaan gekyk word na ledegeld en sulke dinge.

Ek weet dit is op die agb Minister se program, maar wat daar uitgekom het, is dat die aanbieder spesifiek ges het daar gaan raadpleging wees met die bestaande toeristeburo's. Wie dien is in die bestaande toeristeburo's? Dit is nie die opkomende entrepreneurs nie. Dit is die gevestigde belange wat daar verteenwoordig is. Soos ek reeds aangedui het, gaan hulle beslis nie opkomende entrepreneurs in hul geledere verwelkom nie. In die eerste plek is dit kompetisie en in die tweede plek is hulle nog bevooroordeeld ook. [Tyd verstreke.]

*Mnr E ISAACS: Mnr die Voorsitter, die Wes-Kaap het 'n wreldwye speler in 'n hoogs mededingende mark geword en die sukses wat bereik is, is positief. Sukses bring egter sy eie uitdagings en verantwoordelikhede.
Die provinsie moet na 'n tweede fase in sy evolusie as 'n bestemming vir toerisme beweeg, anders sal die momentum wat as gevolg van die Olimpiese Bod en nuwe projekontwikkeling geskep is, verlore gaan. Die tweede fase van ontwikkeling sal sektorale verbintenisse tussen toerisme en die handel, sowel as verbintenisse tussen Kaapstad en die res van die provinsie, skep. Die krag van die produk moet bevorder, versterk en gekommunikeer word as die Wes-Kaap met groot internasionale bestemmings soos San Fransisco, Miami, Sydney en Perth wil meeding.

Die toekomstige uitdaging is om te bou op die sukses wat verwesenlik is ten einde 'n wreldklas toerismesektor in die Wes-Kaap te skep, sowel as 'n sentrum van uitnemendheid, nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir die hele Afrika. Die verantwoordelikheid is om hierdie doelwit te verwesenlik met behoud van die juweel waarop hierdie geleentheid gegrond is - die natuurlike omgewing.

Die Wes-Kaap het 'n 28%-aandeel van Suid-Afrika se toeristemark. Vergaderings, konvensies, konferensies en uitstallings is potensieel belangrike markte vir Suid-Afrika. Die oopstelling van die Internasionale Konvensiesentrum in Durban het die posisie van Suid-Afrika in hierdie mark versterk. Kaapstad is ook 'n uitstekende sentrum en kan 'n sterk wreldwye speler word as voorstelle om 'n konvensiesentrum te ontwikkel, realiseer.

Daar is oor die afgelope paar jaar baie publisiteit verleen aan 'n paar megaprojekte wat met die Wes-Kaapse toeristebedryf verband hou. Dit kan f deur die openbare sektor befonds word, soos die voorgestelde R300 miljoen konvensiesentrum wat vir die Kaapse Metropool beoog word, f dit kan privaatsektorgedrewe wees, soos die Century City-temapark. Dit is deel van 'n R3,6 miljard ontwikkeling deur Monex, en dit kom reeds van die grond af.

Met klein- en mediumgrootte ondernemings wat so dominant in die Wes-Kaap is, sou 'n mens verwag dat die oorgrote meerderheid nuwe investerings en uitbreidings plaaslik of nasionaal befonds sal wees eerder as dat dit uit buitelandse bronne sou kom. Buitelandse belegging hou grootliks verband met die groter hotelprojekte, sommige van die megaprojekte en infrastruktuur-ontwikkelings, en internasionale "franchise"-verbandhoudende beleggings. In hierdie stadium maak buitelandse investering in die Wes-Kaap se toerismesektor beswaarlik 10% tot 15% van die totale investering in hierdie sektor uit. Trouens, selfs in die geval van etlike van die groter hotelle word die grootste deel van die kapitaal plaaslik of nasionaal gemobiliseer en hou slegs die bemarking en die bestuur met internasionale firmas verband. Ondanks die oorheersing van plaaslike beleggings, bied die Wes-Kaapse toeristebedryf ook aansienlike ruimte vir buitelandse klein- en medium-grootte firmas wat darem belangstel om tot die ontspanningsektor toe te tree.

Suid-Afrika se gewildheid as 'n internasionale toeristebestemming groei steeds. Afrika se gewildste bestemming spog met 'n jaarlikse groeikoers van 15% in oorsese aankomste oor die afgelope dekade. As gevolg van die baie natuurlike bates, sowel as die blootstelling wat deur middel van Kaapstad se Bod vir die 2004 Olimpiese Spele verkry is, het die Wes-Kaap selfs hor groeikoerse as die nasionale gemiddelde ervaar.

Me die Voorsitter, vergun my om die verskille tussen die gemiddelde duur van verblyf van plaaslike besoekers en internasionale besoekers aan Kaapstad te beklemtoon. Die gemiddelde duur van 'n besoek aan die Wes-Kaap vir plaaslike besoekers was 9,5 nagte in 1996, wat 50% meer is as die nasionale gemiddelde van 6,2 nagte. Die gemiddelde internasionale besoeker het 7,8 dae in Kaapstad bestee. Internasionale sakebesoekers bly gewoonlik korter as 2 weke, en het 'n gemiddelde daaglikse uitgawe van meer as R600. Gemiddelde uitgawe op 'n besoek aan die Wes-Kaap deur plaaslike besoekers was R189 per dag, 36% meer as die nasionale gemiddeld.

Me die Voorsitter, ek wil afwyk van daardie inligting en 'n paar opmerkings maak in verband met die argument rakende dranklisensies. Die agb Minister en die Departement van Gemeenskapsveiligheid was instrumenteel in hulle steun aan die SAPD oor hulle klopjagte op onwettige sjebiens op versoek van die gemeenskappe. [Tussenwerpsels.] Ongelukkig het so baie van hierdie instellings ... [Tussenwerpsels.] ... ANC-lid verbintenisse en dit maak ... [Tussenwerpsels.] ...

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde!

Mnr E ISAACS: ... volgehoue wetstoepassing moeilik. [Tussenwerpsels.]

Alkoholmisbruik is die enkele grootste vernietiger van families en veroorsaak onnatuurlike sterftes in die Wes-Kaap. Maar die ANC wil al die sjebiens vir ekonomiese bemagtiging wettig. [Tussenwerpsels.] Die nuwe nasionale wetgewing sal eenvoudig die pleidooie van die gemeenskap, kerke en skole ignoreer, en ook die inset van die polisie. Niks hiervan hoef in aanmerking geneem te word nie. [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde!

Mnr E ISAACS: Me die Voorsitter, ten slotte, die samestelling en funksionering van die Wes-Kaapse Toerismeraad moet hersien word om die nie-statutre aard van streektoerismeorganisasies in die Wes-Kaap te weerspiel.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek het onlangs die voorreg gehad om genooi te gewees het om deel te neem aan 'n Global Knowledge II-konferensie wat gesamentlik deur die Maleisiese Regering, die Wreldbank en die UNDP aangebied is. Dit was uiters opwindend om blootgestel te gewees het aan internasionale debat oor die kwessies rakende die kennissamelewing en die kennisekonomie. Ek het gedink om van hierdie geleentheid gebruik te maak om die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme oor daardie internasionale debatte in te lig.

Die sleutelpunt op die agenda was kwessies wat hoofsaaklik gehandel het oor die ontmagtiging en die groeiende verdeling tussen Noord en Suid ten opsigte van kennisekonomie - die inligtingverdeling, die probleme van toegang en verbindbaarheid en, trouens, die definisie van "kennissamelewing". Baie het by daardie konferensie die gedagte betwis dat 'n mens van 'n kennissamelewing kan praat en het ges dat ons eerder van kennissamelewings moes praat. Hulle het ges die erkenning van plaaslike inhoud en inheemse kennis moet in die raamwerk van die ontwikkeling van die gedagte van kennissamelewings ingebring word.

Die gedagte van e-handel wat, so veronderstel ek, sonder kritiek deur hierdie agb Minister aanvaar is, moet baie ernstig in volle besonderhede oorweeg word. Die bedreiging wat e-handel vir nasiestate inhou, veral in die ontwikkelende wreld, moet ondersoek word. Dit onts nasies klaarblyklik die vermo om inkomste te laat oploop en sleutelontwikkelingsake aan te spreek, en het ook 'n baie ernstige impak op plaaslike sakeondernemings.

'n Groot saak wat baie deelnemers by daardie konferensie genoem het - trouens, die meeste van hulle - was dat die grootste uitdaging vir die kennissamelewing en die kennisekonomie was om armoede in die wreld doeltreffend aan te spreek deur die gebruik van ICTs. Ek glo dit is ook 'n sleuteluitdaging vir hierdie besondere agb Minister. Trouens, die gee van inhoud aan sy visie en sy strategiese doelwit vir 'n kennisekonomie moet onderskraag word deur die gedagte van mensgedrewe tegnologie. Dit moet gedrewe wees deur die feit dat dit ook in hierdie provinsie gerig is op ontwikkeling en armoedeverligting. [Tussenwerpsels.]

Ek wil verder gaan. As die agb Minister mooi vra, en as sy vingerete werklik goed is, sal ek hom al die dokumente van die konferensie gee wat ek tot my beskikking het. [Gelag.] Ek glo dit gaan werklik belangrik wees. Trouens, ons kan lank gaan sit en dan sal ek hom alles daarvan vertel. Ek glo baie opreg daarin om die inhoud van die strategiese doelwit wat hy aangebied het, te ontwikkel.

Laat my 'n aantal van die kwessies identifiseer wat ek regstreeks uit die agb Minister se Begrotingsrede wil opper. Ek wil kommer uitspreek - dit is reeds deur die agb lid mnr Strachan gedoen - oor die kwessie van die finansiering van Wesgro. Ek het hierdie besondere vrae ook in die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe gevra. Ek glo baie ernstig dat die agb Minister iets moet doen om die bedrag wat hierdie Provinsie tot Wesgro bydra, te verhoog. Baie van die suksesse wat die agb Minister gedentifiseer het, het plaasgevind as gevolg van die baie harde werk van Wesgro as 'n instelling, en ons wil hulle daarmee gelukwens.

In daardie verband wil ek ook graag praat oor die agb Minister se inisiatief rakende institusionele herstrukturering, soos wat hy dit genoem het. Ek wil die agb Minister ook waarsku dat as daar met die POR in hierdie Provinsie weggedoen word, ons 'n fundamentele fout sal begaan. Terwyl die ander instellings gemik is op die bevordering van ekonomiese groei, meen ek die POR is baie goed geplaas om die ontwikkelings- en maatskaplike sake nie net suiwer uit 'n ekonomiese groeiperspektief aan te spreek nie. Hulle bring by ons bestek as 'n regering 'n klein vennootskap in tussen die burgerlike samelewing en die Regering en die sakebedryf, wat ek glo nie deur enige van die ander instellings in 'n brer raamwerk gewenaar word nie. Ek glo werklik die agb Minister moet nie 'n proses dryf waarin sy institusionele herstrukturering beteken dat die POR 'n baie ontydige dood sterf nie. Ek wil h die agb Minister moet daardie besondere saak aanspreek.

Ek gaan nie die kwessie van drank en dranklisensies hanteer nie. Ek dink almal het dit gedoen. Die agb Minister moet verantwoordelikheid aanvaar en die saak baie vinnig dryf, want die agb lid mnr Strachan het al die maatskaplike probleme en die maatskaplike gevolge van daardie saak geopper.

Ek wil 'n ander saak beklemtoon wat ek in SKOF geopper het, en dit gaan oor die informele handelaars. Terwyl ons daarvan kan praat om die ekonomie te laat groei, weet ons - dit word internasionaal aanvaar - dat KMMOs en, veral, die informele handelsektor inderdaad 'n baie groot groeisektor in enige ekonomie verteenwoordig, maar die departement het geen beleid daaroor nie. Die enigste terrein waarop hulle informele handelaars hanteer, is sakeregulering, of die regulatoriese aspek.
Ek glo die agb Minister moet die inisiatief neem en kyk na wat tans gebeur in die geval waar plaaslike owerhede beleid in daardie verband ontwikkel. Ons is baie trots om te s dat ons weet dat ander plaaslike owerhede die inisiatief geneem het en begin kyk het na 'n gentegreerde, gekordineerde benadering tot beleidsontwikkeling rakende die bevordering van die informele handelsektor. Dit is 'n sleutelsektor, en die agb Minister kan nie daarvoor blind wees in sy algehele ekonomiese visie vir die Provinsie nie.

Die agb Minister het natuurlik baie oor die bevordering van KMMOs ges, en daar is steeds baie werk wat op hierdie terrein gedoen moet word, veral ten opsigte van die bemagtiging van swartmense en vroue in hierdie provinsie. Ons wil die detail van die agb Minister se plan sien. Ons wil die resultate sien, deurdat wanneer hy van werkskepping en die groei van nuwe sakeondernemings praat, ons wil hoor wat met veral swartes en vroue in hierdie provinsie gebeur.

Me die Voorsitter, ek wil afsluit. Ek is nie seker hoe laat dit is nie, want dit kom my voor dat die horlosie vandag problematies is. Die agb Minister het baie tyd gehad en ons het baie min tyd. [Tussenwerpsels.] Ek wil aankondig dat die ANC proaktief die inisiatief sal neem om binnekort 'n alliansieberaad oor werkskepping en werksekuriteit te hou. Agb lede kan die pers vir detail dophou. Tweedens, ons sal as die ANC aanhorings oor rassisme in die werkplek hou.

Hierdie gebeurtenisse sal klaarblyklik baie belangrike inisiatiewe aan die kant van die ANC wees. Ons sal ons bevindings oor daardie dinge aan die agb Minister deurgee, en ons sal klaarblyklik opbouende betrokkenheid met die Ministerie h oor die kwessies wat by die beraad oor werkskepping en werksekuriteit, sowel as in die aanhorings oor rassisme in die werkplek, geopper word.

Ons wil die agb Minister vir sy werk bedank en, in die besonder, die departement en al daardie statutre liggame wat hierdie Ministerie ondersteun. Hulle het werklik goeie werk gedoen - behalwe, natuurlik, dat ek nog steeds wag om van die Toerismeraad te hoor wat hulle prestasiemetings is. Ek het daardie besondere aanhoring misgeloop. Hoe dit ook al sy, geluk.

Ons sal krities - die agb Minister kan natuurlik op ons staatmaak - met die Ministerie in gesprek tree wanneer ons voel dat dit oor sekere aspekte tekortskiet. Ons sal hulle natuurlik gelukwens waar hulle sukses behaal. Die agb Minister - verskoon my, die toekomstige Minister - Strachan ... [Gelag.] ... het reeds die agb Minister met daardie bepaalde aspekte gelukgewens. Ons sien, natuurlik, uit na ons wisselwerking met die agb Minister.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid me Essop weet natuurlik dat sy nog twee minute oor het.

*Me T ESSOP: Mag ek my twee minute gebruik ...

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Nee, die agb lid mag nie. [Gelag.]

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Me die Voorsitter, mag ek u toespreek? Net ingeval ons daarvan beskuldig word dat ons uitstap, wil ek die Huis in kennis stel dat sommige van ons na 'n vingerete om 12:30 op die eerste vloer genooi is. As ons sou loop, is dit om daardie afspraak na te kom. [Tussenwerpsels.]
*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, laat my die agb Leier van die Opposisie daaroor gerusstel - ek meen dit is die konvensie dat daar nie met bediening begin sal word voordat die gasheer opgedaag het nie. Ek doen aan die hand dat hy 'n bietjie wag voordat hy na die eerste vloer toe marsjeer.

Ek wil agb lede vir hul bydraes bedank. Ons het 'n goeie, gesonde debat gehad. Wat dit bewys, is dat hoe meer 'n mens openbaar wat jy doen, hoe meer kan jy debatte van hierdie soort h. Deursigtigheid laat minstens kritiek toe, en dit is wat ons wil aanmoedig.

Ek wil eerste die kwessie van die teenwoordigheid van lede van die Kabinet in die Huis behandel. Ek verwag in werklikheid nie dat enige lid van die Kabinet, behalwe ek, hier moet wees nie. Dit is die konvensie in die nasionale Parlement dat wanneer hulle komiteebesprekings van hierdie aard het, die ander lede van die Kabinet nie daar is nie; hulle het werk om te doen. Die debat is eenvoudig tussen die verantwoordelike lid van die Kabinet en die lede van die Huis. Ek sou heeltemal tevrede wees as dit inderdaad die situasie is en geen ander lid van die Kabinet hier was nie, want anders sou dit hulle twee of drie weke lank besig hou. [Tussenwerpsels.] Ek weet die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning was baie gretig om weg te kom.

Ek wil nou kom by die bydrae van die agb lid mnr Louis. Ek is jammer dat die agb lid mnr Strachan nie tevrede was met sy besoek aan Ierland nie.

*Mnr G R STRACHAN: Ek is baie tevrede ... [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER: Hy is self tevrede, maar nie namens ander nie. Ons sal die probleme probeer aanspreek. [Tussenwerpsels.]

Die agb lede me Essop en mnr Louis het gewys op die uiterste waarde daarvan dat besluitnemers aan tendense in die internasionale gemeenskap blootgestel word. Ek sal 'n bietjie later sommige van haar opmerkings hanteer.

Die opmerking oor optiese vesel deur die agb lid mnr Louis is absoluut van kritieke belang. Die dilemma wat ons het, is dat Telkom 'n monopolie in Suid-Afrika het. Trouens, daardie monopolie duur tot 2002 en dan het hulle die opsie om dit vir 'n verdere jaar te verleng.

*Mnr G R STRACHAN: [Onhoorbaar.] ... privatisering. Southern Bell wil dit h.

*Die MINISTER: Juis. Dit is 'n statutre reg en ons kan nie daarmee inmeng nie, maar ons, in samewerking met die Cape Information Technology Initiative, tree met Telkom in gesprek - ek het reeds - om te kyk hoe hulle kan lewer op die visie wat ons het. Hoe meer kompetisie 'n mens het, hoe beter. Die Cape On-Line-projek begin hierdie sake baie doeltreffend aanspreek.

Ek kom nou by belastingaansporings en die opmerkings wat die agb lid oor belasting gemaak het. Daar is 'n nuwe stel aansporings wat deur die nasionale Regering voorberei word, wat binnekort met ons sal wees. Daar is groot voordele in belastingaansporings, maar daar is soms ook groot nadele daaraan verbonde. 'n Mens vind dat as belastings slegs vir 'n bepaalde tyd geld, beleggers tussen jurisdiksies rondspring. Hulle vestig hul maatskappy in 'n bepaalde land vir die duur van die termyn, en wanneer hulle klaar is, onttrek hulle alles en vestig hulle in 'n ander land. 'n Mens moet baie sensitief wees met die hantering daarvan.

Ek wil my egter identifiseer met die agb lid se bedenkings oor kapitaalwinsbelasting. Hulle het dit in Duitsland probeer en moes dit laat vaar. Vir baie mense word dit as 'n ontmoediging vir buitelandse investering gesien, en ek dink ons moet baie bedag daarop wees in hierdie land.

Wat infrastruktuur betref, het die agb lid belangrike aspekte van vervoer genoem. Ek kan maar net amen daarop s. Ons hoop dat veral in die binnestad die Internasionale Konvensiesentrum-projek 'n katalis vir die oplossing van sommige van daardie baie moeilike probleme sal word.

Baie agb lede het na Wesgro verwys. Die punt is goed gemaak. Ek het samesprekings met Wesgro oor die saak gehad. Ek dink eenvoudig, van hierdie Regering se kant gesien, dat ons nie net moet hou by die ooreenkoms wat enkele jare gelede voor my tyd aangegaan is nie, maar dat ons in werklikheid aansienlik verder as dit moet gaan. Ons sal dit beslis doen.

Ek wil nou by die SA vryehandelsooreenkoms kom. Dit is iets wat ek voorheen genoem het. Dit is 'n projek waarmee ons in hierdie stadium besig is. Dit sal deurgevoer word en ons sal opleiding in hierdie verband h.

Wat die artikel 28-sertifikate betref, dink ek die agb lid ken die Provinsie net so goed soos ek. Ons kan 'n perd by die water bring, maar nie laat suip nie. Dit is die dilemma. As die Regering kan ons vir die burokrate al die toepassings gee, maar ons kan nie die werk vir hulle doen nie. Hulle moet nog steeds die werk doen. Ek dink die agb lid het selfs simpatie met ons in ons dilemma.

Oor PPPs wil ek die volgende s. Ons het klaarblyklik 'n hele aantal PPPs waaraan ons werk en ons ontwikkel ons vaardighede in hierdie verband, maar lynfunksiedepartemente het ook verantwoordelikhede om dit te doen. Groote Schuur en Elsenburg is albei gevalle waar ons werk vir lynfunksiedepartemente verrig. Ons het dit genisieer en ons sal dit beslis bly doen.

Wat die oudit van huur betref, dit is in werklikheid afgehandel. Die dilemma was bloot dat die Merlin-stelsel nie vir die bestuur daarvan geskik was nie en ons moes dus 'n ander stelsel koop, die MBA-Eiendomsbestuurstelsel, om dit te bestuur. Die oudit is in werklikheid gedoen. Dit is net hoe ons ons bestuur gebruik wat toepaslik is.

Ek kom nou by die agb lid mnr Gelderblom. Hy het baie duidelik uitgewys dat die bates van die Wes-Kaap nie in minerale l nie, maar in sy natuurskoon en veral in sy mense. Ek kan miskien 'n kontroversile punt maak en s dat die Wes-Kaap aan die begin van die 21ste eeu gesend is omdat hy nie minerale rykdomme het nie. Wreldwyd daal die kommoditeitspryse en al die ekonomie wat op primre bedrywe fokus, gaan agteruit. Ons moes dus ander kundighede ontwikkel, en ek dink dit staan ons op hierdie stadium in baie goeie voordeel.

Die agb lid het redelik omvattend gekyk na nywerheidsprogramme vir die hele Wes-Kaap. Ek stem met hom saam oor uitvoerbevordering. Ek kan egter nie met hom saamstem oor invoervervanging nie. Wat ons moet onthou, is - en ek het dit aanvanklik genoem - dat die produksiestelsel wreldwyd genternasionaliseer is. Met ander woorde, 'n mens vind dat verskillende komponente van een produk in verskillende dele van die wreld vervaardig word. 'n Land kan nie langer invoervervanging doen; dit is iets wat net nie meer kan gebeur nie. Ons moet onsself posisioneer om 'n aantreklike produksiesentrum van hierdie wreldwye netwerk te wees. Op daardie manier sal ons vorder. Die feit is dat dit, in die bedrywe waarin ons spesialiseer, iets is wat dwarsoor die Wes-Kaap gedoen kan word en nie net in die Metropool nie. Die platteland se komponent daarvoor is dus baie sterk.

Wat aansporingsmaatrels betref, kan ek net "amen" s. Ons kan dit konstitusioneel doen. Ek dink befondsing is die enigste probleem op hierdie stadium, omdat daar so geweldige baie druk op sosiale dienste in die Provinsie uitgeoefen word, wat op sy beurt die ekonomiese sektor verswak.

Die agb lid mnr Gelderblom het gepraat van die rompslomp aan die provinsiale kant, en het na die Rompslomp-kommissie onder voorsitterskap van Chris Heunis verwys. Dit het gegaan oor rompslomp in die beplanningsafdeling. Hy kan vir die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning verder daaroor uitvra. Ek het ongeveer drie maande gelede probeer om 'n afskrif van daardie verslag in die hande te kry, om te sien of ons nie iets daaraan kan doen nie. Ek sukkel nou nog om 'n afskrif van die verslag te kry, ongeag enigiets anders. [Tussenwerpsels.] Hy kan die pot roer, daarmee stem ek definitief saam.

Ons probeer natuurlik as 'n ander inisiatief om 'n paar van die probleme met die eenstop-winkel te begin aanspreek. Dit is ook vir die provinsie 'n baie groot prerogatief.

Agb lede sal sien dat een van nege doelwitte van die Provinsie en al die departemente is om ons bande met Afrika te versterk. Ek het met Wesgro daaroor gepraat net toe ek Minister geword het, so twee jaar gelede. Hulle was toe reeds besig, en is nou baie sterk gevestig, om die bande te versterk. Hulle het 'n wonderlike publikasie, Cape Africa, wat ek by agb lede sal aanbeveel. Die feit is natuurlik dat 26% van die Wes-Kaapse uitvoere in 1998 na Afrika gegaan het. As 'n geheel is Afrika ons grootste handelsvennoot, en ek dink dit is baie positief. Ek bedank die agb lid vir sy bydrae.

*Ek kom nou by die agb lid mnr Strachan. Hy het ons sy ondersteuning gegee ten opsigte van baie van die terreine waarmee ons gemoeid is. Ek bedank hom beslis daarvoor.

Ek wil 'n punt bespreek wat die agb lid me Essop ook hanteer het, en dit is 'n punt wat ek voorheen in die Huis behandel het. Ons aanvaar dat 'n revolusionre verandering in die wreldekonomie soos hierdie positiewe sowel as negatiewe gevolge het. Een van die negatiewe gevolge is die ongelooflike ontwrigtende uitwerking wat dit op plaaslike ekonomie het. Dit is waarskynlik een van die moeilikste sake om te hanteer. Ek wil die punt van die agb lid me Essop regstreeks hanteer. 'n Mens het 'n keuse. Of 'n mens kies mure, f jy kies paaie. 'n Mens probeer f 'n muur om die ekonomie bou en dit beskerm, f jy aanvaar die nuwe situasie. Ons kan dit nie doen nie. Die nasionale Regering - en ons ondersteun hulle ten volle - volg 'n pad van wreldwye interaksie.

Dan het 'n mens net een keuse. 'n Mens moet paaie aanpak, maar dan moet jy regstreeks en proaktief die herstrukturering van jou bestaande ekonomie aanspreek. Ek het dit nou en voorheen hanteer. 'n Mens moet ook klem begin plaas op daardie bedrywe wat in die toekoms werkgeleenthede gaan skep. Ek glo nie ons verskil hoegenaamd in hierdie verband nie. Dit is daardie gesamentlike klem wat ek meen absoluut van kritieke belang is.

Die agb lid mnr Strachan het na Tony Leon se inklusiwiteit verwys. Laat my hom net herinner waaroor dit alles gaan; hy het dalk vergeet. [Tussenwerpsels.] Die inklusiwiteitsdebat was oor die feit dat die ANC die koalisievennote in die Wes-Kaap wou dwing om die ANC hier in te sluit, maar die ANC was nie bereid om in ander dele van Suid-Afrika die beginsel van "rasse-inklusiwiteit" te eerbiedig nie. [Tussenwerpsels.] Met ander woorde, die Wes-Kaapse Regering is aangeval dat hy nie rasse-inklusief was nie, terwyl die ANC in die res van die land nie bereid was om daardie beginsel te eerbiedig nie. Laat ons die feite oor daardie saak goed in die o kyk. [Tussenwerpsels.]

Ek wil die kwessie van swart bemagtiging hanteer, want bemagtiging is een van die belangrikste sake waarmee hierdie land te make het. Ek wil dit heeltemal duidelik stel wat ek onder bemagtiging verstaan. Ek verstaan onder bemagtiging om mense wat nie in die verlede geleenthede gehad het nie, teen wie gediskrimineer is en wat as gevolg daarvan gely het, gelyke geleenthede vir vordering in die lewe te gee, waarvan die belangrikste uiteindelik is om 'n werk te kry. Dit is essensieel wat ons onder bemagtiging verstaan.

Dit is waarom die meeste wat hierdie Administrasie doen oor bemagtiging gaan. As ons nie mense opvoed nie, gaan hulle nie werke kry nie. Dit is bemagtiging. As ons nie in hulle fundamentele gesondheidsorg voorsien nie, gaan hulle nie die geleenthede kry en die gesondheid h om daardie geleenthede aan te gryp nie. As die agb Minister van Behuising nie behuising voorsien en daarmee help nie, sal die basiese raamwerk waarbinne mense moet opereer om bemagtig te word, nie daar wees nie. As die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning nie voortgaan om ten opsigte van sekuriteit vir hierdie provinsie te doen wat hy doen met die bietjie wat hy het nie, gaan mense nie die omgewing h wat hulle moet h ten einde dit te kan doen nie. Ons is almal besig om op verskillende maniere daarteen te stry.

Dit is waarom ondersteuning vir kleinsake oor bemagtiging gaan. Kom ons kyk na hierdie brosjure. Ek wil vir die agb lid mnr R Williams s dat dit nie akkommodasiefasiliteite van Tygerberg bevat nie.

'n AGB LID: Jy het die verkeerde een daar beet.

Die MINISTER: Dit is die een waarna ek verwys. Dit is alles bemagtiging en ons sal dit beslis aanspreek.

Die party wat ek ondersteun, en ook hierdie Regering, ondersteun nie 'n vorm van bemagtiging wat mense in plekke en poste plaas wat hulle nie op daardie besondere tydstip kan vul nie. Ons ondersteun dit nie. [Tussenwerpsels.] Ons begin nou ... [Tussenwerpsels.] ... die wrange vrugte in ons publieke administrasie pluk van 'n vorm van bemagtiging wat Suid-Afrikaners fundamenteel ontmagtig.

Laat my vir agb lede 'n voorbeeld gee. [Tussenwerpsels.] Laat ons na armoedeverligtingsgeld kyk wat nie bestee is nie. Dit is ontmagtiging van mense. Laat ons na MIV-geld kyk wat nie bestee is nie.
*Mnr G R STRACHAN: Is dit omdat hulle swart is?

*Die MINISTER: Dit is omdat mense in poste geplaas is waarvoor hulle nie die kapasiteit het nie.

*Mnr G R STRACHAN: Omdat hulle swart is?

*Die MINISTER: Nee! Dit is omdat hulle nie die kapasiteit gehad het nie, ... [Tussenwerpsels.] ... en dit is die wese waarvan ons praat. [Tussenwerpsels.] Hierdie Regering, beslis solank as wat ek vir 'n deel daarvan verantwoordelik is, gaan nie in daardie vorm van bemagtiging spesialiseer nie.

Me die Voorsitter, laat my vir agb lede s wat die belangrikste vorm van ontmagtiging in hierdie land was. Dit is die feit ... [Tussenwerpsels.] ... dat een miljoen mense sedert 1994 hul werk verloor het en dat ons terug is by die indiensnemingsyfers van die 1970s. Dit is ontmagtiging. [Tussenwerpsels.] As agb lede oor ekonomiese ontmagtiging wil praat, wil ek vir hulle s dat die ANC die grootste bydraende faktor tot ontmagtiging in hierdie land geword het. Hulle moet dus nie vir my kom voorskryf nie.

*Mnr G R STRACHAN: Dit is oneerlik.

*Die MINISTER: Dit is nie oneerlik nie.

*Mnr G R STRACHAN: U weet dit is as gevolg van 40 jaar van NP-beheer.

*Die MINISTER: Die agb lid moet nie vir my daaroor kom voorskryf nie.

*Mnr G R STRACHAN: Dit is geheel en al oneerlik.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde! Ons kan die agb Minister nie meer hoor nie. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek is baie bly dat u my wil hoor.

Kom ons praat oor die internasionale konvensiesentrum. Die agb lid mnr Strachan het 'n geldige vraag gevra. Ek het hom in die Huis geantwoord. Hy was nie hier op die dag toe ek die antwoord uitgelees het nie. [Tussenwerpsels.] Nee, hy was nie hier nie. Ek het die antwoord uitgelees en ek hoop ... [Tussenwerpsels.] Nee. Dit is waarom ek weer vir hom gaan s. Die antwoord is eenvoudig dat die internasionale konvensiesentrum 'n maatskappy is en die normale rels van konflik van 'n maatskappy, wat op elke enkele lid van die raad van direkteure van toepassing is, geld ook in hierdie geval. As daar enige kans is dat daar 'n belangekonflik oor 'n saak is wat deur enige van die lede van die raad bespreek word, moet hulle hulself onttrek. Dit is die praktyk. Dit is etlike kere uitgespreek.

*Mnr G R STRACHAN: Het dit gebeur?

*Die MINISTER: Dit het nie gebeur nie vir die eenvoudige rede dat ons met 'n algemene poging besig is om hierdie sentrum aan die gang te kry. Daar is mense uit die privaatsektor wat met uiters waardevolle kundigheid kan bydra wat ons nie wil verloor nie. Daardie mense het bygedra en gaan voort om uitvoerig tot ons debat by te dra.
Me die Voorsitter, ek kom nou by die Drankwetsontwerp. Die agb lid het ges, "Hennie Bester is verantwoordelik om die verandering in die drankbedryf in Suid-Afrika te keer." Net soos ek het daardie agb lid 'n eed geteken om die Grondwet van hierdie land in stand te hou. Dit is wat ek gedoen het, en ek is trots daarop. Die Konstitusionele Hof het ges dat die wetsontwerp ongrondwetlik is. As ons daardie wetsontwerp sou implementeer, sou elke lisensie wat deur die Wes-Kaapse Drankraad toegeken is, in 'n geregshof betwis kon word. Is dit wat die agb lid wou h?

*Mnr G R STRACHAN: En wat het u gedoen om die probleem aan te spreek?

*Die MINISTER: Ek kom daarby. Die agb lid het my aangeval oor my veldtog teen 'n ongrondwetlike nasionale wetsontwerp. Ek sal nie daarvoor om verskoning vra nie, want ek was nie bereid dat die drankbedryf in hierdie provinsie ontwrig word nie. Dit sou ook die agb lid se verantwoordelikheid gewees het as hy 'n Kabinetsminister van hierdie Provinsie was.

*Mnr G R STRACHAN: Omdat hulle blanke "cronies" is! Dit is waarom.

*Die MINISTER: Hoegenaamd nie!

*Mnr G R STRACHAN: Van die 80% van produsente, hoeveel is swart?

*Die MINISTER: Ek kom nou-nou by rassisme.

*Mnr G R STRACHAN: Hoeveel is swart?

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde!

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, 80% van die eienaars van drankafsetpunte in hierdie provinsie is nie blank nie. [Tussenwerpsels.] 'n Mens moet ook daarna kyk.

As die nasionale Minister lank gelede bereid was om te aanvaar dat hierdie wetsontwerp onkonstitusioneel was, sou ons baie verder gevorder het om 'n stelsel in hierdie provinsie te skep wat inderdaad mense in die net sou ingetrek het. Dit is wat ons voor die einde van hierdie jaar gaan doen. Die agb lid, soos enigiemand anders, is welkom om dit aan te spreek en sy inset te lewer.

Wat die huidige Drankraad se gedrag betref, het ek spesifiek by 'n aantal geleenthede versoek dat as daar enige konkrete gevalle van diskriminasie teen mense is wat aansoek doen, dit vir my gegee word. Ek het bykans niks ontvang nie. Trouens, ek kan nie onthou dat ek enigiets ontvang het nie. Wanneer ons dit kry, volg ons dit sterk en kragtig met die raad op. As daar enige gevalle is waar die agb lid 'n probleem met die raad het, sal ek dit hanteer.

*Mnr G R STRACHAN: Die stelsel is verkeerd.

*Die MINISTER: Die probleem met die stelsel is die probleem wat ek vroer verduidelik het. Laat ons twee dinge kontrasteer. Die nuwe Drankwetsontwerp, soos voorgestel deur die nasionale Regering, sou dit bykans onmoontlik gemaak het vir die 156 polisiemanne in die Wes-Kaap om die wet toe te pas, want dit neem die wetstoepassing weg, en gee dit oor aan 'n klein groep inspekteurs wat ons uit hierdie Regering sou moes aanstel. Sou die agb lid wou sien wat met onwettighede sou gebeur? Ons sou 'n erger situasie as nou gehad het. Die agb lid moet baie sorgvuldig na daardie stuk wetgewing gaan kyk.

Me die Voorsitter, betreffende die agb lid mnr Winde se opmerkings oor onwettige afsetpunte, stem ek heeltemal daarmee saam. Ons sal met graagte ... [Tussenwerpsels.] ... na die Hornlee-saak kyk. Ek sal dit ondersoek. Hy moet dit net aan my rapporteer, en ek sal dit graag doen.

Tans is daar selfs 'n probleem met polisiekapasiteit, en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning sal die eerste wees om dit te erken. Ek het 'n probleem in Groenpunt waar ek woon. Gisteraand, toe ek huis toe gery het, was daar 14 prostitute wat vir my gewag het!

*Me T ESSOP: Vir u?

*Die MINISTER: Wagtend op my, as 'n klint! [Tussenwerpsels.] Me die Voorsitter, ek bloos nog steeds oor daardie stuk pad. Wanneer ek die Seepuntse Polisiestasie skakel, wat sogenaamd oorbeman is, s hulle, "Jammer, mnr Bester, dit is nie 'n prioriteitsmisdaad nie", want hulle moet moorde, verkragtings, en so meer, hanteer. Dieselfde geld in hierdie geval. Die agb lid het die ander dag daarop gewys dat ons 'n groot gebrek aan kapasiteit in ons Mag het. Dit is deel van die probleem met hierdie wet. Dit is waarom ons dit moet oorweeg om toepassing van die Drankwet te dekriminaliseer. As groothandelaars drank aan kleinhandelaars verskaf wat ongelisensieerd is, sal ek dit beslis oorweeg om groothandelaars se lisensies weg te neem. Dit is daardie soort meganismes wat ons moet oorweeg by die hantering van die groot probleem van wetstoepassing.

Me die Voorsitter, ek kom nou by die bydrae van die agb lid mnr R Williams. Ek bedank hom vir sy ondersteuning van die Groenskrif. Hy het sy toespraak goed begin deur te verwys na die dinge waarin hy ons ondersteun. Hy het sogenaamd twyfel uitgespreek oor ons bereidwilligheid om dit te implementeer. Hy moet kyk wat gebeur. As hy na die Begroting gekyk het, sou hy reeds die implementering daarvan gesien het.

Hy het 'n redelik snedige opmerking gemaak oor my gebrek aan erkenning aan Carol Nhlumayo. Ek wil vir hom s dat 'n baie groot deel van daardie Groenskrif voorberei is voordat sy as 'n direkteur van die Provinsie aangestel is. Geweldig baie mense het daaraan meegewerk. As ek reg onthou, het die agb lid ons toerisme konferensie by Zevenwacht vroer vanjaar bygewoon, waar ek in die openbaar omvattende erkenning gegee het, ook haar. [Tussenwerpsels.] Ek dink nie daardie soort snedige opmerking is in hierdie konteks enigsins gepas nie. Daar is baie amptenare in my departement, wat baie hard, aan wie ek nie vandag erkenning gegee het nie.

Die agb lid mnr R Williams het toe ongelukkig weer eens die rassekaart gespeel. Hy het ges wanneer dit by plaaslike toeristeburo's of by insette kom, is daar rassevooroordeel.

Me die Voorsitter, ons het die punt bereik waar dit nodig is dat hierdie Regering - en sekerlik van my kant - aan die ANC in hierdie Provinsie moet s dat hulle met hierdie rassekaart 'n perd opgesaal het wat hulle gaan afgooi. [Tussenwerpsels.] Hulle het inderdaad die proponente van 'n nuwe vorm van haatspraak in hierdie provinsie geword. Die strategie van die ANC is baie duidelik om 'n boodskap te versprei ...

Mnr D SILKE: Hy kan dit vertel vir die mense wat uitgesluit is.

Die MINISTER: ... - definitief - dat die witmense in hierdie provinsie teen die res van die inwoners is, en dit is 'n boodskap wat ons oral hoor. [Tussenwerpsels.]

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Ek baklei terug! Die Leier van die Opposisie het met die viering van Menseregtedag 'n brief aan die agb Premier geskryf. Dit is 'n kaal, veragtelike, rassistiese dokument, en ek is geskok is dat iemand wat sy verantwoordelikheid hier moet dra, bereid was om so iets op Menseregtedag uit te stuur.

*Me die Voorsitter, die ANC het die handelaars van haat in hierdie provinsie geword. [Tussenwerpsels.] Hulle breek die nalatenskap van Nelson Mandela baksteen vir baksteen af. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: O nee, baklei u weer terug?

*Die MINISTER: Hulle breek die nalatenskap van Nelson Mandela baksteen vir baksteen af, want sy pogings om versoening ... [Tussenwerpsels.] ... in hierdie land en hierdie provinsie teweeg te bring, breek hulle tot op die grond af. [Tussenwerpsels.] Waarom? Want hulle wil in hierdie provinsie die mag bekom; dit is waarom hulle dit afbreek. [Tussenwerpsels.] Hulle moet nie dink dat ek in die Huis gaan stilbly wanneer hulle die rassekaart kom speel nie, ... [Tussenwerpsels.] ... want in baie gevalle ken hulle nie enige ander taal as rassetaal nie.

*Me T ESSOP: En wat van julle "Veg Terug"-veldtog? [Tussenwerpsels.] Veg terug teen Nelson Mandela.

*Die MINISTER: Die "Veg Terug"-veldtog was nie 'n rassistiese veldtog nie. [Tussenwerpsels.] Dit was 'n veldtog wat daarop gemik was ... [Tussenwerpsels.] ... om te veg teen die ANC se onbevoegdheid in hierdie land. [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde!

Die MINISTER: Me die Voorsitter, die agb lid mnr E Isaacs het goeie opmerkings gemaak oor megaprojekte en oor toerisme, en het ook die noodsaak ondersteun om dranklisensies deeglik af te dwing.

*Die agb lid me Essop het baie opbouende opmerkings gemaak, waarvoor ek haar reeds erkenning gegee het. Sy het ook die beleid van informele handel genoem. Ek wil die agb lid graag in kennis stel dat die beleid oor informele handel ingevolge die Wet op Besighede, 1991 (Wet 71 van 1991), en ingevolge die Grondwet iets is wat plaaslike owerhede moet doen. Ek praat onder korreksie, maar ons het 13 stelle regulasies goedgekeur wat van die plaaslike owerhede gekom het, wat ons moes ondersoek en wat ons gepubliseer het. Ek wil met die agb lid saamstem dat ons na 'n totale beleidsraamwerk kan kyk, maar, om die waarheid te s, ons is vanjaar reeds so toegegooi met beleid dat dit nie iets is wat ons vanjaar sal onderneem nie. Ons kan nie alles tegelyk doen nie, maar dit is beslis op die agenda vir die toekoms.
Me die Voorsitter, ten slotte wil ek s dat ek verstom was om te hoor dat die ANC-alliansie nog 'n werkskeppingsberaad gaan hou. Hulle het twee jaar gelede 'n werkskeppingsberaad gehad. Sedertdien het ons 'n paar duisend werkgeleenthede verloor.

*Me T ESSOP: Dit is 'n provinsiale een.

*Die MINISTER: Die vorige werkskeppingsberaad was nie suksesvol nie. In hierdie een moet hulle op die kwessies wat ek aan die begin van my toespraak aangespreek het, begin fokus.

*Me T ESSOP: Ons sal.

*Die MINISTER: As hulle werkgeleenthede in Suid-Afrika wil skep, moet hulle hul alliansievennoot, Cosatu, begin vasvat. Tensy hulle hulle in toom begin hou, gaan hulle nie 'n omgewing vir werkskepping skep nie.

*Me T ESSOP: Kasty die vakbonde!

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, dit was werklik 'n aangename debat. Ek hou van opbouende kritiek, ...

*Me T ESSOP: Ons hoop dit is 'n aangename middagete.

*Die MINISTER: ... ek hou van 'n goeie geveg, en mag die ekonomie, deur dit alles, floreer in die jaar wat voorl.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

WES-KAAPSE WETSONTWERP OP
REGSTREEKSE LASTE [W6-2000]

(Debat oor Tweede Lesing)

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, daar is nie 'n sprekerslys nie. Ek stel die Tweede Lesing voor.

*Die SPEAKER: Order! Ek verstaan die sprekerslys is teruggetrek.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

Wetsontwerp nie na die Komitee van die Hele Huis verwys nie.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

WERKSAAMHEDE OPGESKORT OM 12:59 EN HERVAT OM 14:17.

Middagsitting

Die SPEAKER: Orde! Volgens die Rels van die Huis gaan die Huis nou oor in Komiteestadium. Ek versoek die Voorsitter van Komitees om die Stoel in te neem.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP [W5-2000]

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 10 - Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme:

Landbou

Die MINISTER VAN LANDBOU: Me die Voorsitter, aan die einde van die sitting wil ek graag die Huis toespreek onder die slagspreuk, "Landbou reik uit/Agriculture reaches out".

*Me die Voorsitter, in die Wes-Kaap verskaf landbou 'n bestaan aan duisende mense in landelike gebiede, en dit kan beskou word as een van die mees gevorderde streke in hierdie verband in Afrika. Dit is hoofsaaklik te danke aan die uitvoeraard van veral die vrugte- en wynbedryf. Ons landbou kan egter nie ontsnap aan die inherente risiko's van die bedryf nie, soos wat duidelik oor die afgelope 12 maande van brand- en vloedrampe gellustreer is. Dit, sowel as die snel veranderende markte, verg die modernste tegnologie om produkte teen markpryse te lewer.

Die Hoofdirektoraat: Landbou het onder uiterste druk daarin geslaag om 'n minimumdiensvlak te handhaaf. Landbou gaan die komende boekjaar nietemin met minstens 150 onbefondste poste binne.

Ek het in September 1999 aangekondig dat die Hoofdirektoraat: Landbou vier sleutelterreine vir die volgende vyf jaar gedentifiseer het, in ooreenstemming met die sleuteldoelwitte van die Wes-Kaapse Regering. Dit is die bevordering van internasionale mededinging; dienste en bystand aan nuwe boere; die bevordering van handearbeid; en die bewaring van natuurlike hulpbronne.

Vandag sal ek die vordering van die Hoofdirektoraat oor die afgelope ses maande op hierdie fokusterreine demonstreer, die probleme wat ons vir die landbou oor die volgende paar maande antisipeer en die uitdagings wat ons aanvaar het. Dit is my opregte hoop dat elke persoon in die Huis aan die einde van hierdie sitting 'n dieper begrip sal h van die kritieke rol wat hierdie bedryf in die lewens van die mense van Suid-Afrika speel.

Die eerste punt waarop ek wil uitbrei, is die huidige faktore in die landbousektor wat in aanmerking geneem moet word. Hoe goed is die huidige winssituasie in die landbousektor van die Wes-Kaap? Ek sal later verwys na die negatiewe klimaatstoestande wat die landbouers oor die afgelope jaar in die gesig gestaar het.

Bedrywe wat veral swaar verliese gely het, was die koring- en garsprodusente in die Suid-Kaap. Wysers dui ook op dalende winsvlakke in 'n hele aantal bedrywe. Ek dink veral aan die koring- en die wynbedrywe, asook aan die sagtevrugte-, appel- en tafeldruifbedrywe in sekere gebiede.

Waarom is dit so? Om di vraag te beantwoord, en 'n strategie te ontwikkel om die probleem te beveg, is dit nodig om te kyk na die teorie van die plaasprobleem, wat veral deur ene Cochran geanaliseer is.

Kom ons kyk na die onstabiele produktemarkte. Die relatiewe hellings van die gemiddelde vraag- en voorsieningsfunksies lei tot 'n situasie waar 'n klein verandering in die hoeveelheid landbouprodukte sal lei na 'n groter proporsionele verandering in die pryse van landbouprodukte. Terselfdertyd weet ons landbouprodukte is afhanklik van omgewingsfaktore en dus uiters blootgestel aan ho risiko's. Dit volg logies dat die volume van die landbouprodukte redelik baie sal varieer en die pryse nog meer. In die huidige wreldmarkte kom 'n bykomende bron van volume-verandering by die reeds onstabiele plaaslike situasie, en dit is die volume-veranderinge in ander wrelddele.

Me die Voorsitter, meganisasie en die groen revolusie is voorbeelde van tegnologiese groei. Op die langer termyn lei dit tot afwaartse druk op die pryse van landboukommoditeite, wat gewoonlik verdof word deur korttermynfluktuasies van landboupryse. Gevolglik geniet die landbouers wat by die nuwe tegnologie aanpas, finansile voordele, terwyl landbouers wat relatief stadig aanpas, min voordele geniet. Finansile druk sal die res van die landbouers dwing om by die nuwe tegnologie aan te pas, of selfs die landbou te verlaat, maar gewoonlik het nuwer tegnologie teen daardie tyd reeds vir 'n nuwe siklus gesorg.

Cochran het hierdie fenomeen die "trapmeule" gedoop. Dit moet onthou word dat die trapmeule globaal is. Die gevolg is dat as ons landbouers nie die eerste is om by die nuwe tegnologie aan te pas nie, daar min voordele vir die provinsiale ekonomie sal wees. Dit is waarom die Wes-Kaapse landbouers 'n wreldklas-ondersteuningsdiens nodig het.

Laastens, beleggingsimmobiliteit as 'n fenomeen verteenwoordig die situasie waar 'n beleggingsbesluit in die landbou dikwels net teen baie ho koste omgekeer kan word. Dit is weens die feit dat daar buite die landbou 'n baie beperkte mark vir landbou-insette is. Kom ek noem 'n voorbeeld. Waarvoor sal 'n mens 'n koringstroper buite die landbou gebruik?

Me die Voorsitter, hierdie manifestasies verteenwoordig die kompleksiteit van ons bedryf. In hierdie land, en meer spesifiek in hierdie provinsie, is dit 'n uitdaging om 'n huwelik te vind tussen voorbly op die globale trapmeule en aan die voorpunt van millenniumontwikkelings, en om terselfdertyd in regeringsdoelwitte, soos werkskepping, te volhard. Die Hoofdirektoraat: Landbou streef daarna om 'n stel oplossings vir hierdie uitdaging te vind en te implementeer op die mees koste-effektiewe manier moontlik en tot die beste voordeel vir al die mense van die provinsie.

Me die Voorsitter, die Food and Agricultural Organization van die VSA is van mening dat as ons die sukses van sommige Asiatiese en Afrikalande in ag neem, regerings ten minste 25% van hul begrotings aan landbou- en landelike ontwikkelingsprogramme behoort te bestee. Die landbou word steeds beskou as die bron van ekonomiese groei in Afrika en die grootste teenvoeter vir hongersnood en armoede. Verder voorsien die landbou 70% van die werkgeleenthede in Sub-Sahara-Afrika.

In die Europese Unie voorsien die landbou werk aan 5% van die bevolking, maar geniet die voordeel van byna die helfte van die Europese Unie se begroting. In Suid-Afrikaanse randterme word daar bykans R300 miljard vir landbousubsidies en -toekennings begroot.

In ons susterprovinsie Beiere word 5% van die begroting aan die landbou spandeer. In die Wes-Kaap vind net 0,67% van die Begroting sy pad na die landbou.

Die 2000-01-begroting is van R77,8 miljoen na R84,7 miljoen verhoog, wat neerkom op 'n verhoging van R6,9 miljoen. In bre trekke is die bedrag soos volg tussen die direktorate verdeel: Administrasie, R10 miljoen; Tegnologie, Ontwikkeling en Oordrag, R37,966 miljoen; Landbou-Ingenieurswese, R24,8 miljoen; en Veeartsenydienste, R11,8 miljoen, wat op 'n totaal van R84,7 miljoen te staan kom.

*Landbou reik na ander lande uit. In ooreenstemming met 'n Kabinetsbesluit vroer vanjaar sal die Hoofdirektoraat omskep word in 'n statutre organisasie onder bestuur van die provinsiale Minister van Landbou. 'n Taakspan kommunikeer tans die belangrikheid van die transformasie aan departementele personeel en betrokke rolspelers. Die span stel 'n implementeringsplan saam en ondersoek finansile implikasies vir voorlegging aan die Kabinet.

Ten einde aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkelings op die gebied van die landbou te bly, en derhalwe bo-op die trapmeul te bly, is ons tans in die proses om 'n aantal gesamentlike projekte met instellings vanuit die buiteland aan te gaan. Nie net het internasionale ervaring getoon dat die koste van tegnologie-ontwikkeling daardeur aansienlik verminder kan word nie, maar dit sal ook daartoe lei dat die mees moderne tegnologie aan die boere beskikbaar sal wees.

Me die Voorsitter, ek berig graag oor die vordering wat gemaak word met konsepwetgewing oor produkte van oorsprong. Die doel van die wetgewing is om 'n bemagtigende en vrywillige raamwerk vir landbouers te ontwikkel waarmee hulle hul produkte kan differensieer. Op hierdie manier kan 'n paar aspekte van die plaasprobleem omseil word. Aangesien tradisionele produkte grootliks aan die orde van die dag is in voorheen benadeelde gemeenskappe, sal die wetgewende raamwerk veral tot voordeel van daardie gemeenskappe strek. Die konsepwetgewing word binnekort vir insette van die publiek gepubliseer.

Me die Voorsitter, op die onderwerp van internasionale mededingendheid wil ek ook graag kortliks kommentaar lewer op die prys van diesel. Suid-Afrika se kompeteerders, soos Australi en Nieu-Seeland, betaal bykans geen belasting op dieselbrandstof nie. In Suid-Afrika betaal ons omtrent 40% van die groothandelprys aan belasting.

Daar bestaan 'n persepsie dat belasting op meganisasie arbeidsintensiewe praktyke sal bevorder. Dit is net waar in gevalle waar 'n kompeterende arbeidsintensiewe produksiemetode bestaan. In die geval van koring bestaan daar nie sulke alternatiewe nie. In die vrugte- en wynbedryf kan meganisasie arbeid nie volkome vervang nie, maar toon eerder elemente van aanvullende produksiefaktore.

'n Rabat op diesel vir plaasgebruik sal dus die kompeterendheid van die plaaslike landbousektor en ook werkskepping verhoog. Dit is my wens dat die landbou binnekort dieselfde voordele as die visbedryf sal geniet.

*Die begroting van Veeartsenykundige Dienste voorsien R8,3 miljoen vir Dieregesondheidsdienste en R3,5 miljoen vir Veeartsenykundige Laboratoriumdienste. Ondanks die geheimsinnige dood van 'n perd in die Malmesbury-distrik vroer vanjaar, het Dieregesondheidsdienste daarin geslaag om Afrika-perdesiekte in die provinsie te beheer. Na die uitbreking het ons veeartse 588 perde teen die siekte ingent. Die kwarantyn op die beweging van die perde is op 15 Maart 2000 opgehef.

In die stryd teen hondsdolheid het ons gratis entstof aan meer as 30 000 katte en honde verskaf deur middel van diere-welsynsorganisasies in landelike gebiede en informele nedersettings. Met die toewysing van R224 000 sal hierdie aksie vanjaar verdere momentum kry.

In 'n poging om die onwettige verkoop van gekontamineerde vleis te beheer, het Veeartsenykundige Dienste 'n veldtog geloods in samewerking met die Kaapse Metropolitaanse Raad om abattoirs in informele nedersettings te vestig. Daarbenewens het ons fondse toegewys om ons mense in informele nedersettings te sensiteer oor die gevare van siektes wat oorgedra kan word deur gekontamineerde diere en hul produkte. Ons het egter meer hulpbronne nodig om hierdie taak doeltreffend te doen.

Me die Voorsitter, die landbou reik uit na nuwe boere. Dit is vir ons 'n saak van erns dat nuwe landbouers suksesvol gevestig word. Hierin sal ons die nasionale Departement van Landbou en Grondsake ondersteun. Ons sal ook gevestigde nuwe boere aan die hand neem, bystaan en oplei om winsgewend te wees.

Ek wil 'n beroep op die nasionale Regering doen om staatsgrond aan die provinsies beskikbaar te stel, sodat opkomende boere so gou moontlik gevestig kan word.

Die MINISTER VAN BEHUISING: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Grondeise moet so gou moontlik geprosesseer en afgehandel word. Oor die afgelope vyf jaar het die Kommissie vir Grondeise Suid-Afrika bykans R75 miljoen gekos. In di tydperk is slegs 785 van die 63 455 eise afgehandel. Teen hierdie tempo sal die proses 40 jaar duur. Dit sal drasties moet versnel. As die grondhervormingsproses in Suid-Afrika te stadig plaasvind, kan die landbouers nie beskuldig word nie, maar sal die nasionale Regering die skuld moet dra.

Dit is lofwaardig om te sien hoeveel inisiatiewe deur die landbouers gegenereer word om hul plaaswerkers te bemagtig. Daarvoor is ek dankbaar, en trots op die landbouers van die Wes-Kaap. Hulle is nie deur wetgewing hiertoe verbind nie, maar doen dit uit hul eie vrye wil.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek wil die besetting van plase in Zimbabwe ten sterkste veroordeel.

Mnr A J WILLIAMS: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Dit is die plig van die Regering om sy burgers en hul eiendom te beskerm. Ek wil 'n beroep op President Mbeki doen om hom in die openbaar hieroor uit te spreek. Menseregte mag nie so geskend word nie.

Mnr J P GELDERBLOM: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Laat ons saam werk om grondhervorming in Suid-Afrika ordelik te laat plaasvind.

Die bemagtiging van nuwe grondeienaars en hulp aan hulle om in suksesvolle landbouers te ontwikkel, is 'n tydsame proses waartoe die Hoofdirektoraat: Landbou hom verbind het. 'n Bedrag van R2,5 miljoen is vir hierdie boekjaar toegeken.

Tyd en ervaring het geleer dat groter suksesse behaal is waar nuwe boere of gemeenskappe ook 'n bydrae maak tot hul eie landbouontwikkelingsprojekte. Ons sal in konsultasie met die gemeenskappe besigheidsplanne opstel, moontlikhede ondersoek vir private vennootskappe en bydraes van gemeenskappe vereis.

*Landbou reik na Afrika uit. Ten einde die vestiging van nuwe boere te versnel, glo ek ons moet uit die ervaring van ander Afrikalande leer. Met dit in gedagte sal 'n Ministerile afvaardiging Botswana, Kenia en Tanzani aan die einde van vandeesmaand besoek. Die afvaardiging sal die betrokke Ministers van Landbou ontmoet, nuwe boerderyprojekte in landelike gebiede besoek en samesprekings voer met ho profiel amptenare wat instrumenteel was in die vestiging van nuwe boere in hierdie lande.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek het ses maande gelede die ontwikkeling van die Doringrivier-Olifantsrivier-besproeiingskema as 'n droomprojek vir hierdie Provinsie aangekondig. Dit het nou die status van 'n provinsiale megaprojek.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ek is trots om te kan s dat ons aansienlike vordering met hierdie projek gemaak het. Die Kabinet sal volgende maand 'n besluit neem oor die toewysing van R3 miljoen vir die ondersoek na verdere scenario's. Die belangrikheid van hierdie skema l in die enorme werkskeppingspotensiaal vir landelike mense wat geraak word en die vestiging van nuwe boere.

Me die Voorsitter, die landbou reik uit na werkloses. Dwarsoor die Wes-Kaap voorsien die Hoofdirektoraat: Landbou werk in die vorm van handearbeid. Vir die 2000-01-boekjaar is R600 000 toegeken vir landelike projekte by Slangrivier, Witwater, Papkuilsfontein, Elim, Suurbraak, Buffelskraal, Haarlem en Oudoop. Hierdie projekte spog met die skepping van werkgeleenthede deur aktiwiteite soos die bou van kontoere, omheining, boomplantprojekte, bewaring en die dreinering van grond.

Werkskepping is die sleutel tot die oorlewing van ons landelike gebiede. Dit is om hierdie rede dat ons inisiatief moet neem en kreatiewe maniere moet vind om handearbeid te skep. Ek het vroer ges die uitdaging van ons bedryf is om 'n stel oplossings te vind vir die paradoks van moderne tegnologie aan die een kant, en werkloosheid aan die ander kant. Die skep van werkgeleenthede soos di wat deur die landelike projekte gegenereer word, is een manier om ons mense met nuwe vaardighede te bemagtig en vir ons mense lewenskwaliteit te verseker.

Die tweede manier waarop ons ons mense kan bemagtig, is deur die wetgewende raamwerk vir produkte van oorsprong. Dit is 'n baie innoverende wyse om die markneigings van die 21ste eeu te gebruik om werkskepping in die landbou te bevorder. Die belangrikste aspek by die bevordering van handearbeid, is om werkgeleenthede te behou en bestaande bronne te bewaar.

Me die Voorsitter, die hoenderbedryf kry baie swaar weens die storting van goedkoop hoendervleis van elders. Sedert 1995 word hoendervleis teen baie lae pryse ingevoer. [Tussenwerpsels.] Die invoerders maak reuse winste, ... [Tussenwerpsels.] Me die Voorsitter, ...

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde!

Die MINISTER: ... ek wil graag h agb lede moet dit hoor. Invoerders maak reuse winste, neem baie min mense in diens en spandeer geen tyd aan die stryd teen siektes, arbeidsonrus, plaasdiefstalle of abnormale weersomstandighede nie.

Baie hoenderplase is onlangs gelikwideer. Op 3 Maart vanjaar is nog 'n hoenderplaas, wat daagliks 42 000 hoenders geslag het, en 1 150 mense in diens gehad het, gelikwideer.

Me die Voorsitter, ek aanvaar die gesondheidsrisiko van rook, op dieselfde manier as wat ons elke dag aan 'n verskeidenheid risiko's blootgestel is. Ek rook nie, maar ek is lief vir my land en sy mense. Ons moet verantwoordelik optree en nie oorreageer nie.

Van die tabakbedryf word op die oomblik verwag om binne die volgende twee jaar teer- en nikotienvlakke na 12 mg te verlaag. Enigeen wat die tyd geneem het om met mense in die tabakbedryf te praat en na hulle te luister, sal besef dat dit nie moontlik is om di perk binne twee jaar te bereik nie. Om die nikotienvlak van tabak te verlaag, is nie 'n kwessie van 'n kraantjie toedraai of 'n skakelaar aanskakel nie. Nuwe kultivars moet ontwikkel word en navorsing moet oor besproeiing en kunsmis gedoen word, en daarmee saam duur dit 18 maande vir die tabakblaar om te verouder.

Die Europese Unie het hul tabakboere agt jaar tyd gegee om hierdie vlakke te bereik. 'n Land soos Griekeland met sy dro klimaat, het sy mense 16 jaar gegee. En ons Regering wil h ons boere moet binne twee jaar daardie vlak bereik. [Tussenwerpsels.]

Elke jaar versamel ons Regering R5 miljard aan belasting uit di bedryf. Meer as 52 000 werkers en 150 000 afhanklikes is in die bedryf betrokke. In die Wes-Kaap alleen verskaf die tabakbedryf werk aan 3 000 werkers in die primre en sekondre sektor.

Me die Voorsitter, as ons voortgaan om hierdie onmoontlike eise aan ons boere te stel, sal ons die bedryf en sy werkgeleenthede in die geheel verloor.

Die landbou reik uit na navorsing. In vennootskap met die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou, die Landbou-Navorsingsraad, Landbou Wes-Kaap en ander bewaringspesialiste, het ons 'n navorsingsprojek van stapel gestuur om die waterverbruik van die vier belangrikste Wes-Kaapse uitvoerprodukte - tafeldruiwe, wyndruiwe, pere en pruime - te moniteer. Die resultate van hierdie navorsingsprojek sal ook gebruik word om nuwe boere by te staan vir meer effektiewe waterverbruik.

*Me die Voorsitter, landbou reik uit na rampgebiede. Ek wil agb lede nie verveel met die ellendes van die landbou nie, maar ek dink nietemin dit is belangrik om daarvan kennis te neem dat boerdery nie 'n bodemlose put is wat vir maatskaplike doeleindes uitgebuit kan word nie. Hierdie feit, sowel as die horisiko-omgewing van boerdery, is duidelik uit verlede jaar se droogte in die Suid-Kaap - en ons het nog nie 'n antwoord op hierdie probleem ontvang nie; die haelskade in die Caledon-distrik; en die onlangse vloede in die Karoo. Daarby is die Wes-Kaapse landbougrond deur brande, uiterste hitte en hael geteister.

Dit is ongelukkig so dat 'n doeltreffende risikobestuurstrategie nog nie in plek is nie. Om hierdie rede werk die Wes-Kaap aktief saam met die nasionale Regering om 'n doeltreffende risikobestuurstrategie te ontwikkel.

Me die Voorsitter, ten slotte, die belangrikste werk wat ons ooit kan doen, is die werk wat ons vandag doen. Die belangrikste geskiedenis is die geskiedenis wat ons vandag maak. Geskiedenis word nie net deur konings en parlemente gemaak nie. Dit is die storie van gewone mense, van hulle liefde, geloof, hoop en smart.

Ek wil die amptenare van hierdie Provinsie bedank, dr Barnard, mnr Du Preez, drr Van Rooyen en Visser en mnre Blomerus, Venter en Niemand, sowel as die personeel op alle vlakke. Die geskiedenis wat hulle skryf, is die suksesstorie van die landbou in die Wes-Kaap. [Toejuiging.]

Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek volg graag op die agb Minister van Landbou. Dit is werklik vir my 'n riem onder die hart om op 'n agb Minister te volg wat sy vakgebied ken en 'n passie het vir die boere, asook vir die nuwe boere wat hulself gaan vestig.

*Ek wil ook graag my dank aan die Departement van Landbou oordra vir die harde werk wat hulle gedoen het. Hulle het nie volkome daarin geslaag om van my 'n boer te maak nie, maar hopelik kom ons stadig daar. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek wil in my toespraak na twee sake verwys. Eerstens, die ACDP wil graag hul simpatie betuig met al die boere wat verliese gely het tydens die vloede en die brande wat ons ervaar het.

Tweedens, ek wil graag die agb Minister ondersteun in sy beroep op President Mbeki om 'n openbare verklaring te doen oor die onwettige besetting van grond in Zimbabwe. Dit was 'n baie eerbare gebaar om dit in die Huis te opper, en ek ondersteun hom in daardie verband. Ek dink dit is baie belangrik.

Me die Voorsitter, ek sal oud-President Mandela se uitlating op 25 Mei 1995 bly herhaal. Hy het by daardie geleentheid ges dat kommersile landbou van die uiterste belang is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, stabiliteit in die land en suksesvolle nasiebou.

*Die Wes-Kaapse provinsie staan bekend as een van die mees stabiele landboustreke in Suid-Afrika. Dit is nie slegs as gevolg van die klimaatseienskappe van die provinsie nie, maar ook as gevolg van die feit dat boerdery 'n ho vlak van sofistikasie bereik het. In die debat oor Ekonomiese Sake het ons oorwegend gepraat oor tegnologie en die rigting wat dit inslaan. Die agb Minister het dit ook in sy Begrotingsrede bespreek.

Me die Voorsitter, hierdie sofistikasie is kan gesien word uit die perspektief van boerderypraktyke, landbouprodukte, menslike hulpbronne en bestuur. Ek sal nooit die analoog vergeet nie wat die agb Minister in sy 100-dag toespraak gemaak het, toe hy die Huis daarop gewys het dat vir elke R1 wat die Provinsiale Regering in die landbou bel, R100 se landbouprodukte verkoop word. Daar is nagenoeg 8 747 boerderyeenhede in die Wes-Kaap, en 1 500 boere uit voorheen benadeelde gemeenskappe, wat 'n totaal van 10 200 boere in die Wes-Kaap beteken.

As inligting van Dosmi in 1994 gekstrapoleer word, sal 'n mens sien dat die bruto inkomste wat uit landbouproduksie ontvang word, nagenoeg R9,8 miljard is, wat 'n gemiddeld van R884 000 per boer is - baie hor syfers in hierdie geval. Dit is waarom ons nie anders kan nie as om te s dat dit vir ons baie moeilik is om 'n lae begroting van R74 miljoen te ondersteun. Ons het dit verlede jaar ges, en ek weet dr Van Rooyen het dit ook ges dat ons besig is om uit die laagte uit te kom. Ek vind dit baie jammer dat ek nog 'n baie klein begroting van R74 miljoen moet onderskryf. Ons hoop dat dit vir die volgende boekjaar baie beter daar sal uitsien, veral as ons kyk na die ekonomiese bedryf waarin die landbou besig is om te ontwikkel.

Me die Voorsitter, die Begroting moet ten doel h om armoede te verlig, werkgeleenthede te skep en seisoenale dienste teen 'n redelike koste te voorsien. Dit is beslis waar daar die ekonomiese potensiaal vir landbou krimp. Wolpryse het met 12,7% gedaal, en melkpryse met 50% in rele terme sedert 1982; en vleispryse daal in die algemeen, terwyl varkpryse met 8,5% in een jaar gedaal het en skaapvleis met 3,4% oor dieselfde tydperk.

Uitvoervrugte ervaar steeds toenemende mededinging uit Suid-Amerika.

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr N M Isaacs): Orde! Die agb Ministers moet nie so hard praat nie. Die agb lid mnr Louis mag voortgaan met sy toespraak.

*Mnr M LOUIS: Boere is onder uiterste druk. Insolvensies groei by die dag, en selfs Al Nio speel 'n baie belangrike rol. Baie mense praat deesdae van El Nio en die effek wat dit op landbou het.

Mnr die Voorsitter, daar is nie meer insentiewe vir boere om meer uitvoergerig te word nie. Daardeur word 'n baie belangrike verdiener van buitelandse valuta in die voet geskiet. Daarmee saam moet ons ook met oorsese produsente kompeteer, wat baie groot subsidies van hul regerings ontvang. 'n Voorbeeld hiervan is skaapvleis uit Australi, beeskarkasse uit Argentini en bevrore hoenders uit die VSA. Die ander lande waarna ons uitvoer, plaas ook nog heffings op daardie produkte.

Belasting op produksiemiddels, soos bakkies, trekkers en vragmotors, het verdubbel, en die kooppryse daarvan dwing die winsgrens al laer af. Die dieselprys is nog 'n voorbeeld. Ons het voorheen daarvan melding gemaak, en die agb Minister van Landbou het ook vandag daaroor gepraat. Die prys van landboudiesel dra ook tot 'n laer winsgrens by. Boere, wat landboudiesel in die produksieproses gebruik en wat daaruit 'n inkomste vir hulself en hul werkers bewerkstellig, asook vir die landbouverwante werkers op die dorp, betaal dieselfde prys per liter diesel as die persoon op die dorp wat sy dieselaangedrewe motor of bakkie vir sy plesier gebruik. As 'n mens die winsgewendheid van boerdery in ag neem is, dit onregverdig. 

Weens hierdie onbuigbare arbeidswetgewing en minimumlone, word boere al meer gedwing na meganisasie en die werkloosheidsprobleem word al groter. Ek wil dit toelig met as voorbeeld 'n wingerdboer van Vredendal, wat ongeveer 30 jaar lank boer. Hy het in die verlede in snoeityd ongeveer 150 werkers in diens geneem, maar het nou 'n snoeimasjien ingevoer. Hy deel my mee dat mense van die dorp verlede jaar vir die eerste keer in sy lewe na hom gekom en gevra het of hulle vir hom snoeiwerk op die plaas kan doen. Di situasie is onaanvaarbaar. [Tussenwerpsels.]

Mnr R J KING: Hoeveel mense se werk word met daardie masjien gedoen?

Mnr M LOUIS: Van watter masjien praat ons nou?

Mnr R J KING: Die Braud-snoeimasjien.

Mnr M LOUIS: Ek terg sommer.

*Mnr die Voorsitter, dit maak dus sin om in 'n sektor te bel wat vir die toekoms kan voorsien, en om die infrastruktuur vir groei binne daardie sektor te voorsien. Groot werkverliese van 40% in die landbou-arbeidsektor dui daarop dat die limiet nou bereik is. Hierdie probleem word in die volgende aanhaling opgesom: "Ek kan nie 'n wins maak nie, ek kan nie gelykbreek nie en ek kan nie uitkom nie." Dit is 'n opsomming van wat die boere moet doen.

Wat kan ons, en veral as Regering, vir die landbousektor doen? Die agb Minister het oor 'n baie mooi tema, "Landbou reik uit", gepraat. Al wat die agb Minister uitgelaat het, is, "Regering reik uit". Wat kan ons as Regering doen om uit te reik? Een manier waarop ons dit kan doen, is deur die Netto Inkomste Stabilisasierekening (Nisa). My siening was nog altyd dat die landbou vanuit 'n ekonomiese oogpunt benader moet word.

*Mnr die Voorsitter, wat is die Netto Inkomste Stabilisasierekening? Nisa is 'n vrywillige stelsel wat boere in staat sal stel - en ek hoop die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning luister - om 'n fonds te stig deur nabelaste inkomste in goeie jare te deponeer ten einde voorsiening te maak vir onttrekkings tydens swak jare. 'n Boer mag 3% van sy toelaatbare netto verkope tot hierdie fonds bydra. Hierdie bydrae sal aangevul word deur 'n ewe groot bydrae deur die Wes-Kaapse Provinsiale Regering.

Rofweg bereken sal hierdie program die Provinsie R40 miljoen in bydraes kos, maar dit sal 'n groot veiligheidsnet vir die Provinsie kan skep. Dit is ongetwyfeld so dat tyd en geld bel moet word om 'n risikobestuurstelsel vir die landbou in die Wes-Kaap te ontwikkel. Terwyl ons hierdie oefening doen, moet ons dalk ook na 'n aftreeprogram vir boere kyk.

Me die Voorsitter, dit het tyd geword dat ons ook vir die boere die sein uitstuur dat ons regtig vir hulle omgee, en dat ons al daardie veiligheidsnette moet span sodat hulle weet dat die Regering nie net in die goeie jare nie, maar ook in die slegte jare na hulle sal omsien. 

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr M LOUIS: Wat doen ons daaromtrent?

*Mnr die Voorsitter, ek wil graag iets oor lae opbrengste s. Boere moet duidelik verstaan dat hul finansile oorlewing afhang van die vermo om die eerste te wees om kosteverminderende tegnologie te aanvaar. Ons rol as Provinsiale Regering is, eerstens, om 'n doeltreffende navorsings- en voorligtingsdiens te verskaf deur die ontwikkeling van 'n Wes-Kaapse landbouontwikkelingsdiens. Die agb Minister het voorheen hierna verwys, maar is dit gemplementeer? Dit sou die landbou in staat stel om mededingend op wreldmarkte te wees.

Tweedens, die opbrengs op regeringsinvestering in tegnologie is hor as dit ontwikkel kan word in samewerking met nasionale en internasionale vennote. Dit is beslis verkeerd dat provinsiale en nasionale navorsings- en ontwikkelingsaktiwiteite daal.

Dit is jammer dat daar 'n 5%-daling in tegnologie is. Ons noem aan die aan een kant dat tegnologie uitgebrei moet word, maar aan die ander kant sien ons 'n 5%-daling. Dit is moeilik om die daling te verstaan.

*Me die Voorsitter, batevasmaking is 'n belangrike deel van die probleem wat aangespreek moet word. Die mees klaarblyklike deel van die oplossing sou l in die ontwikkeling van alternatiewe gebruike van hulpbronne - natuurlik, kapitaal en menslike. Kapitaalvasmaking is 'n probleem wat inherent is in die aard van landbouproduksie. Daar is, byvoorbeeld, baie min alternatiewe gebruike buite die landbou vir 'n stroper. Maatrels kan egter getref word om die probleem te bestuur. Een maatrel kan wees om spesialistoerusting te huur of om bates vrywillig te deel.

Die agb Premier is besig met 'n regionaliseringsprogram met ander streke. Ons koringproduksie het verskillende tydsones, soos die koringproduksiegebiede van die Rens en Mosselbaai. Waar daar alternatiewe gebiede vir koringproduksie is, kan die stropers nie geruil word om die gebruik van ho tegnologie te maksimeer nie? Dit sou veral waardevol wees as dit sou inpas by die program van regionalisering waartoe die agb Premier so vurig verbind is.

Me die Voorsitter, die boere is die enigste groep in die privaatsektor wat gratis huisvesting aan hul arbeiders verskaf. Die boukoste vir die boer se rekening beloop tussen R90 000 en R100 000 per eenheid. Daardie huise word nou 'n las op die plaas, gevolglik word geen nuwe huise gebou nie en ou huise gesloop. As gevolg van wetgewing het die boer nou die wreldse probleme om die werker wat nie meer vir hom wil werk nie, uit die huis te kry. 

Wetgewing het hierdie probleem nie makliker hanteerbaar gemaak nie; inteendeel, wetgewing het dit bemoeilik. Arbeiders verkies om op die plase te bly, maar weens wetgewing en ingryping van bo is die harmonie tussen die werknemer en die werkgewer versteur. Dit is kommerwekkend; dit gaan nie slegs oor behuising nie, maar ook oor die persoonlike verhouding tussen die werkgewer en die werknemer. In daardie verhoudings het spanning ingesluip. Dit strek nie die landboubedryf of die boere tot voordeel nie.
Ons weet van HOP en die Subdirektoraat: HOP-grondhervorming. Ons is baie bly om te hoor van die sukses wat behaal is met die projekte vir die vestiging van nuwe boere by Nelspoort, die grondbenuttingsplan te Elandskloof en die besproeiingstelsel in Brandwacht en Friemersheim.

Landelike Stigting het baie opheffingswerk gedoen. Baie mense leef 'n beter en skoner lewe as voorheen omdat alternatiewe aan hulle gebied is.

Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme behoort die moontlikheid te ondersoek dat staatsgrond vir hierdie projekte gebruik kan word. Dit sal 'n goeie idee wees om die boere van hier projek bewus te maak, en hulle sodoende kan sien dat die Staat bereid is om staatsgrond vir hierdie tipe vestigingsprojekte beskikbaar te stel.

Me die Voorsitter, ten slotte wil ek s dat ons hierdie Begroting ondersteun en die agb Minister alles van die beste toewens vir die jaar wat voorl. Ons sien veral uit na die hantering van die vyf wetsontwerpe wat die agb Minister aan die staande komitee gaan voorl, naamlik die Wet op Landbouontwikkelingsdiens, die Wet op Produkte, die Wet op Vleislisensies, die Wet op Dieresiektes en die Wet op Grondbewaring. Daar l 'n harde jaar voor vir die Staande Komitee oor Ekonomiese Sake en Toerisme.

*Me die Voorsitter, ek wil graag die agb lede van die staande komitee bedank vir hul toewyding en ondersteuning vir my vanjaar, en ek sien uit na hulle voortgesette toewyding in die jaar wat voorl.

Mnr M L FRANSMAN: Me die Voorsitter, die ANC wil erkenning gee aan die inisiatiewe geloods deur plaaslike mense, hetsy boer of werker, munisipale owerhede en die privaatsektor, wat bereid is om aktiwiteite in die landbousektor aan te moedig. 'n Sprekende voorbeeld hiervan is die bewerking van 5 ha meentgrond, in welke geval 'n vennootskap tussen die Munisipaliteit van Vredendal, die Vredendal Boerevereniging en die werkloses gesluit is. 'n Jaar gelede was daar geen vorm van bewerking op di stuk grond nie; nou sien die prentjie heeltemal anders daar uit.

Met samewerking het die Vredendallers bewys dat hulle tamaties en patats kan produseer. Tans is ongeveer 30 voorheen werklose mense by die projek in diens. Die tamatieprys het boonop gestyg, van 'n aanvanklik ooreengekome prys van 30c per kilogram tot R1,50 per kilogram. Die kordineringskomitee is van mening dat tot 120 ton tamaties in die eerste seisoen geproduseer kan word. Die agb Minister van Landbou dra kennis van di projek.

Ek wil 'n versoek aan die agb Minister van Landbou rig. Hy het na die tabakboerdery verwys. Die nasionale proses is daar. Ek wil die agb Minister versoek om saam met my 'n delegasie - ek sal die delegasie lei ... [Tussenwerpsels.] ... - na die nasionale Minister van Landbou en Grondsake te neem, waar ons oor die aangeleentheid kan praat. Daar is geen probleem daarmee om oor die vrese en die bekommernisse te praat en te probeer om 'n middeweg te vind nie. In di verband reik ek dus my hand na die agb Minister uit. [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde!

Mnr M L FRANSMAN: Me die Voorsitter, vervolgens wil ek die hoofbestuur van die Hoofdirektoraat: Landbou bedank vir wat hulle doen. 'n Mens kan sien daar is eerbare mense. Ek besef ook dat die koalisieregering se beleid hulle nie die geleentheid bied om ontwikkeling en opheffing in die landbou tot sy werklikheid te laat kom nie. [Tussenwerpsels.]

Ek kom nou by die konteks waarbinne die landboudebat plaasvind. Sowat 17 miljoen swart en bruin Suid-Afrikaners vind 'n tuiste in Suid-Afrika se landelike gebiede. Eksploitasie en die ontneming van grond deur koloniale en apartheidsregerings het veroorsaak dat die meeste van die landelike inwoners werkloos is of onderbetaal word. Dit is mos so. Daardie Suid-Afrikaners verteenwoordig bykans 'n driekwart van die 50% van die bevolking in Suid-Afrika wat as arm geklassifiseer word. 'n Groot groep van di mense geniet basiese voedselsekuriteit, soos voorgeskryf deur die VN se Voedsel en Landbouorganisasie. Landbougemeenskappe het histories grootskaalse ongelykhede ervaar ten opsigte van behuising, gesondheid en opvoeding.

Die geskiedenis van Suid-Afrika is fundamenteel een van ontneming van grond. Ek wil nie verder daarop uitbrei nie, as s dat die resultaat van di ontneming van grond beteken dat die oorgrote meerderheid bruin en swart landelike inwoners op grond woon wat hulle nie besit nie; gevolglik bly en is hulle afhanklik van wit kommersile boere. Is daar dan van ons wat vandag nog wonder waarom wit kommersile boere suksesvol is? Ons weet tog dit was die gevolg van die ondersteuningsdienste wat deur die apartheidsregering daar gestel was - sagte lenings, subsidies en ... [Tussenwerpsels.] ... belastingvrystellings.

Die noodkreet van die landelike gemeenskap was, en is:

We need land
we need land to grow food on
we need land for our cattle to graze on
we need land for our children to live on
we need land to build houses on
we need land to grow our own gardens on.

Dit is die krete wat vandag nog net so relevant is as voorheen. Die krete word gehoor wanneer die agb Minister van Landbou opstaan en s dat grondhervorming dinamies vinniger moet plaasvind. Die ironie is dat dit sy party en die individue in die DP se leierskorps is wat destyds verantwoordelik was vir die ontneming van grond. [Tussenwerpsels.] Dit is juis hulle wat dinamies ten gunste van die eiendomsklousule gepraat het. Ek is bly dat die agb Minister s ons moet dinamies na grondhervorming kyk.

Kom ons kyk na die strategie van die Wes-Kaapse Regering, gegewe hierdie Begroting. Na 'n indringende analise rakende die Departement van Landbou in die eerste termyn van di Regering, van 1994 tot 1999, asook 'n blik op die huidige Landboubegroting wat die landelike gemeenskap bedien, insluitende die voorgestelde beleid op die vestiging van plaaswerkers, blyk dit sonder twyfel te wees dat die Wes-Kaapse strategie daarop gemik is om die historiese patrone van die landbou te dupliseer. Met ander woorde, ek vind 'n baie sterk ondertoon van 'n eng kapitalistiese landboustrategie, waar aspekte soos die ontwikkeling van opkomende boere en plaaswerkers 'n "add-on" word. "Add-on" is in die Kaapse dialek "byvoeging".

Kom ons kyk na die neigings in die 2000-01-begroting. Ek sal ook 'n paar opmerkings daaroor maak. Ons moet die landbou beskou as 'n area waarin daar gelyklopende wetgewing is. Dit kom voor in Bylae 4 van die nasionale Grondwet, en kan nagevolg word.

Volgens die nasionale Departement van Landbou se Witskrif wat in 1995 uitgebring is, is die sleuteluitdaging om 'n enkele gelyke landbousektor uit twee historiese samelewings daar te stel. Van die riglyne wat ingesluit word, is dat armoede in die landelike gebiede wat met die apartheidsbeleid geassosieer was, natuurlik reggestel moet word; en dat die fokus van gelyke toegang tot alle landboubronne en landboudienste na alle boere uitgebrei moet word, insluitende opkomende boere. Die nasionale Regering het ook onlangs die beleidsneiging getoon om nie net op bestaansboerdery te fokus nie, maar ook op swart kommersile boerdery.

Die ANC ondersteun die vier sleuteldoelwitte van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, naamlik die bevordering van internasionale mededinging, ondersteuning van nuwe opkomende boere, die bevordering van handearbeid en die bewaring van bronne. Ons ondersteun di sleuteldoelwitte, maar ons s dat dit nie genoeg is nie.

As 'n mens die sleuteldoelwitte begin analiseer, is die belangrikste analitiese vraag wat ons ten opsigte van die Begroting moet stel, hoe hierdie Begroting die gaping wat tans bestaan gaan vernou en op 'n meer aanvaarbare vlak bring. Die antwoord is natuurlik dat die ou situasie slegs herhaal word.

Die oorhoofse doel van die nasionale raamwerk sluit in 'n enkele gelyke landbousektor wat nie, soos dit in die nasionale wetgewing gestel word, gereflekteer word in die doelstelling nie. Niks word ges oor 'n enkele gelyke landbousektor nie; nie in die vyfjaarplan nie en ook nie vandag nie.

Ek moet erkenning gee aan die opleiding wat 'n aantal opkomende boere ontvang het, die Land Care-program en die aanstelling van amptenary wat spesifiek opkomende boere bedien. Dit is net jammer dat so min gebeur en dat dit nie binne 'n holistiese, gentegreerde raamwerk plaasvind nie.

Die volgende punt waaroor ek wil praat, is geslagsgelykheid. Die Begroting is baie stil oor die ongelykhede wat tussen mans en vroue op plase en in die landbousektor bestaan. Mans en vroue het gewoonlik spesifieke en verskillende rolle op die plaas en hulle het verskillende behoeftes. As ons daaroor swyg in ons beleidsdokument en in ons Begroting, word dit by implikasie aanvaar dat wanneer ons van opheffing in die landbou praat, ons dink aan die behoeftes van mans en nie noodwendig aan die behoeftes van vroue nie. Die Departement van Landbou se vyfjaarplan ignoreer dus geslagsgelykheid totaal, en sodoende verdiep dit sodanige diskriminasie.

Me die Voorsitter, ek wil net kortliks na sekere punte verwys, want ek moet die tydfaktor in aanmerking neem.

In die provinsiale raamwerk verwys die doelstelling op bl 171 na die "whole community". Die vraag is: wie is die "whole community"? Dit moet noodwendig opkomende boere insluit. Ongelukkig spesifiseer die departement nie wat met "whole community" bedoel word nie. Dit is dus weer eens 'n verskansing, en sal daar nie werklik aandag geskenk word aan vroue, kinders, die landelike gebiede, en so meer, met betrekking tot die kommersile gebiede nie.

As ons kyk na die teikengroep van die Begroting en van die vyfjaarplan wat in September 1999 voorgedra is, blyk dit dat die opheffing van opkomende boere net tot die ou kleurlingreservaatgebiede strek. Ek praat van die Ebenhaesers, en so meer. [Tussenwerpsels.] Die kleurlingreservate, ja. Dit is wat daardie party dit genoem het. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, die voortslepende ontkenning van die rol wat opkomende kleinboere kan speel, sal lei tot die daling in lewenstandaarde op plase, werkloosheid, en so meer. Ek wil egter organisasies, soos die African Famers' Union, die kleinboereverenigings en die NGOs, die versekering gee dat die ANC dit nie ongesiens sal laat verbygaan nie.

Wat die neigings ten opsigte van die Begroting betref, die subprogram, Landelike Ontwikkeling en Opleiding van die 1999-2000-begroting tot die 2000-01-begroting, is gesny met iets soos 58%. Dit wil s, die toedeling van fondse aan di subprogram het drasties gedaal. Di daling ten opsigte van landelike ontwikkeling is die maatstaf om die beleidsrigting van die departement te lees. Beteken dit daar word weg beweeg van landelike opheffing en landelike ontwikkeling na verdere belangrike aspekte, soos dienste en ingenieursdienste? Iewers moet ons 'n balans vind. Dit kom my voor asof di daling 'n beleidsverskuiwing is.

Ons vind 'n totale onsensitiwiteit, en as 'n mens al die genoemde faktore in onskou neem, is dit baie duidelik dat die departement, met die Wes-Kaapse Landbouontwikkelingsdiens en die voorgestelde beleid rakende plaaswerkers, daartoe neig om ons mense verder te verarm met betrekking tot grond.

Me die Voorsitter, verskeie inisiatiewe wat die nasionale Regering daargestel het, moet ons ondersteun. Daar is vandag meer toegang vir kleinboere en opkomende boere tot die Landbank van Suid-Afrika. Ons moet dit natuurlik verder motiveer.

Wat menslike hulpbronne en die topbestuur van die departement betref, word drastiese intervensie benodig. [Tyd verstreke.]

Me A ROSSOUW: Me die Voorsitter, dit is vir my werklik 'n voorreg om aan die landboudebat deel te neem. Ek wil vir die agb Minister van Landbou, wat hierdie portefeulje vir die afgelope nege maande beklee, s dat dit vir ons lekker is om te sien met watter warmte en meelewendheid hy di portefeulje hanteer en ervaar. Ons is seker die amptenare van die Departement van Landbou en die mense wat hy daar bedien, ervaar dit saam met hom.

Me die Voorsitter, dit was vir my lekker om na die agb lid mnr Fransman te luister. Ek het begin wonder of die man een of ander vorm van bekering ondergaan het. Hy het gepraat asof hy begin verstaan waaroor die landbou in die Wes-Kaap gaan.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: Daarna het ek gewonder of iemand anders sy toespraak vir hom geskryf het, want hy kan nie sien wat werklik in die landbou in die Wes-Kaap gebeur nie. Ek wil vir hom vra om na die landbou in die Wes-Kaap met ander o te kyk, want die landbou in die Wes-Kaap het die passie om ons mense te help sodat hulle ook eendag in die posisie sal wees om kommersile boere te word. Dit is die behoefte van die landbou in die Wes-Kaap.
Om te s dat daardie mense net "add-on's" is, is een te veel. Wat van die gevalle, soos Nelson's Creek, waar die grond aan die plaaswerkers gegee is. In hoeveel projekte is die plaaswerkers deel ... [Tussenwerpsels.]

Mnr M L FRANSMAN: Dit was nie deur julle toedoen nie, maar deur di van die ANC.

Me A ROSSOUW: Met ander woorde, die agb ANC-lede luister nie en kyk nie na wat werklik gebeur nie? [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, die doelwit van die agb Minister is om werklik van die vestiging van nuwe boere 'n sukses te maak, en die posisie van die plaaswerkers in sy totaliteit te verbeter. Dit gaan juis ook verbeter met die beoogde wetgewing wat op die Departement van Landbou se agenda is, sodat die Provinsie en Landbou aan die voorpunt van tegnologie kan kom en ons mededingend kan bly. Ek wil die agb Minister en sy amptenare bedank omdat hulle dit as 'n taak van eerste prioriteit beskou.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: Me die Voorsitter, tans gaan dit bitter moeilik in die landboubedryf, en dit sal beslis 'n negatiewe impak h op die ekonomiese groei in die Wes-Kaap. In die sagtevrugtebedryf, die tafeldruifbedryf, die wynbedryf en die graanbedryf gaan dit uiters moeilik. Die vrees bestaan dat sommige van di boere dit nie sal kan oorleef nie.

As ons verder in ag neem dat sommige van di bedrywe besonder arbeidintensief is, sal dit moontlik in die toekoms ernstige gevolge met betrekking tot werkloosheid h. Droogte en swak pryse is buite die beheer van die landbou, en daar kan nie veel aan die situasie gedoen word nie. Maar die impak wat verskeie arbeidswette op die landbou het, hou ernstige implikasies in, en dit het almal tot gevolg dat werkgeleenthede mettertyd om verskillende redes afgeskaal word om net te kan oorleef. Daar word meer en meer van kontrakwerkers gebruik gemaak en gemeganiseer, soos wat die voorsitter van die staande komitee genoem het.

Die landbou het sy eie sonderlike, unieke werkverhoudings, maar al die arbeidswette het nie bygedra om die posisie van die plaaswerkers te verbeter nie. Watter voordele het hulle werklik daaruit gekry? As die ANC-regering, wat die eienaars van hierdie wette is, hulle werklik wou help, moes daar vir die werkers 'n vriendelike werkomgewing geskep word. Die werkers wil self sien dat iets meer positiefs vir hulle gedoen word. Wys vir my 'n plaas waar nuwe behuising vir plaaswerkers opgerig word.

In my kiesafdeling is 'n uiters groot boerdery met uitvoerdruiwe begin. Hulle wou amper 'n dorp op die plaas begin. Daar is beplan vir lieflike siersteenhuise, wat elkeen van ons in hierdie Huis graag sou wou h. Toe die ESTA in plek gestel is, is daardie projek summier gestaak. Wanneer 'n huis ontruim word, sal dit nou eerder platgeslaan word, as om ander inwoners in die huis te plaas. Ons gaan uit ons pad om mense te help om eiendomsreg op dorpe te verkry; eiendom waarvan die eienaars heel waarskynlik na 'n baie kort tydperk uit die huise gesit word en dit verkoop word, soos blyk uit die voorstel wat die agb lid mnr Byneveldt vanoggend hier voorgedra het. Hoeveel nuwe eienaars op die dorpe gaan nie hulle huise ontneem word deur gewetenlose mense wat dit vir 'n appel en 'n ei koop nie?

Mevrou, vir die hardwerkende plaaswerkers is geen behuisingsprojek ingestel nie, en hulle het geen toegang tot eiendom nie. Ek wil die agb Minister van Behuising dus versoek om die behuisingsbeleid van die Wes-Kaap vinnig en gou in plek te stel.

Ons kollegas aan die ander kant van die Huis is hard besig om 'n wig tussen die werkgewer en werknemer in die landbou in te dryf. In gesprekke met werknemerorganisasies het hulle deur die bank vir ons ges dat werkverhoudings en menseverhoudings op 'n plaas waar die vakbond ingestap het, by die deur uit is.

Minimumlone sal seker weer eersdaags op die tafel kom. Dit is nou weer stil, maar ons het eersdaags weer 'n verkiesing, so dit sal weer 'n verkiesingslagspreuk word. Minimumlone in die Wes-Kaap gaan nie vir die Wes-Kaapse landbou 'n bedreiging wees nie, want in die Wes-Kaap betaal ons ons mense in ... [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid me Rossouw mag voortgaan met haar toespraak.

Me A ROSSOUW: Me die Voorsitter, minimumlone gaan nie vir die Wes-Kaap 'n bedreiging wees nie, maar ek wil h dat die nasionale Minister van Arbeid sal besef dat die landbou 'n unieke werkskeppingsmeganisme in die ekonomie van Suid-Afrika is. As daar 'n droogte kom, of 'n prysinsinking soos wat nou in die tafeldruifbedryf plaasgevind het, waar die boer moet inbetaal terwyl hy 'n ho insetkoste gehad het, hoe kan van daardie mense verwag word om minimumlone te betaal? Ek is nie teen minimumlone gekant nie, maar ... [Tussenwerpsels.] ... ek s mense moet in daardie opsig realisties wees. Aan die einde van die dag kan die minimumlone 'n maksimumloon word.

Mnr M L FRANSMAN: Is u teen minimumlone gekant?

Me A ROSSOUW: Ek is nie teen minimumlone gekant nie. Ek neem nie daarmee genoe dat mense uitgebuit word nie. Mense moet betaal word na hul waarde. Vroer jare was al die werkers in die Wes-Kaap op dieselfde skaal betaal. Vandag word werkers op posvlakke betaal, en meer as een plaas het plaasvoormanne wat meer verdien as baie mense wat op dorpe werk.

Me die Voorsitter, die landbou verskaf werk aan 14% van die ekonomies bedrywige bevolking en is die hoofverskaffer van werk op die platteland, maar die ongevoelige werkopset het meegebring dat die arbeidsmag oor die afgelope vyf jaar bykans gehalveer is.

Ek het gister tydens die Vervoerdebat verwys na die uiters swak toestande van die plattelandse paaie. Die Begroting van die Nasionale Vergadering is so pas weer bespreek. Die nasionale Minister van Finansies het aangedui dat die visbedryf 'n belastingkorting gaan kry, maar daar was 'n stilte oor die belastingkorting op diesel wat vir landboudoeleindes gebruik word. [Tussenwerpsels.]

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Me A ROSSOUW: Ek dink nie die agb lid me Essop besef werklik ... [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Dit is reg.
Me A ROSSOUW: Ek dink nie hulle stel werklik belang nie, want hulle wil net kritiseer.

Mnr S E BYNEVELDT: Moenie huil nie.

Me A ROSSOUW: Ek sal nie huil nie, maar my hart is seer omdat daardie agb lede die plaaswerkers misbruik ... [Tussenwerpsels.] ... en hulle met vals inligting voer. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde! Ons moet in staat wees ... [Tussenwerpsels.] Orde! Orde! Ons moet die spreker kan hoor. Daar is nie 'n probleem met hekelary nie, maar ek dink die akoestiek is baie swak en ons kan die spreker nie hoor nie. Laat ons net daardie vlak handhaaf. Die agb lid me Rossouw mag voortgaan met haar toespraak.

Me A ROSSOUW: Me die Voorsitter, die landbouwerkers word in die geheel uitgebuit. Dit word nou weer tyd om 'n verkiesingsveldtog te veg. Die ANC het al verlede jaar daarmee begin, en ons sal nou gedurig hoor van mense wat uitgebuit word en menseregte wat misken word. Ek is daarteen gekant dat mense misbruik word, dat hulle onregverdig hul werk verloor en dat hulle verneder word, maar die ANC sal moet besef dat daar baie faktore is wat sal bepaal of 'n boer mre nog 'n finansieel suksesvolle bedryf op sy plaas sal h.

Een van daardie faktore is die rabat wat op diesel toegestaan kan word. Die landbou in die Wes-Kaap is hoofsaaklik op die uitvoermark gerig. Die arbeidsintensiewe plase is plase waar uitvoerprodukte verbou word. Wat gebeur nou met die produkte oorsee? Die appelboere kry nie geld vir hul produk nie. Die tafeldruifboere kry nie geld vir hul produk nie. Die boere van die oorsese mark waarmee hulle moet meeding, leef in weelde van die subsidies wat hulle ontvang. Maar watter subsidie kry die landbousektor in Suid-Afrika? Daar bestaan tans nie eens die moontlikheid dat hulle ramphulp kan kry nie. Boonop wil hulle nie eens hoor van 'n rabat op diesel nie. [Tyd verstreke.]

Me A M VERSFELD: Me die Voorsitter, dit is vir my 'n welkome verandering om na 'n Minister te luister wat vir die landbou praat en nie daarteen nie - en dit 'n Minister wat veronderstel is om na die landbou om te sien.

In die Nasionale Vergadering het die Minister van Finansies in sy Begrotingsrede slegs na die landbou verwys toe hy die diskriminerende maatrels aangekondig het ten gunste van die mariene-industrie. Ek is baie dankbaar vir die toegewing aan die mariene-industrie, maar dit help baie min as die boot brandstof kan kry en die vissermanne het nie kwotas nie.

Di toegewing is heeltemal reg, waarom moet skepe vir paaie betaal? Maar 'n trekker wat landbougrond bewerk en saai, moet vir die paaie se ontwikkeling betaal! Toe word die misbruikverskoning skielik ingespan. Die nasionale Minister weet klaarblyklik nie dat landboudiesel onderskei of gemerk kan word, soos paraffien, om dit nie met diesel te meng nie. Die verskil is dat as dit as "paraffien" en nie "diesel" gemerk word nie, dit 'n belastingimplikasie meebring en in werklikheid niks met die merk van diesel te doen het nie. Dieselbrandstof kan ewe maklik uit 'n boot in 'n bakkie se tenk gepomp word. Waarom dan bekommerd wees oor die moontlik misbruik van diesel? Di besluit lyk vir my meer na 'n politieke besluit as 'n ekonomiese besluit.
En dan is sy Adjunkminister nog so vermetel om te s, "as landbou enige werk sou verskaf". Dit is 'n grap, veral as in aanmerking geneem word dat die Wes-Kaap verantwoordelik is vir 60% van al die landbou-uitvoere van Suid-Afrika.

Kom ons kyk hoe sien die paaie wat die boere gebruik daar uit. Kyk hoe swak is die grondpaaie, en elke keer hoor ons die verskoning dat daar nie geld is om die paaie reg te maak nie. Soos die agb Minister van Landbou vroer tereg uitgewys het, watter deel van die belasting op brandstof gaan nie na die onderhoud van paaie nie?

Me die Voorsitter, oor die afgelope twee seisoene het die landbou in die Wes-Kaap radikaal verander. As die boere om hulle rondkyk - en ek praat spesifiek van die Weskus-streek - hoor 'n mens keer op keer die vraag: waarheen nou? Ronald Reagan het by geleentheid ges dat die boere in 'n bedryf staan wat 'n dobbeltafel in Las Vegas na 'n gewaarborgde jaarlikse inkomste laat lyk.

In die Wes-Kaapse landbou kyk ons na die landbou-ekonomie, en dit is onder druk. Kom ons kyk na sommige van die landboubedrywe, en sien dit in die lig van die insetkoste teenoor die swak produkpryse. 

Die veefaktor is 'n stadig groeiende faktor. Die pryse van skaap- en beesvleis is nou dieselfde as vyf jaar gelede, maar die voerprys het die afgelope tyd met 20% gestyg. Die wolprys is 20% laer as drie jaar gelede. As gevolg van massastortings in melkverwante produkte, is die prys van melk nou 10c per liter laer as drie jaar gelede. In 1997 het die produsent R1,42 per liter gekry, nou, na die verhoging wat op 1 Maart 2000 in werking getree het, kry die produsent R1,32. Gelukkig het die Melkprodusentevereniging nou tot die stryd toegetree om die massastortings tot 'n mate te beperk.

Veediefstal het oor die afgelope vyf jaar vertiendubbel. Ek glo die sukses van die polisie moet in hierdie verband genoem word. Die Veediefstaleenheid het vir hulself die naam verwerf van, "Pocket of Excellence", maar soos dit met die SAPD regoor Suid-Afrika gaan, het hulle 'n mannekrag tekort wat hulle verhinder om werklik 'n impak op veediefstal te maak.

Die onwettige slag van beeste en skape in spesifiek die Vredenburg-distrik, het drasties toegeneem. Die boer daar het al so afgeskaal dat daar byna nie meer 'n veebedryf is nie.

Me die Voorsitter, die koringprys is tans dieselfde as in 1996, maar 'n verhoging van ongeveer 8% in die kunsmisprys word in die vooruitsig gestel. Die vryemarkstelsel werk op vraag en aanbod, maar oor die afgelope twee jaar het ons tussen 90 000 ton en 1 miljoen ton koring onderproduseer. In 1999 het ons 1,5 miljoen ton koring geoes, teenoor die 2,5 miljoen wat nodig was, maar as gevolg van die storting is die prys laer as drie jaar gelede. Vir elke ton koring wat die meulenaar invoer, gaan R800 die land uit.

Op Malmesbury verloor middelslag boere bykans by die week. In 'n radius van 50 km is daar oor die afgelope twee jaar 10 plase verkoop. Die plase is verkoop, maar die nuwe eienaar woon nie in die huis nie en die werkers se huise staan ook leeg. Daardie mense was nog gelukkig om kopers te kry, want in dieselfde area is nog vyf of ses plase in die mark, maar daar is nie kopers nie.

Kom ons kyk hoe sien die situasie in die Suid-Kaap daar uit. Die SAM het 'n boot gekoop om gars in te voer. Toe di boot met die invoergars arriveer - ek weet nie of die agb Minister daarvan bewus is nie - was 'n groot deel van die gars nie vir mout geskik nie. Wat doen hulle toe? Toe meng hulle die mout sonder toestemming, dus onwettig, met die voer.

Aan die ander kant, dink ek, skiet sommige van die boere ons in die voet. Kom ons kyk na die witwynbedryf. Die mark vir witwyn het wreldwyd plat geval. In die Wes-Kaap het ons 'n probleem met die koperatiewe kelders gehad. Op 'n stadium was daar genoeg chardonnay, en toe die KWV dit wou oorkoop om daarvan stookwyn te maak, wou die boere nie die prys aanvaar nie, want hulle het gedink hulle kon meer vir die wyn kry. Die KWV moes toe 'n ander mark vir sy witwyn soek, wat hy in Frankryk gekry het. Die KWV moes egter 'n driejaar-kontrak teken. Voortspruitend daaruit, het die koperatiewe kelders 'n oorskot van chardonnay op hande gehad, pleks dat hulle die wyn teen 'n laer prys verkoop het. Nou eers begin hulle daardie wyne wegwerk.

Dit is 'n opsig waarin ek dink die nuwe ontwikkelingsraad 'n geweldige groot rol kan speel. Tans staan die wynbedryf op 60% witwyn en 40% rooiwyn. Goed, die rooiwyn het nou gestabiliseer, maar steeds plant sommige boere in hierdie provinsie steendruiwe aan. Ek vind dit absoluut ondenkbaar dat mense dit kan doen, terwyl baie ander boere goeie steenwingerde uithaal. Om watter rede plant boere steeds steendruiwe aan, terwyl daar 'n oneweredige produksie van wit- en rooiwyn is en die witwynpryse val? [Tyd verstreke.]

Me L N PHIKE: Me die Voorsitter, ek wil dit ter aanvang baie duidelik maak dat ek namens duisende plaaswerkers praat. Nou, terwyl ek praat, bly hulle nog die mees verdrukte en benadeelde groep mense, afgesonder en weggesteek agter die boer se mooi huis met sy ho mure. Ek praat namens die mees benadeelde groep werkers wat die minste verdien en geen voordele vir jare lange werk verdien nie.

Die agb Minister van Landbou se Begroting is in lyn met landbou se nuutste tegnologie en ook eerstewreldstandaarde. Daar is niks verkeerd met sy gedagte nie, behalwe dat die Begroting ook sal moet aandag gee aan die sosio-ekonomiese toestand van die plaaswerkers en hul kinders. Ek wil ook 'n beroep op hom doen dat die Begroting voorsiening maak vir meer inspekteurs sodat die plaasmense se lewens kan verbeter.

Op 10 Maart 2000 was ek by 'n groep van ses plaaswerkers, wat gehoor het dat dit onaanvaarbaar is om twee minute laat te kom, en hulle is afgedank. Mense is moeg van die slawerny-tipe behandeling.

Me die Voorsitter, een van die mans verdien R70 per week vir 'n 50-uur werkweek. Van die mans se lone werk uit op 'n minimum van R120 en R150 per week. Vrouens kry ook verskillende lone. In een geval het ek dit vreemd gevind dat die vrou, nadat sy van kraamverlof teruggekeer het, net R70 per week betaal is, terwyl sy voor haar kraamverlof R100 per week verdien het.

Me die Voorsitter, ek wil 'n beroep op die agb Minister doen. Ek wil hom versoek dat ons saam ons gewig sal ingooi en toesien dat die 2000-01-begroting 'n beter lewe vir almal sal verseker - die landbou, plaaswerkers en boere. Ek weet die agb Minister het in die Huis ges dat boere en lede van die dorpsbesture bymekaar moet kom om grond vir behuising vir die plaaswerkers te beplan of te bespreek. Ek vra die Wes-Kaapse Regering om plaaswerkers te beskerm.

Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, in die stelling, "key government outcomes", is alles beliggaam wat die landbou graag wil doen, of hoe die landbou homself wil verhef. Dit is 'n edele stap vorentoe, wat met soveel wysheid en visie gedoen word.

Ek wil aansluit by die agb Minister se stelling dat die landbou na werkloses uitreik. Ek beskou die landbou as die werkskeppende liggaam, of die reddingstou, wat tans werkverlies moet voorkom.

*Die agb Minister het verwys na wat tans met ons hoenderbedryf gebeur. As 'n mens al hierdie sake in onskou neem, sal jy sien dat ons beslis groot probleme gaan h. Ons weet vir 'n feit dat die werkloosheidskoers tans die hoogste is. Dit vier hoogty - 40%. Elke dag word mense afgedank en besighede gesluit.

Ek het die brief van Harold Chickens waaruit die agb Minister aangehaal het. Di maatskappy moes 1 150 mense afdank omdat hoenders ingevoer word. Argentini gooi hul massa hoenders hier af en die plaaslike mark ly daaronder. Agrichicks en Rand Rich Poultry ly ook daaronder. Dit is slegs drie hoenderbedrywe, maar 'n mens sal verbaas wees om te sien hoeveel duisende mense werkloos gaan wees.

*As die agb Minister nie iets daaromtrent gaan doen nie, wat gaan ons met ons plaaslike markte doen? As ons nie die plaaslike mark gaan beskerm nie, kan ons die feit aanvaar dat 'n verdere 57 000 mense sonder werk sal wees. As 'n mens daardie 57 000 met 'n gemiddeld van 5 maal, sal jy die enorme aantal mense sien wat as gevolg hiervan sal ly.

Wanneer dit egter by invoerbeheer kom, is dit 'n saak vir die nasionale Regering. Daar is niks wat ons aan hierdie kant kan doen nie. Ek vra die agb Minister om hierdie saak hoog op die agenda van Minmec te plaas. Hulle moet die nadele besef van die hoenders wat ons uit Argentini en al daardie plekke kry wat hulle hoenders hier kom stort. Ek wil my Moslem-vriende vra of hulle daardie hoenders koop. Hulle weet nie of dit Halaal is nie. Wanneer dit by die huis kom, praat hulle nie. [Tussenwerpsels.] Natuurlik koop hulle hoenders. Ek het amper daardie agb lid uitgelok. Die agb lid mnr McKenzie het hom gewys om te swyg. Daardie saak is op sigself baie belangrik.

Ons gaan dieselfde roete volg met betrekking tot die tekstielbedryf. Hoeveel van die tekstielfabrieke is vandag toe omdat ons nie die nodige beskerming aan ons plaaslike markte en fabrieke gegee het nie? Die gemors wat van die buiteland kom, l die sypaadjies vol, en ons fabrieke wat gehalte klere gemaak het se deure is gesluit. As ons nie gaan kyk na wat belangrik is vir ons werkers en ons eie mense nie, is dit nag.

Daar is nog 'n punt wat ek graag aan die agb Minister wil oordra. Van ons skole gaan gesluit word. Die een is 'n horskool op Touwsrivier. Waarom kan daardie skool nie omskep word in 'n landbouskool waar die leerders die basiese vakke van landbou leer nie? Wanneer hulle dan na 'n landboukollege of universiteit gaan, het hulle reeds basiese onderrig in landbou. Die geboue is daar. Al wat ons moet doen, is toesien dat daardie geboue op so 'n manier benut word dat ons kinders daaruit voordeel trek. Meer en meer anderskleurige kinders betree nou die landbou.

Vroer jare toe ek nog jonk was, het ons gedink in die landbou maak die boer jou sy slaaf. Ek het sedertdien lief geword vir die landbou. Ek stel net so soveel in die landbou belang. Ek het besef dat as ek vroer die geleentheid gehad het om ook my hande in die landbou te kry, ek baie meer suksesvol as boer gewees het as wat ek vandag is. Om di rede s ek dat die tyd aangebreek het om so gou as moontlik toe te sien dat ons kinders 'n liefde vir landbou aankweek.

Hier is melding gemaak van die waardetoevoeging van plase. Is dit nie moontlik dat daar op 'n brer skaal gewerk word om die waardetoevoeging met betrekking tot toerisme te verhoog nie? 'n Mens kan byvoorbeeld mense wat nie aldag met volstruise te make het nie met 'n koets deur 'n volstruisplaas neem. Die landbou moet ook sy hand na toerisme en ander kleiner industrie op plase uitsteek. Ek weet van 'n sekere plaas waar die mense na 'n fabriek gaan om rosette te maak nadat hulle klaar is met die wingerd. Dit is waardetoevoeging. Hulle maak die pragtigste rosette wat 'n mens ooit gesien het. Agb lede moet in Stellenbosch gaan kyk. Dit is waardetoevoeging. Daar moet egter meer gedoen word om mense insig en die wil te gee vir die landbou.

Die agb lid me Phike het dit reg, daar word probleme ondervind. Ons kan egter nie die kombers oor almal se koppe trek nie. Daar is werklik waar boere wat hard probeer. Soos ons weet, is daar diegene wat moeilik is om tot bekering te kom. Almal kom nie op dieselfde aand tot bekering nie. Ons sal aan hierdie mense moet werk om hulle tot bekering te bring.

Mnr S E BYNEVELDT: Me die Voorsitter, dit is 'n voorreg om aan hierdie debat te kan deelneem. Ek sou vandag graag twee lewensketse aan hierdie Huis wou voorhou, di van Bokkie Plaatjies en Nick Botha.

Bokkie Plaatjies is nou ongeveer 36 jaar oud, haar ouers is soos sy plaaswerkers - goeie, hardwerkende, godvresende mense, sou Bokkie s. Sy is die oudste van vier kinders. Sy was ses jaar lank op primre skool. Sy moes van vroeg af reeds help met huishoudelike take. Haar ouers moes soggens vroeg uitspring, en het saans laat van die werk teruggekeer. Bokkie moes later haar skoolloopbaan staak, omrede sy haar ouers se karige inkomste moes help aanvul.

Op 17-jarige ouderdom het Bokkie Plaatjies moeder geword. Dit was nadat sy vir Janneman ontmoet het op 'n stadium toe sy dit baie moeilik gevind het om werk te kon bekom. Janneman was vir haar 'n uitkoms. Hy sou ten minste vir haar kon sorg - 'n dak oor haar kop was belangrik. Sonder Janneman was Bokkie nie op behuising geregtig nie.

Vandag het sy vyf kinders. Sy werk en verdien R70 per week. Sy en Janneman woon nou saam. Hy verdien egter twee keer meer as wat sy verdien. Omstandighede wil dit verder so dat Bokkie totaal afhanklik is van die plaaswinkel op die plaas waar sy werk en woon. Daar kan sy goedere, selfs 'n dop, op krediet bekom, of op die boek koop, soos wat die mense dit noem. Die goedere is egter peperduur. Bokkie het egter nie 'n ander uitweg nie. Die dorp is te ver, en hoe kom sy in elk geval daar? Die boekieskuld word ook direk van haar en Janneman se salarisse verhaal.

Hulle woon in 'n tweevertrekhuis, waarin daar nie warm water is nie. Hulle deel ook die huis met 'n ander gesin. Bokkie vrees die winter. Die koms van die ren is vir haar soos die vel van 'n doodsvonnis. Die huis is tog so flenters. Verder is daar 'n gemeenskaplike toilet wat hulle gebruik, maar dit is meer buite werking as enigiets anders.

Bokkie dra ook al die verantwoordelikheid in die huis. Daar is nie tyd om te rus nie, al is haar liggaam hoe moeg. Die kinders moet eet, hulle moet gewas word, en daar is dinge om te doen. Om alles te kroon, kry Janneman boonop van tyd tot tyd 'n dop by die werkgewer as vergoeding, en hy is 'n moeilike mens as hy warm is. As hy onder die invloed is, huiwer Janneman nie om Bokkie en die kinders rond te jaag en om hulle aan te rand nie.

Bokkie werk baie oortyd. Sy werk al lank op die plaas, maar sy is steeds nie permanent aangestel nie. Sy onthou dat haar ouers reeds ouderdomspensioen ontvang het, maar ten spyte daarvan was hulle steeds verplig om te werk. Hulle kon net nooit aftree nie.

Bokkie het nie 'n geskrewe kontrak met haar werkgewer nie, sy kry nie jaarlikse verlof nie en met die geboorte van elkeen van haar kinders was sy nie eens op bevallingsverlof geregtig nie.

En dan is daar Nick Botha. Nick is nou ongeveer 45 jaar oud. Sy pa was Kerneels Botha. Kerneels het met die Tweede Wreldoorlog diens gedoen en het die plaas met implemente ontvang as vergoeding daarvoor. Nick het later die plaas gerf, en besit dit steeds. Kerneels het in die verlede by geleentheid opgemerk dat hy Bokkie se pa goed ken. Hulle het blykbaar saam in die oorlog geveg. Bokkie se pa het egter net 'n dikwielfiets as vergoeding ontvang. Nick hoop om binnekort af te tree. Hy is oor en oor 'n miljoenr, en wil sy geld geniet. Hy hoop om die wreld vol te reis. As hy so terugkyk, s hy dat hy werklik tot nou toe 'n goeie lewe gehad het.

Nick is getroud met vier kinders. Sy kinders vorder akademies goed. Nog net verlede jaar het twee van hulle afstudeer as mediese dokters, en hy onthou die splinternuwe BMWs wat hy aan hulle gegee het as geskenke hiervoor. Hy het regtig nooit moeite gehad om vir hul opleiding te betaal nie. Die plaas bring nou al jare lank goed geld in.

Daarbenewens onthou hy natuurlik ook al die hulp wat hy ontvang het - die Landbank van Suid-Afrika, staatsubsidies, institusionele en navorsingsteun. Hy het ook nooit 'n probleem gehad met toegang tot markte nie. Die lewe was vir hom goed.

Me die Voorsitter, die Bokkie-en-Nick-verhaal is aan ons almal bekend. Di verhaal verteenwoordig vandag nog die werklikheid daar buite, ten spyte van die agb Minister van Landbou se Begrotingsrede en ten spyte van die Begroting. Voeg daarby dat 'n mens vandag nog 'n wit en 'n bruin skof van die SAPD op Citrusdal kry, en die prentjie wys duideliker uit. Voeg vandag nog verder daarby dat daar vandeesweek op Calitzdorp ... 

Die MINISTER VAN LANDBOU: Ons is met die Landboubegroting besig.

Mnr S E BYNEVELDT: Ek sou ook graag 'n delegasie wou lei en die agb Minister daarop saamneem, sodat hy daardie gebiede kan leer ken.

Die MINISTER VAN LANDBOU: Jy is op die oomblik by die Polisie, en ...

Mnr S E BYNEVELDT: Nee, ek is op Citrusdal.

Die MINISTER VAN LANDBOU: ... jy is op pad na die haarkapper toe.

Mnr S E BYNEVELDT: Ek is besig met aardrykskunde, en die agb Minister is by ander goed.

Me die Voorsitter, voeg daarby dat daar vandeesweek op Calitzdorp 'n eksekusieveiling van sekere HOP-huise is, en dat die storie daar in omloop is dat die boere in 'n ry staan om di huise op te koop en glo hul werkers daar wil vestig, om sodoende die implikasies van die Wet op Sekerheid van Verblyfreg te probeer vermy.

Voeg verder daarby dat die plaaswerkergemeenskap kronies onderwerp is aan wanvoeding en ondervoeding, ten spyte daarvan dat die grootste gedeelte van hul inkomste aan voedsel bestee word.

Ek wil graag uit 'n verslag aanhaal, mits die tyd my toelaat, om die situasie verder op te som. Ek hoop die Engels verneuk of verniel nie. Ek wil aanhaal uit die Unifruco Studie van 1995, en meer spesifiek uit die verslag getitel, Farmworkers in the Western Cape, van September 1997, bll 17 en 18. Onder die opskrif, "Health", staan, en ek haal aan:

	The farmworker population of the Western Cape is chronically malnourished, and this despite the fact that the poorest households spend a large proportion of their income on food. ... Low birth weight occurs two to three times more than in Cape Town. ... The rate of tuberculosis is exceptionally high. ... The infant mortality rate is also very high. In 1996 there were 177 deaths per 1 000 live births.

Onder die opskrif, "Housing", staan, en ek haal aan:

	One third of farm dwellers live in houses with only one bedroom.

[Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN LANDBOU: Me die Voorsitter, ek sal nie lank aan die woord wees nie, want ek glo agb lede van di Huis wil nog van die landbouproduk gaan gebruik. Daar is buitendien 'n oorskot, so hulle kan dit met graagte doen; dit sal almal van ons help.

Die agb lid me Essop het vir my gevra waar haar boks van verlede jaar is, maar sy het so 'n klein tenkie dat ek hoop sy kan nog kan uitkom met verlede jaar se boks. [Gelag.]

Me die Voorsitter, ek wil al die agb lede bedank wat aan die debat deelgeneem het. Dit was regtig vir my 'n voorreg om met hulle te kon saamwerk en saam met hulle iets vir Landbou te beding. Ek wil hulle ook bedank vir al die ondersteuning wat ek ontvang het, en in die besonder van die agb lid mnr Louis, wat die voorsitter van die staande komitee is. Sy kennis van die landbou verbaas my. Ek dink nie ons gaan van hom 'n boer maak nie, maar ons kan van hom 'n baie goeie landbou-ekonoom maak, wat vir die landboubedryf, ten minste, baie gaan beteken.

Me die Voorsitter, dit is so dat die melkprys met 50% gedaal het. Ek wil h agb lede moet besef wat dit in relatiewe waarde is. Ek wil h hulle moet di vraag aan hulself beantwoord: as hul inkomste met 50% daal, sal hulle daarmee kan uitkom?

Op die oomblik kry die boere wat tafeldruiwe uitvoer, R13 vir 'n kissie druiwe in Londen, en die produksiekoste is tussen R22 en R25 per kissie. Dit gaan nie goed met die tafeldruifbedryf nie.

Ek het in my Begrotingsrede ges dat Landbou bereid is om uit te reik. Dit is my siening dat 'n mens 'n voorbeeld moet stel en daarmee 'n begin moet maak. Ek wil ook die nasionale Regering nooi om uit te reik na die landbou, soos wat die agb lid mnr Louis ook gevra het.

Dit was vir my kommerwekkend dat die President in sy Openingsrede nie 'n woord van die landbou ges het nie. Dit was vir my kommerwekkend dat die nasionale Minister van Finansies vir die visbedryf toegewings gemaak het, maar vir die landboubedryf, wat soveel werk skep, nie dieselfde toegewings gemaak het nie.

Ek is bekommerd daaroor dat die Adjunkminister van Landbou en Grondsake kan s dat die boere ook 'n rabat op diesel sal kry as hulle werk skep; so asof ons gedreig moet word om dit te doen.

Me die Voorsitter, ek glo die nasionale Regering moet na die landbou uitreik en die belangrike rol erken wat die landbou vervul, en vir ons 'n omgewing skep waarbinne ons kan werk skep. Ons sal ook in ons provinsie moet soek na staatsgrond waarop ons nuwe boere kan vestig, en ek sal dit graag doen.

Ek wil ook vir die agb lid mnr Fransman bedank vir sy bydrae. Ek wonder of hy na my hele Rede geluister het. Hy het so min kritiek op my Rede gelewer, dat ek dit amper nie kan glo nie! Eintlik was daar niks waaroor hy van my verskil het nie. Ek is bly hy het sy samewerking aangebied, sodat ons na die tabakbedryf kan omsien. Ek sal my eie delegasie lei, maar hy is baie welkom om saam te gaan en die nodige ondersteuning van die ANC se kant te gee. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, dit is so dat dit nie goed gaan met grondhervorming in Suid-Afrika nie. [Tussenwerpsels.] Agb lede moet luister na wat ek s. Ek het ges dit gaan nie goed met grondhervorming in Suid-Afrika nie.

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde!

Die MINISTER: Dit is nie ek wat die Grondeise-kommissie aangestel het nie. Dit is nie ek wat vir Joe Seremane afgedank het omdat hy oor 'n periode van vyf jaar net 40 eise afgehandel het nie. Dit gaan nou beter; ons het al 700 eise afgehandel. Ek glo dit sal ook in die toekoms beter gaan. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Hulle het hom in die eerste plek daar geplaas met die oog op transformasie.

Die MINISTER: Me die Voorsitter, dit is nie vir my om te oordeel of Joe Seremane goed of swak is nie. Mnr Hanekom, toe hy die Minister van Landbou en Grondsake was, het hom afgedank. Ek kan vir agb lede die versekering gee dat die ondervinding wat ek van hom gehad het, positief was. Ons was met Joe Seremane in gesprek. Ons het vir hom ges dat die landbou bereid is om te help om grondeise af te handel, waarop hy vir my ges het, "Ek kan nie glo dat ek gaan hulp kry van hierdie bron waar ek gedink het ek nooit hulp gaan kry nie." Die boere van Suid-Afrika het ges hulle sal hom help; hulle wil graag h hierdie proses moet afgehandel word. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, nuwe boere is nie "add-on's" in ons beleid nie. Agb lede moet onthou dat as dit vir kommersile boere moeilik is om 'n bestaan te maak, ... [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Agb lede moet tot orde kom! [Tussenwerpsels.] Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Die agb Minister van Landbou mag voortgaan met sy repliek.

Die MINISTER: Me die Voorsitter, agb lede moet dit onthou, as dit vir kommersile boere moeilik is om te bestaan, hoeveel moeiliker gaan dit nie vir nuwe boere wees nie? Dit is waarom ek die uitnodiging rig, kom ons skep 'n omgewing waarin almal geld kan maak.

Dit is so dat voorligting tot almal se beskikking is. Ek wil in die besonder klem l op voorligting aan nuwe boere. Veertien dae gelede het ek 110 nuwe boere op Outenikwa toegespreek. Ons het vir hulle hierdie bundel gegee, Dairy Farming - A Practical Manual, wat vir beginnerboere geskryf is. Dit is dus nie asof ons nalaat om aan beginnerboere aandag te skenk nie.

Mnr C M DUGMORE: Die Tembalethu-boere is bly. Dankie.

Die MINISTER: Ek nooi die agb lid mnr Dugmore om saam met my die ander provinsies uit te daag. Ek daag die ander provinsies uit: kom ons kyk na vyf jaar watter provinsie die meeste suksesvolle boere gevestig het.

'n AGB LID: Hoor, hoor! [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek wil verder gaan. Die landboubegroting van die Oos-Kaap is R400 miljoen, en di van die Wes-Kaap R74 miljoen. In Oktober 1999 het die Oos-Kaap alreeds R80 miljoen oorspandeer, ... [Tussenwerpsels.] ... en toe moes die Wes-Kaap hulle help met raad oor hoe om uit hul probleme te kom. Agb lede kan in my Kantoor kom kyk, en ons doen dit graag. Landbou reik uit - ons sal ook hulp gee aan ander provinsies wat nie die mas kan opkom nie. [Tussenwerpsels.]

Ongelykhede tussen mans en vroue bestaan wel. Ek dink juis dat ons met bedrywe soos agri-toerisme en werkskepping in nuwe agri-nywerhede op plase, ons ook vroue daardeur sal bemagtig.

Me die Voorsitter, ek het gehoor agb lede aan die ander kant van die Huis praat van kleurlingreservate. Dit is 'n woord wat nie meer in my woordeskat bestaan nie. Hulle dink ons werk net in daardie sogenaamde gebiede. Buiten vir daardie sogenaamde gebiede, werk ons ook in 30 nuwe gemeenskappe waar nuwe boere gevestig is.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Hulle moet hulle dus nie blindstaar teen die goed wat hulle graag wil sien nie.

Wat opleiding betref, ons het oor die afgelope jaar ongeveer 1 000 nuwe boere opgelei. As agb lede noulettend na ons Begroting kyk, sal hulle sien dat ons ongeveer 30% van die Begroting spandeer aan 10% van die mense wat dit benodig. Die nuwe boere maak op hierdie stadium nog net 10% uit, maar 30% van die Begroting word op hulle spandeer.

'n AGB LID: Wat van die daling?

Die MINISTER: Daar is 'n daling, omrede daar oral fondse is wat nie meer oorgerol kon word nie.

Me die Voorsitter, ek wil 'n beroep op agb lede doen. In die Wes-Kaap is gemeenskappe wat so polities geaktiveer is, dat 'n mens nie aan hulle geld kan gee nie, want hulle kan hulself nie organiseer sodat hulle gereed is om di geld te vat nie.

Ek wil die agb lid me Rossouw bedank vir die ondersteuning en begrip wat ek van haar kry, en ook vir die feit dat sy s plaaswerkers is belangrik. So belangrik as wat hulle vir haar is, is plaaswerkers ook vir my belangrik en hulle l my baie na aan die hart. Ons moet na behuisingsprojekte vir die plaaswerkers kyk.

Dit is so dat die plaaswerkers ons vra om minder oor hulle te praat en minder wette oor hulle te maak, maar 'n slag iets vir hulle te doen. Kom ons in die Wes-Kaap neem ook in hierdie opsig die voortou. Ek wil ook in di verband daardie agb lede uitdaag: kom ons daag die ander provinsies uit en kyk wie oor die volgende vyf jaar die meeste vir plaaswerkers doen.

Dit is so dat ons 'n maand of twee voor 'n verkiesing van minimumlone hoor, en daarna nooit weer 'n woord daarvan hoor nie. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde! Agb lede moet tot orde kom. As die agb lid me Versfeld wil begin hekel, moet sy dit vanuit haar eie bank doen. Die agb Minister mag voortgaan met sy repliek. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek glo dat ons in Oktober vanjaar weer die debat oor minimumlone lug sal gee.

Me die Voorsitter, ek wil vervolgens die agb lid me Versfeld bedank vir haar kommer oor stortings in die landbou. Dit maak die landbou seer.

Veediefstal is 'n baie groot probleem vir die landbou, en laat die landbou nog swaarder kry.

Die garsbedryf kry op hierdie stadium swaar. Ek het aangebied dat ons 'n onafhanklike laboratorium moet instel, wat kan seker maak dat hulle produkte van die regte gehalte is, en sal hulle ons help.
Mnr M LOUIS: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ek wil vervolgens die agb lid me Phike bedank vir die mooi toon waarin sy haar toespraak gelewer het. Ek wil haar graag plaas toe nooi. Ek dink sy was lanklaas op 'n plaas. [Tussenwerpsels.] Sy moet saam met my kom. Daardie storie van die 2 minute laat kom, verstaan ek glad nie.

Ek wil vir haar s dat as ek in die Skiereiland ry, ek baie plakkers sien; mense wat in minder as een vertrek woon. Ek het dit nog nooit op 'n plaas gesien nie. Ek wil regtig vir haar s ons moet ophou om die plaaswerkers uit te sonder. Het sy al by 'n fabriekseienaar in die stad gekerm oor die huisvesting van sy mense? Of is sy nie bekommerd as hulle in 'n plakkershut of onder die brug woon nie?

Die agb lid mnr N M Isaacs het dit reg, dit is so dat die landbou die bedryf is wat die meeste werk skep. As geld in die landbou gegenereer word, gaan die grootste persentasie van die geld na die werkers, anders as in die ander bedrywe.

Dit is so dat ons na ons werkers moet omsien. Maar ek wil agb lede die versekering gee dat waar vakbonde op die plase betrokke raak, ontstaan daar spanning, soos die agb lid mnr Isaacs ges het.

Weet agb lede dat vakbonde die "Groot" van Groot Brittanje gesteel het, en dat die bootbedryf as gevolg daarvan tot niet gegaan het? [Tussenwerpsels.]

Kom ons kyk na landbouskole. Ek sal graag landbouskole op die platteland aanmoedig, ongeag of dit op Touwsrivier of in Khayelitsha is. Ek wil 'n beroep op die gemeenskap doen om daarvoor te vra. Hulle moet vir die agb Minister van Onderwys vra dat ons landbouskole daar instel.

Me die Voorsitter, ek wil laastens op die toespraak van die agb lid mnr Byneveldt reageer. Dit is miskien goed om op di punt af te sluit. Di storie van Bokkie en Janneman het vir my laat dink aan 'n slaaptydstorie vir kinders. [Tussenwerpsels.] Die storie van Calitzdorp is dalk waar, dat boere bereid is om die HOP-huise te koop. Ja, s ek, want watter ander bedryf sal bereid wees om huise vir hul werkers te koop. Ek bedank hom. [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: ...

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde!

Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: ... is die Rel rakende hekelary vanuit 'n bank anders as die lid se eie bank in die Komitee van die Hele Huis van toepassing soos wat dit in die Huis van toepassing is?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Ja.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Voorsitter, is u absoluut seker?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Ek is absoluut seker.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Dankie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek wil s dieselfde Rels geld wanneer die Speaker, die Adjunkspeaker of enige van die Tydelike Voorsitters in die Stoel is.

Debat afgesluit.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons sal nou die Bylae by die Wes-Kaapse Begrotingswetsontwerp oorweeg.

Bylae gestel.

Op Begrotingspos 1,

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Is daar enige beswaar teen Begrotingspos 1? [Beswaar.] Daar is beswaar en ons sal dit aanteken.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, gaan ons nie toegelaat word om vrae te vra nie?

AGB LEDE: Nee.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede sal hulle daaraan herinner dat ons reeds die proses deurloop het om vrae oor elke begrotingspos te vra.

As enige party 'n stemverklaring wil doen, is daardie party geregtig om so 'n verklaring te doen. Is daar 'n verklaring van die ANC oor Begrotingspos 1? [Tussenwerpsels.] Ons het die beswaar aangeteken. Is daar 'n verklaring?

*Me T ESSOP: Ja, me die Voorsitter.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Drie minute word vir die verklaring toegelaat.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, die ANC wil graag sy beswaar soos volg motiveer. Ons maak beswaar teen die besteding van die bedrag van R4,004 miljoen wat in Begrotingspos 1, Program 1, Subprogram 2 - die Begroting van die Minister in die Kantoor van die Premier begroot is. Ons glo die agb Minister het geeneen van haar sakeplanne ingedien nie. Dit is deur die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe versoek, en dit is toe nie ingedien nie. Dit is ook nie ingedien tydens die debat oor die begroting van die betrokke agb Minister nie. Op daardie basis wil ons graag ons beswaar teen daardie subprogram boekstaaf, wat oor die bedrag van R4,004 miljoen gaan.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Daardie beswaar teen Begrotingspos 1 sal aangeteken word. Wil enige ander party 'n verklaring oor Begrotingspos 1 doen?

Begrotingspos 1 goedgekeur.

Op Begrotingspos 2,

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Voorsitter, ons wil graag ons beswaar aanteken ten opsigte van geld wat aan die staande komitees toegewys is, wat nie noodwendig deur die voorsitters van daardie staande komitees bestee word in ooreenstemming met die normale prosedures van die Regering nie. Hierdie toewysing is gedoen om die kapasiteit van staande komitees te bou. Dit is nie aan partye toegeken om sekretaresses in diens te neem nie. Ons wil graag ons beswaar teen daardie besteding herhaal.

Begrotingspos 2 goedgekeur.

Begrotingspos 3 goedgekeur.

Op Begrotingspos 4,

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, dit is nie 'n beswaar nie, maar 'n vraag.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die debat is afgesluit; ons stem nou oor die Bylae. Ons sal slegs stemverklarings neem, waarin besware teen daardie begrotingspos vervat is.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, die verklaring is basies ...

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Teken die agb lid beswaar aan?

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, dit is 'n stemverklaring ten opsigte van 'n beswaar. Die geld begroot onder Begrotingspos 4, Program 2, Subprogram 2: Provinsiale Misdaadvoorkomingsinisiatiewe, handel oor die betaling van gemeenskapspolisiebeamptes. Die ANC wil dit graag boekstaaf dat ons die inisiatief van gemeenskapspolisiebeamptes ondersteun.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Waarom probeer julle dit ondermyn?

*Me T ESSOP: Nee, ons probeer dit nie ondermyn nie. Ons wil graag duidelikheid oor die wettigheid hiervan probeer kry. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning moes na die staande komitee terugkom met 'n antwoord oor die wettigheid daarvan dat provinsies die salarisse van gemeenskapspolisiebeamptes betaal. Wanneer dit opgeklaar is, sal ons graag die inisiatief wil ondersteun.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Wil enige ander party graag daaroor praat? [Tussenwerpsels.] Is daar 'n beswaar?

*Me T ESSOP: Dit is 'n beswaar.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Ek moet dit as 'n beswaar aanteken. Ons stem nou oor die Bylae, en as agb lede 'n beswaar opper, moet dit aangeteken word. [Tussenwerpsels.] Orde! Orde! Ons stem nou oor die Wetsontwerp. Ons stem oor elk van die begrotingsposte in die Bylae nadat ons twee weke lank in Komiteestadium was.

As agb lede 'n beswaar wil opper, moet hulle dit hier doen en die beswaar sal aangeteken word. Ons sal dit ook aanvaar as hulle 'n stemverklaring van drie minute oor hul beswaar maak. As enige party beswaar aanteken, kan die ander partye in die Huis oor daardie beswaar praat. Ons gaan nou stem, en ons sal die besware binne elke algehele begrotingspos in die Bylae aanteken.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, mag ek u op 'n punt van orde toespreek?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Ja.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, in sommige gevalle wil die ANC nie teen 'n bepaalde begrotingspos beswaar aanteken nie, maar wat nodig is, is verdere inligting oor 'n bepaalde saak. Hoe hanteer ons dit? Die debatte het nie oor daardie sake gegaan nie, en soms het die Ministers nie daardie spesifieke vrae beantwoord nie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Dit is baie moeilik, want dit maak deel van een en dieselfde begrotingspos uit. Kom ons neem Begrotingspos 1 as voorbeeld. Agb lede het teen Begrotingspos 1 in die geheel beswaar gemaak omdat hulle 'n probleem met een terrein in daardie Begrotingspos het.

*Me T ESSOP: Jammer, me die Voorsitter. Ek dink ons het duidelikheid hieroor nodig. Soos wat ek dit verstaan, kan ons oor die begrotingspos en die subprogramme stem omdat die Bylae nou in meer detail is; dit is waarom die subprogramme in meer detail in die Bylae verskyn. Wanneer ons 'n bepaalde program onder die begrotingspos identifiseer, kan ons daaroor stem; dit is hoe ek die proses verstaan. Dit is nie die hele begrotingspos nie; dit is 'n bepaalde program onder die begrotingspos was ons wil identifiseer.

*Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, ek wil u graag hieroor toespreek. Soos wat ek dit verstaan, as 'n mens geen beginselbeswaar teen die begrotingspos het nie maar jy het 'n beswaar teen 'n program in daardie begrotingspos, word jou beswaar teen daardie program aangeteken. Dit is al wat aangeteken moet word.

*Me T ESSOP: Dit is wat ons s.

*Mnr N M ISAACS: Dankie.

*Me T ESSOP: Dus, in Program 1 ...

*Mnr N M ISAACS: Dit is nie oor die hele begrotingspos en die programme nie. [Tussenwerpsels.] As ek mag voortgaan, dit beteken dat Begrotingspos 1 - die Premier se Pos - aanvaar word, maar dat die beswaar aangeteken word. [Tussenwerpsels.]

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Mnr N M ISAACS: Ja, maar die beswaar is aangeteken.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ja, die beswaar is aangeteken. Dit is die punt wat ons maak. Agb lede kan 'n beswaar opper en ons sal die beswaar binne daardie begrotingspos aanteken. Dit is hoe ons moet voortgaan, tensy 'n ander reling tussen die Swepe getref is.

Ek wil dit nou graag afhandel. Ek gaan heel voor begin en die Huis herinner aan die stemming tot dusver.
Op Begrotingspos 1,

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek het die beswaar van die ANC teen Begrotingspos 1 aangeteken.

Begrotingspos 1 goedgekeur.

Op Begrotingspos 2,

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek het die beswaar van die ANC teen Begrotingspos 2 aangeteken.

Begrotingspos 2 goedgekeur.

Begrotingspos 3 goedgekeur.

Op Begrotingspos 4,

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek het die beswaar van die ANC teen Begrotingspos 4 aangeteken. [Tussenwerpsels.] Die beswaar onder Begrotingspos 4 was ten opsigte van die wettigheid van die betaling van die gemeenskapspolisiebeamptes. Dit is in werklikheid 'n vraag.

*Mnr N M ISAACS: Dit is nie 'n beswaar nie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Is dit 'n beswaar of nie?

*Me T ESSOP: Dit is 'n navraag.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Dit is 'n navraag.

Mnr N M ISAACS: [Onhoorbaar.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Ter inligting van die agb lid mnr N M Isaacs, as 'n agb lid 'n begrotingspos in beginsel goedkeur maar steeds 'n navraag het, kan hy of sy party teen daardie begrotingspos beswaar aanteken of dit aanvaar.

Ek wil nou die stemming oor Begrotingspos 4 nagaan. Is daar enige beswaar teen Begrotingspos 4? Daar is geen. Dit is derhalwe goedgekeur.

Begrotingspos 4 goedgekeur.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons gaan nou voort met stemming oor Begrotingspos 5 en verder.

Begrotingsposte 5 en 6 goedgekeur.

Op Begrotingspos 7,

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek wil graag 'n stemverklaring maak en dit boekstaaf dat ons ernstige besorgdhede het oor Begrotingspos 7, Program 3, Subprogram 4, oor Armoedeverligting. Ons neem natuurlik daarvan kennis dat dit bloot 'n rekening is wat oorgehou is, maar dat dit die bedoeling is om R10 miljoen oor te rol. Ons wil graag aan die hand doen dat daardie geld toegewys word aan bestaande armoedeverligtingsprogramme in 'n aantal ander departemente en nie onder die beheer van die Minister sonder portefeulje gehou word nie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Dit is nie 'n beswaar nie, is dit? Dit is 'n stemverklaring.

*Me T ESSOP: Ja.

Begrotingspos 7 goedgekeur.

Op Begrotingspos 8,

*Mnr C M DUGMORE: Me die Voorsitter, ons wil graag 'n stemverklaring ten opsigte van Begrotingspos 8, Program 5 maak. Ons wil graag ons kommer boekstaaf oor die status van die botalliges in hierdie Provinsie. Ons verstaan dat hulle meer as 15 jaar lank op 'n kontrakbasis is en ons wil h dat daar op ons versoek gelet word dat die status van hierdie botalliges dringend deur die bedingingsraad aangespreek moet word.

Begrotingspos 8 goedgekeur.

Begrotingsposte 9 en 10 goedgekeur.

Bylae, Klousules en Titel goedgekeur.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP [W5-2000]

(Debat oor Derde Lesing)

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Voorsitter, ek het 'n baie kort toespraak. Ek stel die Derde Lesing voor.

Goedgekeur.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

Die SPEAKER: Orde! Dit beindig die verrigtinge van die Huis. Die Huis sal nou verdaag tot Dinsdag, 18 April 2000. Ons wens die agb lede 'n aangename rustydjie toe.

Die Huis verdaag om 16:09 tot Dinsdag, 18 April 2000.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

Wetsontwerp:

1.	Wes-Kaapse Wetsontwerp op Regstreekse Laste [W6-2000].

Wetsontwerpe en portefeuljekomitee-amendemente ontvang van die nasionale Parlement en ter Tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

1.	Portefeuljekomitee-amendemente op Wysigingswetsontwerp op Mededinging [W10A-2000].

2.	Wysigingswetsontwerp op Mededinging [W10B-2000].

3.	Portefeuljekomitee-amendemente op Algemene Wysigingswetsontwerp op Grondsake [W64C-99].

4.	Algemene Wysigingswetsontwerp op Grondsake [W64D-99].

KOMITEEVERSLAG:

Die Speaker:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oor die Wes-Kaapse Wetsontwerp op Regstreekse Laste [W6-2000], gedateer 22 Maart 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Wetsontwerp op Regstreekse Laste [W6-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om verslag te doen dat hy sy oorweging van die Wetsontwerp voltooi het.


1590	DONDERDAG, 23 MAART 2000



	DONDERDAG, 23 MAART 2000	1589



1506	DONDERDAG, 23 MAART 2000


